Vandag 36 jaar gelede

Desember 29, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet en ‘n vriend besluit 36 jaar gelede ons gaan by die see vakansie hou.

 

Ons het altwee Vollas gehad. Syne was beige en myne pers.

 

Ons ching chong chai om te besluit met wie se kar se kar ons gaan ry. 


Ouboet verloor en die pers Volla kry koers suid van Durban se kant toe.

Vriend was hoog op in musiektegnologie van die tyd en ons laai sy hi fi

met twee groot speakers wat deur ‘n lorrybattery aangedryf word in die Volla.


As wetsgehoorsame burgers hou ons by die destydse

spoedbeperking van 80 km per uur.


Ons besluit ons wil talent gaan verken en ons hoop die mooi meisies

op die strand sien die twee boerklonge, wat in ‘n ruim tweemantent gaan

kampeer, raak.

 

Musiek besluit ons sou die toenaderingsproses fasiliteer


Sondagoggend 29 Desember 1974 toe ons wakkerword,

merk vriend op: Bliksem ouboet, thanks, daai songkeuse van jou het gewerk.

 

Ek dink sy like my

8 antwoorde op Vandag 36 jaar gelede

  1. TS het gesê op Desember 29, 2010

    …eish…

  2. louisna het gesê op Desember 29, 2010

    Thanks vir die kuiertjie. Omtrent so iets ja..

  3. Nisk so lekker soos ‘n lekker vakansie romanse nie. Oh the memories!

  4. louisna het gesê op Desember 29, 2010

    Ja, daai een was lekker…. vol musiek en memories

  5. louisna het gesê op Desember 29, 2010

    Spot on Kammi. Dankie vir die kuiertjie.

  6. louisna het gesê op Desember 29, 2010

    Met my looks moes ek stukkies metaforiek aanvullend tot die musiek gebruik. Thanks vir die inloer en mooi dag therina.

  7. Nie heeltemal my soort musiek nie, heel luisterbaar. Ek dink effe na my tyd. Daai tyd was ek besig met kind grootmaak. Eintlik swanger met my tweede.

    Maar, met die wonder van vakansie romanses kan ek identifiseer, dis mos ageless.

  8. louisna het gesê op Desember 29, 2010

    Ageless inderdaad. Ook seker maar goed ons het nie destyds vandag se insig gehad nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.