Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Mag julle week voortreflik wees

Februarie 20, 2011 in Sonder kategorie

Ek en vroulief gaan nou ietsie in die portugese restaurant nuttig .

Ek iets van karnivoriese oorsprong (disse waarvan karnivore hou)

en sy seker sushi.

My song vir julle vir die week is amazing grace.

Toe gaan soek ek die sinonieme van hierdie 2 woorde op.

Amazing

Astonishing

Astounding

Wonderful

Incredible

Startling

Marvelous

Miraculous

Grace

Refinement

Loveliness

Beauty

Style

Poise

Charm

Kies twee woorde uit die bostaande lysies en pas julle

week daarvolgens in.  Soms is geluk net ‘n gedagte ver.

Stoepgroete,

Ouboet

 

Rugbyfees wat voorlê

Februarie 20, 2011 in Sonder kategorie

Wat ‘n fenomenle 2011 lê voor ons:

  • Super 15
  • Drienasies
  • Wêreldbeker
  • Currybeker

My indrukke oor die groen span:

Ons kort ‘n nuwe kaptein.  In elke posisie in die voorry is daar ten minste 2 spelers wat beter as die huidige kaptein is. Wie gaan dit wees? Juan Smith of Victor Matfield?

Wie dink ek verdien beslis groen vanjaar?

  • Natuurlik die twee aspirant kapteins Smith en Matfield
  • Willem Alberts
  • Fourie du Preez
  • Guthrow Steenkamp
  • Gerhard van den Heever (as Snorre hom gaan raaksien) Ek dink daai drie van hom gaan ten minste genomineer word vir die Super 15-drie van 2011. Dat hy verlangs van my ma, ‘n nooi van den Heever familie is, het GEEN invloed op my objektiwiteit nie.
  • Bismarck du Plessis

Dalk haal Lambie se vorm die beste uit Morne Steyn

Dalk spoor Pierre Spies Kankofski aan om sy heel beste te lewer

Baie ander spelers steek hande op. Daar is verskeie ou hande wie se insluiting myns insiens bedreig word deur nuwe opkomende talent.

Moontlike wenners vanjaar? Twee kleure oorheers

  • Super 15. Blou
  • Drienasies. Swart
  • Wêreldbeker. Swart
  • Currybeker. Blou

Geniet die dag.


Geniet die rugby

Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Die Super 15 word nie in Februarie gewen nie

Maar hou die spasie dop

 

Welgedaan Lucas

Februarie 19, 2011 in Sonder kategorie

Dit is altyd hartseer as ‘n groot gees groet

Lucas het ‘n groot bydrae gelewer

Sy afsterwe laat ‘n groot leemte

in die Afrikaanse musieklandskap

Sy lyding is verlos

Alle sterkte aan sy vrou en dogters

Hier is ‘n mooi song, uitgevoer deur Lucas

en sy groot vriend

 

Song vir die naweek

Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Wie van julle het al die White cliffs gesien?

Pragtig.

Ek dink terug aan oorle Pa en WWII

Ek dink aan sy Itliaanse roos

en aan Lapaloma wat hy so

meesterlik en gevoelvol op

die klavier gespeel het, saans

as dit donker was

 

Mag julle naweek voortreflik en lekker wees

Ons braai weer vanaand op die stoep

Stoepgroete,

Ouboet

Ietsie ligs

Februarie 18, 2011 in Sonder kategorie

What is a BEST and WORST news you can hear at the SAME time ?
It is when your Girlfriend says “YOU are the BEST KISSER among all your Friends.

 

Teacher asked : Why are you late for school?
Johnny: Because of the Sign.
Teacher : What Sign?
Johnny : The sign that says “School ahead go slow”

 

Q: What do you find in an empty nose?
A: Finger prints.

Geluk ma

Februarie 17, 2011 in Sonder kategorie

My gryse moeder is vandag ‘n bekwame 86 jaar oud. Hartlik geluk ma. Mag dit ‘n heerlike dag vol sonskyn wees.


Toe ek haar om 6:30 vanoggend bel, toe deel sy my mee dat dit reeds haar vierde oproep vir die dag is.

