Div se span
Junie 21, 2011 in Sonder kategorie
Ek slaan my hande saam. Kan iemand my asb vertel:
- Wat maak January ‘n beter keuse as ten minste 10 ander skrumskakels waaraan ek dink
- Hoekom Johan Muller terugbring? Het ons nie ten minste 5 beter slotte hier te lande nie?
- Hoekom is Sarel Pretorius en Peter Grant misgekyk?
- Ek het nog ten minste 5 vrae, maar kom ons laat dit daar.
Ten minste 6 van die 49 spelers laat my aan die 49-0 nederlaag teen OZ ‘n paar jaar gelede dink.
WB 2011, hier kom ons.
Geniet julle dag.
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Kammi, hulle moet die CCMA ook op rugby van toepassing maak. Hoe moet Sarel voel as iemand soos January hom uit die span hou?
bloukaap het gesê op Junie 21, 2011
Ja Januarie se ‘benoeming’ is nog erger as Jacobs s’n. Div kan sekerie die pad na ‘februarie’ volg nie….. 12 maande is baie om te onthou!
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Kwotas bring nie bekers huistoe nie.
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Skerp Pruim.
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Ja, hy het verrassings wat skeef op die gemoed val
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Wat ‘n jammerte.
louisna het gesê op Junie 21, 2011
Ons kan eerder huil.
Blikskottel het gesê op Junie 21, 2011
Party vrae kan niemand antwoord nie…inelkgeval nie ons gewone rugby malles nie…
Vetjan het gesê op Junie 21, 2011
Ek hoop regtig nie dat hulle Adi Jacobs bokant Juan de Jong kies nie.
en wat de hel hulle in Enrico Januarie sien is ‘n fokken raaisel
Ons weet meneer Snor is mal.
monicahaddad het gesê op Junie 22, 2011
Onthou Pasella vanaand 🙂
louisna het gesê op Junie 22, 2011
Sorry, ek het hom gemis. Sal die heruitsending kyk.
louisna het gesê op Junie 22, 2011
Thanks Petrus.
louisna het gesê op Junie 22, 2011
Baie waar.
louisna het gesê op Junie 22, 2011
Geluk met jou span se wen.
louisna het gesê op Junie 22, 2011
Kan jy die stuk wat saakmaak vir ons plak?
christo.loots het gesê op Junie 22, 2011
Ek meen die plan is dat ons die WB met herinneringe LOOP vat, Ouboet!
Lekker om te sien jy is nog besig hier.
En jip ek stem volmondig met jou saam!
louisna het gesê op Junie 24, 2011
Thanks Christo, ja ons vat CVs WB toe en nie vorm nie. Bly jy is ook nog hier.