Jy blaai in die argief vir 2011 April.

Bulls-voorspelling

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Die Bulls gaan more weer pakkry in Brisbane en ons is dan effektief uit die Super 15 uit.

My voorspellings was baiekeer verkeerd, so ek hoop ek is weer verkeerd.

Geniet julle naweek.

Stoepgroete,

ouboet.

Wie word in die geskiedenis onderskat?

April 15, 2011 in Sonder kategorie

Die program Wie lê waar wat deur  Piet Botha aangebied word, het my laat dink. Die geskiedenis kan ‘n mens soms onderskat, en soms ook dalk oorskat.

Watter Suid-Afrikaners dink ek word onderskat? Hierdie is bloot ‘n opinie en julle mag van my verskil.

Ek dink CJ Langenhoven word onderskat.  Wat daai man vir Afrikaans gedoen het, is verstommend.

Mimi Coertse  word ook onderskat, en so ook Ge Korsten.  In ons land het hulle nie gelykes nie.

…en dan natuurlik Koos du Plessis. Hoekom moes hy eers doodgaan voordat sy gedigte in Groot Verseblik opgeneem is?

Ek kan ook dink aan ‘n paar mense wat ver oorskat word, maar kom ons laat dit (en KODESA) daar.

Wat is lekker van die Vrystaat?

April 13, 2011 in Sonder kategorie

Daar is nie verkeer nie, selfs nie in die Rosestad nie. Ek was vir 2 dae in Bloemfontein.  Heerlik, net die parkeergarage tussen Pretoria en Johnnesburg pla met die gaan en die terugkom.

Nog ‘n Vrystaatlekkerte is Afrikaans. Almal praat dit en like nie PowerPoint in Engels nie. Dan gooi ons maar die moedertaal.

Heerlike aand vir julle.

Wan wie praat ons?

April 11, 2011 in Sonder kategorie

OK, hier is een vir die slim juffroue

Groot uitvinding

Twee groot geeste

Wie was eerste of was die uitvinding  gelyktydig ?

Moeilike vakgebied

Voorsaat in dieselfde vakgebied  het met een gekorrespondeer

OK nog ‘n clue. Die ander een se van en my regte naam begin met dieselfde letter

Die antwoord is uit. Ladybug was reg. Welgedaan.

http://www.angelfire.com/md/byme/mathsample.html

Terwyl ons die groot vrouegeeste besing. Van wie praat ons?

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Mooi storie

Donker kontinent

Speelding word stukkend getrap

Kind huil

Plaas

Tydgenoot van my oupagrootjie

MaanKind sal weet, want sy lees baie

Nog ‘n clue

Die storie is op TV uitgesaai

OK, laaste 30 seconds vir Wynvlieg

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Prys

Apartheid

Dinamiet

‘n  Vrou

Leef nog

Ook bejaard

Laaste 30 seconds

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Aktivis

Sintuie

Die wonderwerk hou aan

Vryheidsmedalje

Word bejaard

30 Seconds vir Maankind

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Jan is baie skerp. In 1973 het Vinton Cerf die Internet ontdek en sedertdien het dit deel van almal se lewens geword. Well done.

 

Laaste clues

  • Massiewe uitvinding
  • Vooltetters van uitvinder VC
  • Mens kerf biltong

OK, hier volg nog ‘n clue

Hoogste medalje: Victoria Cross

Biltong

Nog ‘n clue

Ek was eerstejaar 1973

Sedertdien van krag tot krag gegaan

Hier sit ek alweer en doen wat?

30 seconds vir Anha

April 10, 2011 in Sonder kategorie

Maklike een

Toespraak

Godsdiens

Droom

Verdere clues is onnodig

Kom ons bly stil oor die rugby

April 9, 2011 in Sonder kategorie

Die Crusaders het ons ‘n rugbyles geleer.

Punt.

Ons uitgerafelde spannetjie was nie eers op die bord nie.

OK, die ref kort ‘n bril en ons kort hande.

Ek vermoed daar gaan ‘n paar harde woorde val. 

Sorry, na die vernedering het my blou font opgehou werk


Eina.

Nietemin, geniet julle naweek.

 Ek gaan sit moeilik, want ek is bang ek sit ‘n bal raak.