 

Op 86 is sy nog so skerp soos ‘n Minora blade. Sy onthou die hele familie se verjaarsdae, troudatums en dies meer sonder om haar dagboek te raadpleeg.


Ma: Hoe laat sien ek jou seun? Ouboet: Seker so teen 10:30 ma. Ma: Goed, ek het ‘n lekker melktert. Ek het intussen ook  weer ‘n paar gedigte geskryf wat jy moet kom lees.


Toe ek destyds my “nuwe girl” aan ma gaan voorstel, was haar woorde: Tyd dat jy nou trou ou seun. Hierdie is ‘n troumeisie.


Ma, dankie vir jou visie van 32 jaar gelede.


Stoepgroete,

 

Ouboet

Les oor kuisheid uit die verlede

Februarie 16, 2011 in Sonder kategorie

Hierdie stukkie is vroeg in my blogloopbaan geblog. Ek glo nie een van my vriende het hom toe raakgelees nie.

 

Begeerte, soek en vind bly genadiglik met ons. Die enigste sekerheid in ons huidige deurmekaar wêreld is die brandende feit dat die groot vlees die mens sal bly betower, ongeag tyd en plek, en dat die normale heteroseksuele man se taak nog lank onafgehandel sal bly. 

 

Grobbelaar (1977) werp meer lig op die saak en beskryf ‘n ou vrygebruik waarvolgens kêrel en nooi voor hul troue ‘n nag saam op die bed deurgebring het. Daar was egter ‘n insiggewende beperking: die een was onder die kombers en die ander bo die kombers. Hierdie beperking was waarskynlik ook op die jongeheer se hande van toepassing. ‘n Dik verekombers versag wel die kontoere maar neem nie die gedagtes en begeertes weg nie, en ongekarteerde landskappe stuit geen soektog nie.

 

Die kêrel sal op ‘n gegewe nag die venster van die huis oopmaak, daardeur klim om “bij de dochter op het bed boven de deken te gaan liggen en op die manier een praatje te houden, de vrijagie voort te zetten en aldaar te blijven tot een uur voor sonsopgang, wanneer hij wederom in stilte vertrek en de venster sloot……”

 

Onthouding is inderdaad ‘n besonderse gawe, en na hierdie emosionele en fisieke foltering was die paartjie gereed vir die eise én wettige voorregte van die huwelik.

 


Veels geluk Modderkoekie

Februarie 15, 2011 in Sonder kategorie

Mag jou dag buitengewoon,

besonder erg lekker wees

Veels geluk namens al jou vriende

hier in blogland.

 

Stoepgroete,

ouboet

Valentynsdag en spykertjies

Februarie 14, 2011 in Sonder kategorie

My beter helfte bedryf ‘n blommewinkel in ‘n groot en besige  winkelsentrum.

Sy kry daagliks met baie interessante kliënte te doen. 

Die een man vermoed sy vrou het ‘n affair. Hy laat ‘n massiewe naamlose ruiker by haar werk aflewer.  Die volgende week stuur hy nog een.  Sy vertel  nie haar man daarvan nie (foutjie no 1) en haar baas wat betrokke is, dink sy verneuk kom met ‘n ander spyker. …..en so tussen die grapevine en sekretaresses wat skinder kom die storie toe uit. All hell broke lose.

 

Valentynsdag is louter pret..  Baie mans stuur 2 bosse blomme. Een gaan huistoe en een gaan na spykertjie toe. ‘n Man kom gister met ‘n dik rol note daar ingestap. ‘n Standaardweergawe gaan huistoe, en ‘n R 1500 job word vir popsie gestuur.   Toe hy klaar betaal het, haal hy weer sy beursie uit. Sit asb ‘n groot wit teddiebeer, ‘n stewige paar snacks en ‘n bottel Alto Cabernet by.  Afleweringsadres: ‘n smart gastehuis aan die buitewyke van die stad.

 

Gesigsuitdrukkings is glo deurslaggewend.  Sommige mans lieg en sê een is vir sy ma en een vir sy vrou, maar die naam “ma” kom nerens in die groter ruiker se kaartjie voor nie.

 

Nou wonder ek maar net? Hoeveel  bottels parfuum en blomme wat mans koop bereik bestemmings wat die gebooie eer?

 

Mooi dag.