Eer aan ‘n leermeester
Augustus 18, 2011 in Sonder kategorie
Prof Daan Swiegers, destydse Springbok-keurder vir 23 jaar en Bloubul is oorlede.
Ek het prof Daan leer ken as briljante spreker, puik sielkundige en ‘n man met ‘n uitsonderlike charisma. Sy inspirerende lesings oor intelligensie en die Bedryfsielkunde val na meer as drie dekades steeds op.
Prof Daan het altyd gesê ’n student kan nooit ’n gek van homself maak in jooltyd nie, al probeer hy ook hoe hard. Ek kan my talle verdienstelike pogings in die herhinnering roep, maar ek kan geen werklike groot gek onthou nie. Jool was die moeder van plesier, van vlotbou tot matige gebruik. As jong kind was jooloptogte die verpersoonliking van ’n groot ideaal. Die deelnemers het altyd so groot, volwasse en plesierig gelyk. Tydens jool het jy geweet jy is groot en volwasse. ’n Teenswoordige beoordeling van jool bevind dat nie alle deelnemers altyd ewe volwasse is nie.
Sowat 15 jaar gelede het ek prof Daan tydens Bulletjie-rugby by Loftus raakgeloop en hom ietsie ligs uit my koelboks aangebied. Hierdie man het die vermoë om selfs ‘n eerstejaar soos ‘n koning te laat voel.
Ons groet ‘n meester.
Onlangse kommentare