Hulp aan ‘n “vreemdeling” oor die waters
Junie 29, 2011 in Sonder kategorie
Ek kry nou die dag ‘n oproep uit New Zealand. ‘n Veearts wat op Onderstepoort geswot het en nou in Kiwiland woon, het gehoor ek het ‘n boek oor die Naudé-familie geskryf.
Sy skoonpa en my vangenoot is ‘n afstammeling van Bethal-dopstigter Petrus Johannes Naudé, my grootoupagrootjie se jonger broer .
Skoonpa word binnekort 80 en veearts moet ‘n speech maak. Nou soek hy familie-inligting. Sy beter helfte se oupa was Rooi Japie en toevallig het ek ‘n ruim stuk oor Rooi Japie geskryf.
Ek epos my boek vir hom en na ‘n opvolgoproep of drie hy sit die Lazyboy in overdrive toe hy Rooi Japie mooi raaklees.
Veearts is dolgelukkig. Ek het hom nog nooit met ‘n oog gesien nie, maar ons gesels soos bloedbroers.
Ons deel ‘n grappie of twee oor WB 2011 en sê koebaai asof ons mekaar binnekort weer gaan “sien”
Ai, hoe klein is ons wêreldjie tog nie.
Sulke nice gebeurtenisse maak ouboet se dag.
Onlangse kommentare