Jy blaai in die argief vir 2010 Desember.

Nog ‘n song

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet sit op die stoep en songs luister

Vandag werk ek nie

Julle kan my gelukwens. Ek het dit reggekry om die video

se prentjie te plak

Hierdie weergawe streel my gemoed vandag

Mooi dag verder

Paasnaweek 1953 – 28 Desember 2010

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek het al die storie vertel van Ma wat gedruk het vir Kersfees, en toe dit nie werk nie, geknyp het vir nuwejaar, wat toe ook nie gewerk het nie. Toe gooi sy ouboet op 28 Desember af.


Eenvoudige rekenkunde neem my terug na die Paasnaweek van 1953.


Dit laat my dink aan die grappie van die drie spitsvondige studente wat gestry het oor wie die verste terug  kan onthou. As ek hulle geheue en metaforiese vaardighede gehad het sou die punchline min of meer soos volg kon lees:


 “Ek onthou paasnaweek 1953 soos gister. Ons was op die familieplaas Driehoek in Bethal. Ek het saam met Pa gegaan en saam met Ma teruggekom. Die terugrit in die ’49 Chev Fleetline na ons klein huisie in Vrededorp, Johannesburg toe was nogal stamperig.”


Op ‘n ernstiger noot:


Ek bring vandag hulde aan die gerespekteerdste mens wat ek ooit geken het, Pa Koos. Op 20 Maart 1978 het ek, as 24-jarige jongeling, hom in ‘n stampvol kerk gegroet,  sy nalatenskap met woorde uit die hart gesalueer en Ma se versie uit haar dagboekinskrywings oor haar en pa se jong dae aangehaal:


Die liefde

Watter groter vreugde

kan ooit jou hart so roer

‘n Roosknop op jou kussing

Jou beminde

wat so sy groete stuur

 

Ek dank my ma vir baie dinge soos die liefdevolle grootmaak van ‘n orige plotkind, maar veral vir die mooiste woorde in die mooiste taal wat ek aan haar moederskoot geleer het. Op die vooraand van 86 skryf sy nog steeds gedigte:


Aandgloor                                                                           

Is daar ‘n mooier skeiding

mens, waarop jy wag?

 

Sawens op my bed

sien ek bleek die maan

skugter tussen sterre

wentel na die weste

soos die skepping

sy koers bepaal

waar die purper aandgloor

weggesak het vir die dag

Skeiding tussen dag en nag

wat hier ook koers bepaal

 

Is daar in hierdie groot heelal

‘n mooier skeiding, mens,

waarop jy ooit kan wag?

 

Vir al die meisies. Pragtige song met memories. Ekke, jy moet ook luister.

Desember 27, 2010 in Sonder kategorie

Vergun my die geleentheid om julle terug te neem na die jaar 1972, seker veilig voor die meeste van julle se geboortes.


Ouboet meld na ‘n uitmergelende treinrit in Potchefstroom aan vir diensplig.


Van ‘n pasgematrikuleerde met ‘n rybewys in sy sak tot ‘n roof vind in ‘n oogwink plaas.


Maar iets tydens hierdie “manwordstadium” van die homo sapiens bly my vandag steeds by.  ‘n Minder verwarde troep het sy tape saamgebring.

 

Olivia Newton John se fenomenale song Banks of the Ohio het alles die moeite werd gemaak.

 

Daai song het die lang rye om ‘n skoolkys van die tiekieboks af te bel, kort gemaak.


http://www.youtube.com/watch?v=lv1-_HTtxWU

Hallo Ekke, dalk moet ons weer ietsie oor die armydae blog. “Maak toe jou hand troep. Ek druk nou ‘n dr.l in hom.”

Goeiemore almal

Desember 27, 2010 in Sonder kategorie

Goeiemore almal. Dis lekker op kantoor want hier is niemand wat pla nie.

Die telefone lui nie.Niemand knor of kerm nie.


Vir die van julle wat my songs gemis het, hier is hulle weer

Nights in white satin

http://www.youtube.com/watch?v=9muzyOd4Lh8

Hey Jude

http://www.youtube.com/watch?v=BD3ovfZXO5Q

I never promised you a rose garden

http://www.youtube.com/watch?v=WO4wcNVbYOQ

Games people play

http://www.youtube.com/watch?v=5znh58WITU8

Indian lake

http://www.youtube.com/watch?v=SJF6xSpDdZs

El condor pasa

http://www.youtube.com/watch?v=pey29CLID3I

Time is tight

http://www.youtube.com/watch?v=dHq4laFwAEM

Galway bay

http://www.youtube.com/watch?v=LkDJp0_oDek

Sylvia’s mother

http://www.youtube.com/watch?v=z4asAOyglCc

Geniet die dag.

Stoepgroete,

ouboet

Vir Moederraaf: Ouboet se gunsteling classics wat ek dink jy gaan like

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

Hier volg ‘n paar.


Ongelukkig is my keuse van spesifieke weergawes/orkeste nie op die web beskikbaar nie.

