Sterkte aan die Cheetahs
Februarie 25, 2011 in Sonder kategorie
Sedert die ontstaan van SuperRugby het die (huidige) Cheetahs nie juis waffers gevaar nie. Hulle kon die blouspan slegs eenkeer klop, en dit was nogal op Loftus.
“The team from Bloemfontein have managed only one victory in the history of Vodacom Super Rugby against the Vodacom Bulls, which was way back in 1997 when Free State defeated Northern Transvaal 35-23 in Pretoria.”
Dus is die statistiek teen hulle.
Maar, nou ja, statistiek werk soms, soms nie. Vra maar vir Gatiepe. Hulle huisie is so klein hy statistiek sy girl sommer in die gang.
Geniet vanaand se rugby.
Modigliani het gesê op Februarie 25, 2011
Ek sal nooit daai wedstryd vergeet nie – ek was nog op Varsity en het ‘n weddenskap met my stiefpa aangegaan…. Hy moes my R1000 betaal :)))))
Dit was die mooiste vorentoe aangee wat ek nog gesien het!
TS het gesê op Februarie 25, 2011
Ons sal maar moet sien…
louisna het gesê op Februarie 25, 2011
Ja, daai enetjie onthou ek ook.
louisna het gesê op Februarie 25, 2011
Ek gaan beslis kyk.
louisna het gesê op Februarie 25, 2011
Kammi, gelukkig bly ons kalm oor ons verskille. Lekker kyk.
louisna het gesê op Februarie 25, 2011
Gelukkig weet ons die kans is nul dat ek ooit jou span gaan ondersteun. Gelukkig weet ons ook die kans is nul dat jy ooit my span gaan ondersteun. Gelukkig verstaan en geniet ons die spel.