Wat maak my die gillende bliksem in?
Maart 8, 2011 in Sonder kategorie
…as iemand ‘n attachment per epos aan my stuur of iets forward sonder ‘n meegaande boodskap. Ek maak dit nie oop nie en delete dit onmiddellik. Sonder ‘n inleiding kan jy jou forward of pos op 3 ply-paper print, want ek gaan my gat daaraan afvee.
Ek is nie bloot die attachment-tipe nie.
Ek beantwoord ook nooit ‘n selfoonoproep vanaf ‘n private number nie. As ek nie weet wie bel nie, wil ek nie praat nie. Selfs ABSA wat tjeks wil “clear” het dit al agtergekom.
Ek beskou dit as my basiese demokratiese reg om menswaardig behandel te word.
As iemand bel en vra vra, “wie praat?” is my antwoord eenvoudig: “Met wie wil jy praat?”of “nee sê my, dan weet ek ook”
Ek reageer nooit op ‘n “please call me” nie, tensy ek sien die oproep is van my seuns.
As iemand bel wie se stem ek nie erken nie vra “how are you today?” is my antwoord “What do you sell?”
As iemand my in die rede val terwyl ek praat draai ek die volume op en en hou aan om te praat . Niemand maak my stil terwyl ek praat nie. Punt.
As julle dink ek is ‘n knorrige ou bliksem, dankie vir julle insig.
Geniet die aand.
Stoepgroete,
ouboet
daancoetzee het gesê op Maart 8, 2011
Ouboet daar is ongelukkig vandag baie mense met min opvoeding en respek, wat seker ook maar uit onkunde is, wat die telefoon gebruik. Jy is reg oor al die dinge.
louisna het gesê op Maart 8, 2011
Thanks vir die ondersteuning latino.
eros01 het gesê op Maart 8, 2011
Ouboet, ek dink dit is enigiemand se Godgegewe reg om ‘n knorrige ou bliksem te wees.xR
louisna het gesê op Maart 8, 2011
Thanks. ouboet like
louisna het gesê op Maart 8, 2011
Thanks pel.Lekker aand.
verbeeldingsvlug het gesê op Maart 8, 2011
Ek vererg my as ek mail kry en daar is riste lyste van persone wat voorheen die mail gekry het. Niemand het die mail geskrop voor hy geforward is nie.
Ek het my eenkeer so vererg vir ‘n ou van ‘n call centre wat nie NEE vir ‘n antwoord wou vat nie, dat ek die foon geantwoord het en net neergesit het sodat hy in vrede na die girl talk kon luister terwyl ek en ‘n vriendin koffie drink by ‘n plek. Was die laaste.
Geitjie1 het gesê op Maart 9, 2011
Ouboet, jy mis uitstekende, insiggewende e-posse vol humor en lag, wat mense net graag met jou wil deel, sonder ‘n boodskap daarby. So deel ek met my vriende goeie e-posse en hulle waardeer dit!
Jy klink bedonderd………wie’t jou omgekrap?
loudavisi het gesê op Maart 9, 2011
Ek was net gister in die nood. My selfoon het nie gewerk nie, toe bel ek ‘n selnr van my huisfoon af, en not ‘n dam of daai persoon antwoord! Ek antwoord maar elke oproep (kry min genoeg) en as dit ‘n salesperson is, dan se ek net have a nice day en druk dood.
Doubtingthomas het gesê op Maart 9, 2011
100% met jou!
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks Thomas
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Jy is ‘n beter mens as ek
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Nee, ek like goeie forwards met ‘n boodskappie.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Opgewasse? Lees my leuse. As jy nie like nie, pass die point of impact. Trek die HAT nader en raak vertroud met basiese begrippe.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Mooi. Ek het nog nooit iets telefonies gekoop nie.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks vir die ondfrsteuning IfSO. Dieselfde mooi dag vir jou ook.
Maankind2 het gesê op Maart 9, 2011
Jou knorrige ou bliksem! Ek is weer vreeslik geduldig met al daai, maar ander goed maak my weer kwaad.
DieApieInMyKop het gesê op Maart 9, 2011
Goeie more, knorrige ou bliksem! aka Ouboet!
