Ouboet en Gidivet MOB

September 1, 2011 in Sonder kategorie

Verlede week Vrydag het ek en Gidi gaan koffie drink en gesels asof ons mekaar jare ken. Hy het Suid-Afrika toe gekom vir die viering van  sy dertigste matriekreunie in Malmesbury.  Toe kuier ons so bietjie voor die Magaliesberg.


Toe ek by die restaurant instap, sien ek ‘n ou vriend Pieter. Hy en Gidi, wat ek  toe nog nooit gesien het nie, sit en koffiedrink. Pieter is ‘n dominee en sy vrou  een van vroulief se groot vriendinne, was Kleinboet se onderwyseres in Engels.  Toevallig het hy vir Gidi en sy beter helfte in die heilige eg verbind. Toe gesels die drie van ons heerlik.


Gidi is ‘n man van karakter.  Ons gesels oor sy beroep as veearts oor die waters, hoe my familie en sy familie se paaie “kruis” en sy heerlike gemobbery met verskeie ander ander bloggers in die Kaap ejn Pretoria.  Hy vertel my breedvoerig hoe die ander bloggers (Flenters, Therina, Kammakazi, Jan Twak, Roosdoring, Voz Sola en omtrent nog tien) lyk en sonder hulle persoonlikheidstrekke een vir een uit. Ons kuier uitsonderlik lekker.


Ons kom tot die konklusie dat bloggers oorwegend slim en stylvolle mense is. Die tyd loop uit en ons kry koers. Ons besluit om beslis weer saam te kuier, veral in sy land. Ek groet hom en vra hom om  my groete persoonlik aan Modderkoekie oor te dra.

                Gidi, sommer met die Blackberry geneem.

Stoepgroete

Obboet

24 antwoorde op Ouboet en Gidivet MOB

  1. louisna het gesê op September 1, 2011

    Ons kuiertjie was ook veels te kort. Hy het baie fotos geneem en dit vir my op sy selfoon gewys. Thanks vir die inloer.

  2. TS het gesê op September 1, 2011

    Ag hoe lekker

  3. Ja, en WAT het hy van ons gesê?
    🙂
    Toemaar, hy’s ‘n ware jintelman. Weet dus dis OK.

  4. louisna het gesê op September 1, 2011

    Ja thanks. Dit was lekker.

  5. louisna het gesê op September 1, 2011

    Net mooi goed. Toe vertel ek hom van ons “skakel” voor die Magaliesberg.

  6. Dit klink heerlik, Ouboet.

  7. VozSola het gesê op September 1, 2011

    klink na ‘n lekker kuier…ek wens ekke kon ‘n vlieg teen die muur gewees het…plus jy het al die kiekies gesien wat ons nog moet sien!
    🙂

  8. eros01 het gesê op September 1, 2011

    Hallo Ouboet. Mis jou.xR

  9. louisna het gesê op September 2, 2011

    Thanks. Ek sal weer inloer, net baie besig.

  10. louisna het gesê op September 2, 2011

    Yes.Mooi kiekies

  11. louisna het gesê op September 2, 2011

    Dis baie waar.

  12. louisna het gesê op September 2, 2011

    Verseker ja.

  13. louisna het gesê op September 2, 2011

    Ja dit was ‘n fees

  14. louisna het gesê op September 2, 2011

    Thanks vir die inloer. Hallo ook van hierdie kant af

  15. Goeiste Ouboet, leef jy nog!

    Goed om jou bietjie te lees. Hoop alles gaan goed.

  16. louisna het gesê op September 2, 2011

    Thanks Jeanne. Ouboet leef darem nog.

  17. Klink of dit sommer lekker was!

  18. louisna het gesê op September 2, 2011

    Thanks Henry. Ja sommer baie lekker.

  19. Ja ek wens ek kon ‘n Duvel of twee saam Gidi hulle afgesluk het. Maar heelaas! Ek moes kerrievis smous solat ek my tuin-tegnikus kon betaal…

  20. louisna het gesê op September 2, 2011

    Next time is jou kans.

  21. Ek nou al gesit en wonder wat van sy suster geword het ? Die man lyk soos ‘n sagmoedige goeie mens …

  22. louisna het gesê op September 3, 2011

    Hy het vir my fotos van sy suster by die MOB gewys. Ja hy is ‘n goeie mens.

  23. gidivet het gesê op September 3, 2011

    :¬)

  24. louisna het gesê op September 4, 2011

    Welkom

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.