Wat dink julle van die rugby?

Julie 23, 2011 in Sonder kategorie

Ai, wat ‘n vernederende nederlaag. Die B-span het slegter as ‘n swak C-span vertoon.

Wat dink julle van die spelpeil van die nasionale kaptein op die vooraand van die Wêreldbeker?

I rest my case.

Geniet julle aand en Sondag.

Stoepgroete,

ouboet.

26 antwoorde op Wat dink julle van die rugby?

  1. zephur het gesê op Julie 23, 2011

    John Smit is stadig en vet en oor die muur…hul hardloop draaie om hom. Hy moes al lankal afgetree het en ‘n pos gekry het by Supersport as kommentator

  2. louisna het gesê op Julie 23, 2011

    Spot on Zeppie. Thanks vir die inloer

  3. Met die hanteerwerk en strategielose gerond trippel moes hulle eintlik op die veld langsaan gaan wei het.

  4. louisna het gesê op Julie 23, 2011

    Metafories puik verwoord. Thanks.

  5. Geitjie1 het gesê op Julie 23, 2011

    Smit moet op onmiddellike pensioen gaan, Ruan was te stadig agter die skrums en so kon die agterlyn nooit aan die gang kom nie!

    Morné was swak en Wynand Olivier dans soos ‘n ballerina, te bang om te verdedig. Ek kon die wedstryd nie klaar kyk nie – net een te veel vir my konstitusie!

  6. louisna het gesê op Julie 23, 2011

    Geldige punte. As jy nie enduit gekyk het nie, het jy niks behalwe swak spel gemis nie.

    Thanks vir die kuiertjie.

  7. Unicorn007 het gesê op Julie 23, 2011

    Stem saam Zeppie. Die res was ook vrot. Ons agterlyn het geen angel. Die AB gaan ons verder verneder. Ek beter iets anders kry om te doen gedurende die WB.

  8. louisna het gesê op Julie 23, 2011

    Darwinia, die groot surprise le nog voor

  9. Unicorn007 het gesê op Julie 23, 2011

    Ek weet. sal my drank voorraad ernstig moet aanvul voor die WB.

  10. louisna het gesê op Julie 23, 2011

    ek het klaar begin aankope doen.

  11. gelukkig te aan die gang gewees om te kyk
    Ai.

  12. loudavisi het gesê op Julie 23, 2011

    Het gelukkig deur die hele petalje geslaap.

    MAAR, dis lekker om jou weer hier te sien.

  13. Geitjie1 het gesê op Julie 23, 2011

    Jou gemis, ouboet.

    Rustige naweek verder. Groetnis

  14. louisna het gesê op Julie 24, 2011

    Thanks Lou. Ek was bietjie besig

  15. louisna het gesê op Julie 24, 2011

    Jy het niks gemis nie.

  16. louisna het gesê op Julie 24, 2011

    Thanks. Selle daar.

  17. Ek het nie woorde vir daardie kak spelpeil nie…
    🙁

  18. louisna het gesê op Julie 24, 2011

    Yes, en die telling vlei hulle!

  19. bloukaap het gesê op Julie 24, 2011

    ek het jou gesê; jukskei is gesonder virrie hart

  20. louisna het gesê op Julie 24, 2011

    Inderdaad

  21. frikve het gesê op Julie 24, 2011

    Dit was pragtige spel! – ek bedoel die Aussies s’n. Hulle fiksheid was egter nie op standaard nie want ek kon sien die baie vinnig hardlopery het hulle uitgeput – so’n doellyn is nogal ver – – – .
    Goeie nuus: Uiteindelik het ek ‘n song geplak gekry. Dankie vir al jou hulp en geduld in die verlede.

  22. louisna het gesê op Julie 25, 2011

    Yes. Geluk met die song. Wys jou net. aanhouer wen.

  23. louisna het gesê op Julie 26, 2011

    Pragtige foto.

    Ek dink die kaptein is deel van SA se rugbygeskiedenis.

  24. louisna het gesê op Julie 28, 2011

    Jammer, maar jy praat die waarheid.

  25. En nou maak Piet Snorre sy naam gat voor die Kiwi pers.

  26. louisna het gesê op Julie 29, 2011

    Ai, die arme man.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.