Vir Kammi en ander Vrystaters. Perspektief op gister se rugby
Februarie 26, 2011 in Sonder kategorie
Die Cheetahs het pragtig gespeel. Die Bulle het gesukkel en generaal Steyn wat sy rugby in die Vrystaat geleer het, het nie ‘n goeie aand gehad nie. MAAR, as jy kampioenmateriaal is kan jy selfs met ‘n swak vertoning steeds wen.
Die tafel is gedek vir ‘n pragtige Super 15-skouspel. Ek wonder hoe gaan die vyand teen die Leeus vertoon? Wat dink julle?
Mooi dag verder.
TheAfricanNewsferret het gesê op Februarie 26, 2011
Hoe dit ookal sy dit was ‘n naelbyter.
louisna het gesê op Februarie 26, 2011
Ja, dit was nogal.
TS het gesê op Februarie 26, 2011
Geluk met jou span
Blikskottel het gesê op Februarie 26, 2011
My hartjie is seer….ek hoop die Lions gaan net verbeter, ek’t goeie moed vir hulle.
pasella het gesê op Februarie 26, 2011
Ek is stil.
louisna het gesê op Februarie 26, 2011
Thanks Tina. My span of ons span?
louisna het gesê op Februarie 26, 2011
Ja, die Lions is baie beter vanjaar.
louisna het gesê op Februarie 26, 2011
Ek hoop die Lions verslaan die vyand vanaand
louisna het gesê op Februarie 26, 2011
Kammi, ek het begrip vir jou teleurstelling, maar ek dink jy is bietjie rof op ons kaptein.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Murphy, dankie vir jou puik inset.
louisna het gesê op Februarie 27, 2011
Thanks Kammi. Niemand kom by Sean Fitzpatrick nie, en moenie die huidige AB kaptein miskyk nie. Hy toets elke reel in die boek en kom weg daarmee.
Ek hou van jou span se begeestering en ja, soms is hulle ingedoen, soos ander spanne soms ook.
Ongelukkig is die Cheetahs se lang rekord in die Superreeks nie iets wat die aandag trek nie. Jammer, maar waar.
Juan se besering is ‘n nasionale ramp. Hy was die yster in WB 2007. Brussouw se herstel is ‘n nasionale ligpunt.
Ons moet aanvaar die land se nasionale sport is ‘n emosionele saak. Ek is net bly julle noem nie die vorentoe aangee nie, want dit is gewoon nie waar nie.