Fantasie impromptu van Chopin

http://www.youtube.com/watch?v=tvm2ZsRv3C8

Minute waltz van Chopin

http://www.youtube.com/watch?v=7q82qUpRfGI

Deep is the night

http://www.youtube.com/watch?v=RQt27s6RaX0

http://www.youtube.com/watch?v=OiLtni1oTCA

Liszt se liebestraum

http://www.youtube.com/watch?v=y6hdDOFtW64

Liszt: Hongaanse rapsodie no 2

http://www.youtube.com/watch?v=PD0dsH4kGUY

Strauss: Blue Danube

http://www.youtube.com/watch?v=VTqlLKBKFhg

Ongelukkig is die von Karajan/Richter-kombinasies net tot my “ longplays uit die jare toet” toe ek my Marantz hi fi gekry het, beperk

Tchaikovski se eerste klavierkonsert

http://www.youtube.com/watch?v=scm4eUORJ2s

Beethoven se  5de klavierkonsert

http://www.youtube.com/watch?v=Mhnb_ZbSpB4

Lekker aand

Sorry MaanKind. Out of Africa het dus die bus gemis. Hier is jou song.

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

Rustle of spring

http://www.youtube.com/watch?v=9xhD3PZ4wkI

As hy ook nie tref nie, hiers nog een:

Caravans

http://www.youtube.com/watch?v=LcYfRysceeQ

Aan ‘n paar ander meisies, hier is julle songs:

Monica.

Ek en Gene Rockwell was eenkeer toevallig saam in ‘n klein vliegtuigie van Pietersburg af. Toe die gure weer Maydays uitbasuin, haal hy ‘n bottel Klipdrif uit wat ek saam met hom genuttig het.

Heart

http://www.youtube.com/watch?v=dAwXeZkprMs

Maryke

Sprokie van ‘n stadskind

http://www.youtube.com/watch?v=C91k-NOXzwg&playnext=1&list=PL8D76980965B2E5F8&index=4

Tina

Bohemian Rhapsody

http://www.youtube.com/watch?v=irp8CNj9qBI

The entertainer is vir almal wat klaviermusiek geniet

http://www.youtube.com/watch?v=fPmruHc4S9Q

Mooi dag

Songs en Kersfees se gatkant

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

Dankie vir die girls was so positief op my songs wat aan hulle opgedra is gereageer het.  Ja, ouboet lees persoonlikhede en koppel dit aan songs.

Enige versoeke?


In elk geval, ons sit gister op swarrie se stoep in die suide en kuier, en daar  “snap” ‘n “plastic”stoel onder ouboet. Die donderslag van “plastic” wat kraak sit my gedagtes en keermeganismes in overdrive. Toe ouboet jnr sy eerste bok op 11 geskiet het, het ek ook een stukkend gesit en ‘n skerp stuk plastic het my binneboud oopgesny.

 

Familiejuwele is rakelings gemis.

 

Net daar en dan verbied mammie my om ooit weer op ‘n plastic stoel te sit. Ek dink my totaal staan nou op 8+.

 

Ek sit vandag met ‘n blou en seer elmboog en ‘n stywe nek, maar ek like steeds songs.  

 

Vrede is my wens vir 2011 en ek dra die volgende song aan almal op:


Summer prayer for peace

http://www.youtube.com/watch?v=8opWtyqnPb8

Meisies, luister na julle songs asb

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

Songs vir die meisies. Ouboet spesialiseer in matchmaking tussen blogpersoonlikhede en songs. (Vervolg)

Julle het seker te lekker gekrismis om na julle songs te luister. Slegs ‘n paar van julle  het gereageer.

Therina, hier is joune:

Cry to me

http://www.youtube.com/watch?v=HmaFDd18p2w

OK, wat is ouboet se song?  Dis nie song nie maar eerder ‘n briljante stukkie musiek , hier uitgevoer deur Arthur Rubenstein wat die hele klassieke repertoire uit sy kop geken toe hy reeds in sy negentigs was.

Ouboet se “song”

http://www.youtube.com/watch?v=KdnETWq7rcY

Kleinboet soek ‘n tydjie gelede ‘n nuwe rekenaar. Toe sê ouboet dit is OK, maar speel eers die eerste 3 blansye van die pragtige musiek foutloos. Oor 3 weke kry hy toe sy nuwe rekenaar.

Moeder voel “papperig” en besluit om nie die familiemakietie by te woon nie.

Toe vat ouboet maar vir haar 2 bosse blomme


Mooi dag vir julle almal

Songs vir die meisies. Ouboet spesialiseer in matchmaking tussen blogpersoonlikhede en songs. (Vervolg)

Desember 25, 2010 in Sonder kategorie

Songs vir die meisies. Ouboet spesialiseer in matchmaking tussen blogpersoonlikhede en songs. (Vervolg)

Ja, ek lees julle raak op die blog.

Modderkoekie, Kelly,Murphy, Lou, Roosdoring, Eaven en MaanKind was gister aan die beurt.

Hier volg nog ‘n paar.

Ek hoop julle geniet die songs en geniet ‘n heerlike dag saam met julle geliefdes.

Voz

http://www.youtube.com/watch?v=GYKJuDxYr3I

Verskriklik

http://www.youtube.com/watch?v=EmmTsEu19YM

Moederraaf

http://www.youtube.com/watch?v=OCSevzJQ2-Y

Tronkie

http://www.youtube.com/watch?v=9zjO9yEb20A

Cara

http://www.youtube.com/watch?v=O_FklOwMyoE

Sandi

http://www.youtube.com/watch?v=4Spy3Nd2D6w

 

Ons is nou amper oppad familiemakietie toe

Geniet die dag,

Stoepgroete

ouboet