Oor rugby en die troue

April 30, 2011 in Sonder kategorie

Geluk met jou span se oorwinning Kammi. Hulle was werklik puik. Jou gedig noop my om my voorraad rooiwyn te gaan aanvul.

Hou duim vas vir die Blou span wat vanmiddag in rooi uitdraf.

Ek gaan nie voorspel nie, maar ek glo nie die kampioen gaan weer struikel nie. Ek vermoed die Sharks gaan koning kraai oor die vyand.

Ek is geen aanhanger van royalty nie. Hierdie klug het lank reeds sy rakleeftyd oorskry, maar Kate was pragtig. Daai trourok gaan nog lank oor gepraat word. Absoluut stunning.

William het ‘n vrou gekies ten minste in haar oorlede skoonma se league. Net jammer Charles kon haar nie waardeer nie.  

Ek vermoed William gaan sy pa se statuur met ligjare oorskry.

Geniet julle naweek. 

Onthou, rooiwyn verdryf die koue en laaf die siel.

Stoepgroete,

ouboet

11 antwoorde op Oor rugby en die troue

  1. pbroere het gesê op April 30, 2011

    Ek dink weer die WiePie gaan die Sharks wen. Eintlik hoop ek altwee spanne verloor. Maar ek deel jou sentiment oor die bloues (rooies?). Hulle skuld ons ‘n goeie game.

  2. louisna het gesê op April 30, 2011

    Gelukkig kan ek die Sharks vs vynand game kyk sonder om te nip.

    Ja, ons span skuld ons ‘n mooi wen.

  3. Kom ons hou maar duim vas vir vanmiddag. Hoop nie dis ‘n “bad omen” dat hulle in Transvaal se kleure speel nie!
    🙂

  4. louisna het gesê op April 30, 2011

    Ja ons hou duim vas. Die rooi irriteer my ook.

  5. louisna het gesê op April 30, 2011

    Brussouw lyk koopbaar

  6. DapperMuis het gesê op April 30, 2011

    en gee hoofpyn! (die rooiwyn bedoel ek)
    hehehe!

  7. louisna het gesê op April 30, 2011

    Net betyds ophou

  8. Geitjie1 het gesê op April 30, 2011

    Ouboet! Die antwoord vir die Bulls se probleme – speel in rooi! Geluk en Groetnis

  9. louisna het gesê op Mei 1, 2011

    Thanks. Lyk my jy het ‘n punt beet.Maar hulle het weer net een helfte gespeel.

  10. ek was gisteraand by troue waar die musiek spesiaal gestop is om die Stormers se oorwinning af te kondig.
    Gelukkig toe al klaar van Bulle se wedstryduitslae geweet

  11. louisna het gesê op Mei 1, 2011

    Ek hou van die steun wat rugby as SA se nasionale sport kry

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.