Song vir ystervark
Maart 31, 2011 in Sonder kategorie
Sorry ek is deesdae so snoep op die songs.
Geniet
Maart 31, 2011 in Sonder kategorie
Sorry ek is deesdae so snoep op die songs.
Geniet
Maart 31, 2011 in Sonder kategorie
‘n Bries het oor die plein gewaai
toe blog nog lekker was, en lees
so kraakvars was soos oggenddou
Maar nou hang stanke oor die
plein waar dwase poepe hap en
iewers vrede soek in selwe
wat veel harder soek
maar die ontbinde varkkak wat hier
ruimskoots opgedis word voed
helaas net soekers wat nooit vind
Maart 30, 2011 in Sonder kategorie
Ek wou hom eers 5 seconds maak want hy is verspot maklik
Sport
Eers paneelklop toe musiek (of is dit?)
Land verlaat
Deesdae ma
Pragtige lyfie (gehad?)
Maart 29, 2011 in Sonder kategorie
Net 4 leads want hy is maklik
Afkorting
Nie sout nie
Oor 5 dae, min of meer dieselfde tyd
Werk nie met ‘n kopseer nie
Maart 27, 2011 in Sonder kategorie
Dit lyk of die kern van die groenspan dalk suidwaarts beweeg.
Andries Bekker het tans geen gelyke nie. Ek hoop sy vroutjie het hom sy misstappie vergewe.
Jacque Fourie is op vorm, Jean de Villiers lyk beter, Aplon is kookwater en dit lyk of Peter Grant vir Morne gaan lig. Deon Fourie steek ook albei hande op.
Gee die vyand wat hom toekom. Die Stormers speel tans briljante rugby. Ons het gister teen die Lions erg gesukkel en “groot nommers” is op die afdraendepad.
Arme Cheetahs het stoom verloor en is weer laaste.
Watch die Sharks op neutrale grond.
Geniet julle naweek. Hier reen dit lekker.
Maart 26, 2011 in Sonder kategorie
Bul teen bul
8 jaar verskil
Ouboet like een meer
Albei dood
maar woorde leef voort
Nog ‘n clue: Die aap sit in die bamboes vas.
Onthou, ons praat van 2 bulle
ANTWOORD:
NP van Wyk Louw se Raka is inderdaad ‘n meesterwerk. DJ Opperman se Komas uit ‘n bamboesstok is die mees bekroonde digbundel in Afrikaans. Hiermee bring ek hulde aan die groot bulle.
Die aap is dus die aapmens in Raka. Die bamboes is selfverduidelikend.
Opperman bly my held en Breyten is die grootste lewende digter.
Dankie vir die saamspeel.
Nou gaan ek kyk hoe die Force die vyand aanvat.
Maart 25, 2011 in Sonder kategorie
As vredemaker het ouboet oor dekades baie van parfuum geleer:
Les 1: As jy diep in die stront getrap het, kan ‘n botteltjie waarvan sy hou help, maar dit moet mooi toegedraai wees en met ‘n pennevruggie vergesel word
Les 2: Moet nooit dink jy gaan jou geliefde surprise met ‘n brand waarvan jy hou nie. Vrouens het hul eie smaak en voorkeure
Les 3: Vra ‘n vriendin se raad en moenie die mooi poppie by die winkel se raad volg wat voorstel jy moet self kies nie. Daai spateltjie op die kladpapier en die koffiebone wat jy tussenin eet werk nie. Na die derde snuif ruik almal dieselfde
Les 4. Parfuum gel met ‘n vrou se vel. Wat met wie gel kan slegs vasgestel word nadat ‘n druppeltjie op haar vel wat mooi ingetrek het ‘n “wow” uitroep uit haar eie mond die finale oordeel fel.
Les 5. Jy gaan nie cheap afkom nie. Die price tag is nie dieselfde as ‘n rojale uiteet vir 4 in ‘n posh plek nie.
Les 6: Gaan vir parfuum en nie vir sprays nie. Second best is nie vir ‘n special girl nie.
OK, watter brands het gewerk?
Wat het nie gewerk voordat ek die lesse geleer het nie?
Vragie: Wat laat ‘n goegaangetrekte vou, wat stylvol gegrimeer is, nog mooier lyk? ‘n Verruklike druppeltjie uit ‘n mooi botteltjie.
En, o ja “Jy lyk en ruik stunning” werk.
Maart 25, 2011 in Sonder kategorie
1 Sy lyk so half en half soos haar naam
en is
2 so opwindend soos rolbal
Toe geen ek vir Lou die volgende addisionele leads:
3 Monargie
4 Volop in Afrika
5 Vertaal in tweede taal
Hier volg nog 2 leads en nou gaan almal weet:
6 Haar voorganger is tragies dood
7 Sy het opgemerk: The marriage got a bit crowded
Maart 24, 2011 in Sonder kategorie
Sy lyk so half en half soos haar naam
en is
so opwindend soos rolbal
Maart 24, 2011 in Sonder kategorie
Anha moet ‘n rondte uitsit want sy is te slim.
‘n Pragtige jaar, net
voor die myl geval het, wink
meer as net ‘n heuweltjie
‘n Man uit All Black-land
was eerste bo
OK, die antwoord is uit. In 1954 kry Roger Bannister die feitlik onmoontlike reg om die myl onder 4 minute te hardloop. In 1953 sit Sir Edmund Hillary van New Zealand eerste sy voete neer op die kruin van Mount Everest.
Onlangse kommentare