Ouboet verloor gewig en pass ‘n paar toetse
September 20, 2011 in Sonder kategorie
Ek het dit maar stil gehou, want netnou dink die mense ek brag.
Voor ek begin blog het, het ek gereeld die skaal oor 140 kilogram getrek. My maksimium gewig was 146 kilogram seker so in Julie 2007.
Vanoggend klim ek op die skaal en wat sien ek? 116.8 kilogram.
Wat is die geheim? Gewig word deur die mond gevoed. Hoe minder mens eet, hoe meer gewig verloor jy.
Ongelukkig kon alle broeke se pensmaat nie “ingevat” word nie, en ek moes hulle vervang. Dit is ‘n klein prysie om te betaal vir gesondwees.
Ek het nou die dag (op vroulief se aandrang) alle moontlike toetse by die GP (en patoloë) laat doen en almal gepass.
EKG: No problem.
GP se opmerking dat my lewer lyk soos iemand s’n wat nog nooit gedrink het nie, het my goed laat voel, maar my uiteraard nie as ‘n geheelonthouer geklassifiseer nie. Inteendeel.
Ongelukkig kon ek nie GP se middelvingertoets sidestep nie, maar ek het die PSA (prostaattoets) flying colours gepass.
Dog ek lig julle maar net in.
Mooi dag verder.
Stoepgroete,
Ek slaap ook beter noudat ek weet ek is nog soort van OK.
Gonsende ouboet
Onlangse kommentare