Nog ‘n sad liefdessong vir al die dames

Desember 30, 2010 in Sonder kategorie

Dankie vir julle mooi kommentaar op die vorige song.

 

Hier is ook een wat trane trek.

 

OK, die man het dalk nie ‘n gesig wat almal sal laat poog

om hul skoentjies onder sy kooi in te skop nie, maar sy

woorde laat mens soms naarstigtelik gryp

na die bobbejaanspanner om memory lane

se geroeste hek oop te maak.

 

Wenk vir vryersklonge. As julle ‘n meisie se hart wil sagmaak,

gee vir haar ‘n CD (in ons tyd ‘n tape) vol liefdessongs.

 

Dit werk. Een van my pogings dekades gelede het hierdie song opgehad. 

 

Dit werk. 

 

Nog ‘n wenk: Sit ‘n kwatryn op die voorkant, iets soos:

 

Meisie in blou

ek like jou

Van die lang ou

wat van versies hou

Dit werk. Jammer die ploterfenis slaan deur.

19 antwoorde op Nog ‘n sad liefdessong vir al die dames

  1. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Ag wat, elke mens het mos maar kosbare memories.

    As amateur genealoog eer ek die verlede

  2. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Mens moet net Paul Kruger se visie saamneem. Iets soos: Haal uit die verlede alles wat mooi en goed is en bou daarop jou toekoms. Ek glo nie alle liefdessake pas hierby in nie.

  3. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Ja, om met ‘n tweezer in die verlede te krap wen nie altyd vriende nie.

  4. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Inteendeel ja. Enige mens se lewensboek moet seker ‘n hoofstuk “hidden treasures” hê

  5. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Wat die oor nie hoor nie, maak die hart nie ongelukkig nie.

  6. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Ai, hoe kuier ons asof ons mekaar jare ken..

  7. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    …en blog is lekker

  8. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Eintlik moet ek werk, maar more is nog ‘n dag.

  9. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Ons werk net aan ‘n groot projek wat 15/1 due is. Volgende jaar wil ek dit ook rustiger vat.

  10. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Thanks. Ek is ook positief.

  11. TS het gesê op Desember 30, 2010

    …sug…ja

  12. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Sug ja. Jy het seker die stukkie oor die ligte blogromanse gelees? Ek voel eintlik goed as my metaforiek pantyrekke laat “snap”

  13. TS het gesê op Desember 30, 2010

    grinnik… en dis maar die oortjies van die seekoeitjie

  14. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Mens weet nie of jy moet lag of huil nie

  15. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Julle het daai idee gegaps by die “destydse” kanon voor die Westelike ingang van die Tukkie kampus.

    Ek verkies om nie jou vraag te beantwoord nie.

  16. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Jou keuse. Gelukkig is jy ‘n slim girl

  17. Sjou, praat van ‘n golden oldie!

  18. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Pragtig.

  19. louisna het gesê op Desember 30, 2010

    Thanks Kammi. Sertifiseer asb hierdie onwelkome indringer en verwyder haar van die stoep

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.