Modderkoekie se uitdaging: Paul Kruger

Februarie 28, 2011 in Sonder kategorie

Thanks vir jou uitdaging.

Die agtergrond is min of meer soos volg:

My oupagrootjie word bedonner met sy plaas wat te klein opgesny is. Hy gaan sien toe Pres Paul Kruger  oor die aangeleentheid by sy huis in Kerkstraat, Pretoria en na afloop van sy besoek skryf hy die volgende brief aan hom:

Tot dusver is dit ‘n ware verhaal. Ek vermoed die President laat weet toe soos volg per brief:

De heer JP Naude,

Poste restante

Bethal

2 Maaart 1893


Waarde heer Naude,

Goedkeuring van uw aanzoekt  oor plaats Driehoek


Baie dankie vir uw besoekt. Geliewe kennis te neemt dat uw aanzoekt door de Raad goedgekeurd is met kompensatie van 176 Pond.

Vele sterkte met uw plaats.

Vermaan toch uw jonge zoon oor zyn taalgebruikt. Zyn opmerking het tant Gezina erg ontsteld:

“Genade ant Siena, hier in de dorp bot oom Nabod se wingerd zeer geil.”

Stuur groete aan uw familie.

SJP Kruger

Staatspresident.

19 antwoorde op Modderkoekie se uitdaging: Paul Kruger

  1. Groot plesier

  2. Ja, ek glo sy sou nie amuzed gewees het nie.

  3. Hierdie is een van jou beste posts nog. Ek het nou lekker gelag!!!

  4. Thanks Jan. Soms vleg mens maar strewes saam met geskiedenis.

  5. Daai 176 pond van 1893 het nou al lekker aangegroei met seker 6 nulle agteraan, danksy goeie boerdery praktyke van jou en jou familie.

  6. ongelukkig het hy 11 kinders en 5 stiefdogters gehad wat almal ge-erf het. Toe het my oupa 16 kinders gehad. Toe bly niks oor nie.

  7. Eish, Oom Paul en tant Gezina draai in hulle grafte om.

  8. Ek dink ook so.

  9. Knap gedaan!

  10. Thanks Maryke. Opgemaakte einde, maar half en half geloofwaardig.

  11. Dit was uitstekend!
    En well done ook vir Modderkoekie vir die uitdink van die game, dis fun om te lees, ek is te stupid om saam te speel, so sal maar julle s’n lees!

  12. Netjies, Ouboet. Hoe moet mens nou deelneem teen jy en MK?

  13. Hi Ouboet, vandat ek my blog op LitNet gestaak het, mis ek joue, maar ek kom loer gereeld in. Hierdie is regtig briljant gedoen. Hoe gaan dit deesdae op jou stoep?

  14. Goed op die stoep thanks. Kom loer in. Jy’s welkom

  15. Jy kan en mag skryf. Doen dit

  16. Opdrag was briljant. Skryf jy ook.

  17. Sy het die idee gehad en ek ‘n verdigbare storie. Skryf gerus. Jy kan mos.

  18. Nee ek het my nou eers vir jou vererg, omdat jy karring. Dalk praat ek more weer met jou.

  19. As dit oor jou vriendin gaan, sluit my uit enige korrespondensie uit asb.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.