Eer aan ‘n leermeester
Augustus 18, 2011 in Sonder kategorie
Prof Daan Swiegers, destydse Springbok-keurder vir 23 jaar en Bloubul is oorlede.
Ek het prof Daan leer ken as briljante spreker, puik sielkundige en ‘n man met ‘n uitsonderlike charisma. Sy inspirerende lesings oor intelligensie en die Bedryfsielkunde val na meer as drie dekades steeds op.
Prof Daan het altyd gesê ’n student kan nooit ’n gek van homself maak in jooltyd nie, al probeer hy ook hoe hard. Ek kan my talle verdienstelike pogings in die herhinnering roep, maar ek kan geen werklike groot gek onthou nie. Jool was die moeder van plesier, van vlotbou tot matige gebruik. As jong kind was jooloptogte die verpersoonliking van ’n groot ideaal. Die deelnemers het altyd so groot, volwasse en plesierig gelyk. Tydens jool het jy geweet jy is groot en volwasse. ’n Teenswoordige beoordeling van jool bevind dat nie alle deelnemers altyd ewe volwasse is nie.
Sowat 15 jaar gelede het ek prof Daan tydens Bulletjie-rugby by Loftus raakgeloop en hom ietsie ligs uit my koelboks aangebied. Hierdie man het die vermoë om selfs ‘n eerstejaar soos ‘n koning te laat voel.
Ons groet ‘n meester.
TS het gesê op Augustus 18, 2011
groot boom het geval
rosiemetdorings het gesê op Augustus 18, 2011
matige gebruik??
party ouens (en meisies) ruk al van jare toet af hand uit met jool
loudavisi het gesê op Augustus 18, 2011
Pragtige huldeblyk, ouboet
Lekker om jou weer hier te sien
Mtatazela het gesê op Augustus 18, 2011
Jip, hulle kap nou in ons bos!
bloukaap het gesê op Augustus 18, 2011
ja, ons Kapenaars het ook groot respek vir hom gehad. nou kan Prof Swiegers daar by Bo sy ou vriend Spotty Senekal gaan sit en kuier. RIP Prof.
Vetjan het gesê op Augustus 18, 2011
cheers oom Daan
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Hy was ‘n groot man.
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Yes. Beslis
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Ja, hy was ‘n groot man.
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Thanks Lou
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Ja, dit was rof.
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Maak mens bang
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Thjanks. Jool was lekker pret.
louisna het gesê op Augustus 19, 2011
Ja, hy was groot.
pasella het gesê op Augustus 26, 2011
Jool was jolig, maar nie die hola-drie-ha-ha soort jolig nie.
louisna het gesê op Augustus 27, 2011
Ja, dit kon pla.