Rapport en nuuswaardigheid
Februarie 27, 2011 in Sonder kategorie
Vroulief vra vanoggend ek moet gou vir haar die Rapport gaan koop en wat sien ek op die voorblad?
Eina!
Wat is nuuswaardig aan ‘n Springbokflank se beweerde onderonsie met sy huishulp?
Pleks word daar meer breedvoerig berig oor sy span se naelskraapse oorwinning oor die Lions
Wat ek wel erg leeswaardig gevind het is die objektiewe rapportering oor ou nuus: die Bulls se welverdiende oorwinning oor die Cheetahs.
“Bulls bly die meesters
As jy wil weet waarom die Bulls so ’n suksesvolle span in Super-rugby is, moes jy eergisteraand hier in die Vrystaat-stadion gewees het om te sien hoeveel keer wilskrag, werkverrigting en temperament die verskil tussen hulle en die Cheetahs was.”
Ter wille van my objektiwiteit oor die groen prentjie, die volgende: Brossouw se herstel is ‘n nasionale ligpunt en Juan se besering ‘n nasionale ramp.
Maankind2 het gesê op Februarie 27, 2011
Ou has-beens wat hulleself nuuswaardig ag?
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Soort van ja. Thanks vir die kuiertjie.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Jy gaan niks mis nie. Mooi dag.
Doubtingthomas het gesê op Februarie 27, 2011
Ja, dis belaglik. Wie gee ‘n snars om oor wat daardie perd met sy huishulp aanvang?
Pateties!
Geitjie1 het gesê op Februarie 27, 2011
Se Gat! Bulls se oorwinning was geensins welverdiend – ai julle arrogansie het ook geen perke nie! Gee die Cheetahs die nodige erkenning wat hul verdien toe nou! – hulle het 80% van die wedstryd voorgeloop maar die Bulle het wakker geskrik in die 60ste minuut. Hierdie een moes Cheetahs gewen het, jammer Cheetahs dat julle nie die volle 80 minute gespeel het nie.
Terloops, die Cheetahs is nie eers my no. 1 span nie.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
OK, ek sal hom dalk nie weer plak nie. Miskien dalk as ons die Super 15 en die Currybeker wen.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Thanks Thomas. Ek het ook gedink dit is belaglik.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Thanks Geijie. Dink net hoe saai en kleurloos sou die blog gewees het as almal oor alles saamgestem het. Die Cheetahs het helder oomblikke met die Currybeker gehad, maar is geen faktor in SuperRugby nie.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Terloops, betyds wakkerskrik is een eienskap wat ‘n kampioen van ander spanne onderskei. Hoeveel wedstryde (en bekers) is al deur wakkerskrik, soms in die doodsnikke, gewen? My vingers is te min om slegs die laaste paar seisoene s’n te tel.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Nota: Sê van Matfield wat julle wil, maar daai generaal is ‘n meesterstrateeg. As slot het hy seker strawwe kompetisie, veral aan die einde van sy loopbaan, maar as kenner van die spel, besluitnemer en kaptein van ‘n kampioenspan het hy tans geen gelyke nie.
Hoekom van den Heever nog nie groen is nie, sal niemand wat weet rugby word nie met ‘n medisynebal gespeel nie, ooit weet nie.
Geitjie1 het gesê op Februarie 27, 2011
Rondom die nuuswaardigheid op Rapport se voorblad……….ja nee wragtig! Het daar die afgelope week dan niks interessanter in die wêreld gebeur nie?
Ouboet, gelukkig kan ons ooreenkom om te verskil op die punt van rugbyspanne, dankie. Matfield is familie van my, maar sy beste dae is beslis verby – buiten spring in die lynstaan, doen hy nie veel meer op die veld buiten praat nie.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
So sê ek ook. Eintlik belaglike beriggewing.
maryke-anne het gesê op Februarie 27, 2011
Ek was mateloos impressed met die Leeus gister.
DallaSePa het gesê op Februarie 27, 2011
lol … ek dink dis ‘n ou foto Ouboet … die mooi girls is mos gefire saam met hulle ‘afrigter’ as ek reg kan onthou.
ps – Jy is 100% reg met die ‘nasionale ligpunt’ en ‘nasionale ramp’ stelling.
DallaSePa het gesê op Februarie 27, 2011
Stem Thomma
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Hulle gaan verseker bokant die Cheetahs op die Super 15 eindig. Ja, hulle het goed gespeel.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
OK, ou foto maar steeds kykbaar. Thanks vir jou ondersteuning in nasionale belang.
Koeitjie het gesê op Februarie 27, 2011
Jy het my nou baie lekker laat lag.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Thanks. EK het ook ‘n komiese sy.
VozSola het gesê op Februarie 27, 2011
oor die niksseggende nuuswaardigheid stem ek saam. Oor die sport blaaie kan ek nie praat nie, want ekke lees dit nie…
Oor die ‘draw’ tussen India en die Pommies…daaroor kan ekke myse eie koerant bylaag skryf… Krieket is soms so verbysterend onregverdig! (Jy wee mos ekke kykie rugby nie!)
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Krieket is ongeukkig nie my passie nie.
shlwanjan het gesê op Februarie 28, 2011
Het jy vanogeend “Steve” en “Naas” se rugby bespreking op Jakaranda geluister???? Briljant {-;
louisna het gesê op Februarie 28, 2011
Nee, ek het dit ongelukkig gemis.