Cheers Fanus
Januarie 31, 2011 in Sonder kategorie
My pad het tweekeer met Fanus Rautenbach gekruis.
1. Die korporatiewe burokrasie waar ek werksaam was, besluit om eenkeer ‘n party te hou en alle oudstryders daarnatoe uit te nooi. Iemand moes ou staaltjies op skrif sit en Fanus Rautenbach word toe aangestel. Hy kom voer toe ‘n onderhoud met ouboet en ek lig hom in oor dit wat ek onthou. Uiteraard begin ek toe met alles wat ek “bokant die belt” onthou….ensovoorts. Toe skryf hy ‘n verhaal wat ons die aand vir almal uitgedeel het.
2. Die korporatiewe burokrasie waar ek werksaam was het ‘n baasburokraat gehad. Hy was ‘n woordtraag burokraat en ek moes al sy speeche en voorleggings skryf en dus burokratiese poepe in technicolour verf. Hy het van My oom se motor is ‘n ou masjien gehou. Toe hou ons een aand ‘n party in die bosveld met Mannetjies Roux, Laurika Rauch en Fanus teenwoordig. Hulle sing en vertel stories en ouboet doen die bedankings.
Cheers Fanus ou maat. Jy kon ‘n grap vertel. Jy kon jouself met grasie in die kak inpraat, en kleurvol daaruit praat.
Volgende keer rapporteer ek oor een van die grappe wat daai aand vertel is.
Onlangse kommentare