Plant ‘n saadjie

Maart 7, 2011 in Sonder kategorie

Dit is die jaar 1982. Ouboet kry ‘n hoofkantoorjobbie  om nuwe rekrute vir die korporatiewe burokrasie te werf en deur ontwikkelingsprogramme te sit.

Hy vind patriargale aanklank by ‘n rekruut met ‘n soortgelyke konserwatiewe plotopvoeding wat sinnigheid kry in ‘n mooi girl.  Hulle begin kuier maar sy sinnigheid word nie regmatig beantwoord nie en hy vra ouboet se raad betreffende die courtingsproses.

 

Luister ou maat, kom ons plant ‘n briefie op jou woonstel se deur.  Lê laag en wag totdat sy weer haar opwagting maak.  Die sekretaresse met die mooiste handskrif produseer toe die volgende skepping met parfuum bedrup en die mooiste soen in rooi lipstiffie op die briefie. Wanneer maak jy weer ‘n draai ou grote? Ek mis jou. xxxxxxx

 

All hell broke loose en die res is geskiedenis.

 

Rekruut en aanvanklike onsinnige pop is vanjaar 28 jaar getroud met twee pragtige spruite.

 

Die saadjie het ontkiem.

 

Lekker aand

11 antwoorde op Plant ‘n saadjie

  1. ystervark het gesê op Maart 7, 2011

    Lyk of die plan gewerk het, well done!

  2. louisna het gesê op Maart 7, 2011

    Thanks vir die kuiertjie pel.

  3. louisna het gesê op Maart 7, 2011

    Thanks. Ja, hy het mooi gewerk

  4. bgv het gesê op Maart 7, 2011

    Jou storie? Knap gedaan!

  5. louisna het gesê op Maart 8, 2011

    Thanks

  6. louisna het gesê op Maart 8, 2011

    Ek het rekruut en die meisie bymekaar uitgebring.

  7. HeavyHenry het gesê op Maart 8, 2011

    🙂

  8. louisna het gesê op Maart 8, 2011

    Thanks Henry

  9. louisna het gesê op Maart 8, 2011

    Thanks. Selle daar.

  10. skaawagter het gesê op Maart 8, 2011

    Net om te se dat ek op my swartbessie alte lekker lees aan al jou stories en die musiek ook geniet as ek nou en dan die sender op Waboomsberg in die oog kan kry[moet eers teen die bult opstap en dan nog tussen die buurplaas se uielande deur. Kan egter nie kommentaar lewer nie behalwe as ek weer by n regte rekenaar uitkom soos vanaand! Dankie!

  11. louisna het gesê op Maart 8, 2011

    Baie dankie.Mooi aand.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.