As iemand my bel en vra wie praat wip ek onmiddelik my gat! Daai een het MY mos dan gebel. My antwoord: “Ek en jy”
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Ook maar goed mense verskil. Nou die dag val ‘n lid saam met wie ons tender my driekeer in ‘n ry in die rede. Toe kak ek hom uit en hy vra nederig om verskoning.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Wie praat? maak my ook erg moerig. Thanks vir die inloer en mooi dag.
Blikskottel het gesê op Maart 9, 2011
Met die dat ek ‘n aangenome kind is, wil ek net weet of jy nie dalk my boetie is nie? Dis net te verbasend om die blog te lees en myself so akuraat beskryf te sien.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Great minds think alike. Sterkte met jou geveg.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
en tog het dit gebeur.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Dis net vir my ‘n mooi metafoor wat deur ‘n slim girl gemunt is.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks vir die inloer. Of as hulle verkoop, vra om die essence op epos te sit. Jy ontvang nooit een nie.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks.
ystervark het gesê op Maart 9, 2011
Ek moet met jou saamstem ivm die please call me ding, DIT irriteer my dat ek wil mal word, JY wil met MY praat, maar EK moet JOU bel, I DONT THINK SO! So nee, ek dink nie jy is ‘n knorrige ou bliksem nie, dankie!
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks vir saamstem. Ouboet waardeer.
melvanas het gesê op Maart 9, 2011
Ek dink nie jy is knorrig nie. Jou griewe dra baie gewig.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks vir die ondersteuning
Modigliani het gesê op Maart 9, 2011
Ek pes Private Numbers, en 9/10 van die idiote wat van die goed af bel sal ook nie ‘n boodskap los nie – hoe op dees aarde moet ek dan nou weet WIE jy is.
Emails wat met 7000 ander mense se details ge “forward” word maak my ook mal – dit is mos nou regtig nie moeilik om net dit te verwyder nie!?!?!?
Of mans wat vuil grappe uitstuur vir ALMAL in hulle adres boek en dink die vrouens gaan dink dis oulik. Ek blok sulke mense summier!
Modigliani het gesê op Maart 9, 2011
O, en jy is nie knorrig nie. 🙂
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Thanks. Spot on.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Ja, vuil grappe aan dames is swak smaak.
Modigliani het gesê op Maart 9, 2011
Daar was so ‘n snotkop lat wat saam my op skool was wat my email in die hande gekry het, hy het die walglikste porn na my WERK adres toe gestuur.
GEBLOK vir goed!
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Ja wat, laat hy gaan want hy voeg geen waarde tot jou toe nie.
Modigliani het gesê op Maart 9, 2011
Beslis nie – wys jou nou maar net dat geld nie klas kan koop nie.
Pappa se seuntjie was een van DAAI wat ‘n Porche gekry het vir sy verjaarsdag. Dit was ook maar al wat hy gehad het…
louisna het gesê op Maart 9, 2011
…toe trek hy seker die Porche en sy naam deur sy gat.
Modigliani het gesê op Maart 9, 2011
Onder andere….
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Veelseggende 2 woordjies.
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Presies. Thanks.
HeavyHenry het gesê op Maart 9, 2011
Wat dink jy van eposse waarin die hele boodskap innie opskrif is?
MevX het gesê op Maart 9, 2011
ek voel presies 120% dieselfde!!
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Ek maak hulle nie oop nie en delete dit. Blogopskrifte wat as opstelle aangebied word intrigue my ook nie.
Ek like punchlines
louisna het gesê op Maart 9, 2011
Pragtig en thanks vir die welkome kuiertjie
thenack het gesê op Maart 11, 2011
Jinne maar dit gaan fêncy in jou huis, 3-ply nogal. Is dit daai met die hondjies op? Nogal eintlik lekker simpel om klein hondjies op jou toiletpapier te sit, arme hondjies.
Anyway, laaik jou blogs, en moenie sommer enigiets oopmaak wat mense stuur as jy nie weet wie dit is nie veral!
louisna het gesê op Maart 11, 2011
Thanks en dankie vir die kuiertjie.