Gautrein werk
Augustus 7, 2011 in Sonder kategorie
Ons besluit gister om die grootste konstruksieprojek in Afrika tot op datum te toetsbestuur. Dit was nogal lekker.
Die opklim in Hatfield het foutloos verloop. Na 38 minute hou ons by die Rosebankstasie stil. Die rit is besonder stil en nie so vol steurende geluide soos die Tube in Londen nie.
Ons eet heerlik en na ‘n uur of drie vat ons weer die trein terug huistoe.
Ek dink Gautrein werk. Die verkeer op die Ben Schoeman is beduidend minder.
Geniet die week.
Stoepgroete,
ouboet
TS het gesê op Augustus 7, 2011
Ek gaan ook nog kom ry!
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Jy sal dit geniet. As jy wil shop dink ek Rosebank is die beste plek om af te klim.
Trakie het gesê op Augustus 7, 2011
Gaan hom volgende Saterdag takel. Van die lughawe af Rosebank toe en weer terug.
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Geniet dit en lekker shop in Rosebank.
katrina het gesê op Augustus 7, 2011
My sus-hulle spring by die lughawe op en dan’s hulle heeldag in Sandton. Klink na ‘n lekker uitstappie.
Bileamsedonkie het gesê op Augustus 7, 2011
Dit klink na ‘n lekker idee vir die volgende vakansie… dankie!
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Ek dink so. Gautrein is baie gerieflik, veral as mens die verkeer op die pad in gedagte hou.
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Maak so. Jy gaan dit geniet.
lora2me het gesê op Augustus 7, 2011
Nou gee jy my weer ‘n plan vir wanneer ek in die wilde Gauteng kom.;D
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Jy gaan dit baie geniet. Maak ‘n shopping geleentheid daarvan
loudavisi het gesê op Augustus 7, 2011
Soveel minder spanning as mens nie hoef te bestuur nie.
My volgende vakansie gaan op ‘n trein wees – sommer volgende jaar se kant.
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Treinry fassineer my ook baie. Jy gaan jou vakansie geniet.
rosiemetdorings het gesê op Augustus 7, 2011
klink asof dit net ‘n plesier kan wees.
wat gaan aan met die rugby?? vra ek maar baie saggies
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Heerlik. Ja, die rugby werk nie lekker nie. Die hoekom ek ook maar stilbly
louisna het gesê op Augustus 7, 2011
Daar is puik parkeerplek by al die stasies.
frikve het gesê op Augustus 7, 2011
Hi Ouboet, Sal hom ook nog probeer.
Check my blog
louisna het gesê op Augustus 8, 2011
Thanks. Ek gaan kyk
louisna het gesê op Augustus 8, 2011
Jy gaan dit geniet
fiemies het gesê op Augustus 11, 2011
Helo Ouboet, ek was vreeeeslik lanklaas op die blogs. Ons het uiteindelik internet op die plaas, amptelik van vandag af. Ek is bly ek het hier by jou kom inloer want ek gaan September George toe vlieg en het gewonder of ek nie eerder die trein moet ry in plaas daarvan dat ek mense opsaal om my OT te neem nie. Watter een sal die beste wees vanaf die Atterbury afrit? of moet ek eerder Centurion toe gaan?
louisna het gesê op Augustus 12, 2011
Die stasies is Hatfield, Pretoria en Centurion. Daar behoort vanaf Atterbury ‘n Gautrain-bus stasie toe te loop. Geniet die rit.
MEleroux het gesê op Augustus 14, 2011
Wens ek kon hom kom toets. Maar dis bietjie erg noord vir my…
louisna het gesê op Augustus 15, 2011
Ek hoop jy kry eendag kans.