Stoepwense vir 2011

Desember 31, 2010 in Sonder kategorie

 

 

Die lewe is een groot reis. Op hierdie reis ontmoet mens vriende soos julle; vriende wat die reis die moeite werd maak.

Baie dankie vir julle glimlagte, vriendskap en ander skakerings van menswees.

Ek dra Kleinboet se versie aan julle op. Mag julle reis in 2011 buitengewoon, besonder erg lekker wees.

Stoepgroete,

 

ouboet

Grense

 

Grense, o so wyd

met fondamente, o so breed

 

Tussen ons is daar soms geen

kaart, geen afdraaipad of stil oase nie

 

Uit dieptes van die duister landskap en

moeras klim ek stil teen repies reënboog op

 

Die horisonne van verlange en van skoonheid

skik in hierdie stiller uur tot lentebloeisels hoop,

 

maar in die nog stiller laatnaguur van rekenskap

 kruip ou vrese weer en weer in my grou gedagtes op

 

dat duister landskap en moeras, en ontwykend’ goue

ster se wye grense in die stilste oggendstond weer wasig is

 

Maar helaas, carpe diem…carpe diem, jou luide eerste oggendlag laat

grense, stil moeras en duister landskap klokslag skik tot suiwer klatergoud

22 antwoorde op Stoepwense vir 2011

  1. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Thanks IfSO. Mag jy ook struikel oor jou voorspoed.

  2. Dankie Ouboet, vir jou en jou gesin ook! En dankie vir die af en toe inloer by my, julle almal hier het vir my deur ‘n baie moeilike jaar gehelp, en daarvoor sê ek DANKIE. Hierdie blog was my redding!

  3. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie en mag jou verjaarsdag heerlik wees.

  4. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Heerlik. Dieselfde daar

  5. TS het gesê op Desember 31, 2010

    Dankie Die allermooiste jaar vir julle ook

    *fluister* ek het Andre Rieu kaartjies…

  6. katrina het gesê op Desember 31, 2010

    Laat my dink aan ‘n stukkie wysheid komende van die Monk-karakter van die tv-reeks – toe hy net twee dae oor het om te leef en hy besef: maar ek WAS al die tyd gelukkig, ek het dit net nie geweet nie. Carpe diem, inderdaad.

  7. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Thanks vir die inloer Katrina. Mag ou jaar ook awsome wees.

  8. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Thanks. Allermooiste jaar vir julle ook.

  9. GOUWSG het gesê op Desember 31, 2010

    Mag jy ook ‘n fantastiese nuwe jaar he Ouboet!

  10. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie. Dieselfde daar.

  11. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie vriend. Dieselfde daar. Mag ons oor voorspoed en geluk struikel

  12. Baie mooi geskryf.. Jy kan dit voel, ruik en hoor.

  13. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie Willie.

  14. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie Eaven. Ouboet waardeer. Julle s’n ook.

  15. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Baie dankie en baie voorspoed vir jou en jou geliefdes ook

  16. Julle moet lekker paartie, en ‘n lekker jaar hê!

  17. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Thanks Henry. Dieselfde daar. Heel toevallig het ek so pas ‘n stuk werk vir ook ‘n Henry gemail. Nou gaan ek voorraad opvul en geestlik in ‘n stemming kom wat 2011 eer sal aandoen.

  18. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    …ek gaan nou aan my geestelike stemming werk vir vir die oorgang na 2011.

  19. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Klaar begin.

  20. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    12 hours to go.

  21. jannel1 het gesê op Desember 31, 2010

    Ek hoop een van jou Nuwejaarsvoornemens is om hier na Oktober te kom kyk na die koppie in die Vrystaat se kas.

  22. louisna het gesê op Desember 31, 2010

    Ja Jan, die hoop beskaam nie, maar ek dink jy en vriend Kammi gaan ‘n dekade of meer moet wag.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.