Paasnaweek 1953 – 28 Desember 2010

Desember 28, 2010 in Sonder kategorie

Ek het al die storie vertel van Ma wat gedruk het vir Kersfees, en toe dit nie werk nie, geknyp het vir nuwejaar, wat toe ook nie gewerk het nie. Toe gooi sy ouboet op 28 Desember af.


Eenvoudige rekenkunde neem my terug na die Paasnaweek van 1953.


Dit laat my dink aan die grappie van die drie spitsvondige studente wat gestry het oor wie die verste terug  kan onthou. As ek hulle geheue en metaforiese vaardighede gehad het sou die punchline min of meer soos volg kon lees:


 “Ek onthou paasnaweek 1953 soos gister. Ons was op die familieplaas Driehoek in Bethal. Ek het saam met Pa gegaan en saam met Ma teruggekom. Die terugrit in die ’49 Chev Fleetline na ons klein huisie in Vrededorp, Johannesburg toe was nogal stamperig.”


Op ‘n ernstiger noot:


Ek bring vandag hulde aan die gerespekteerdste mens wat ek ooit geken het, Pa Koos. Op 20 Maart 1978 het ek, as 24-jarige jongeling, hom in ‘n stampvol kerk gegroet,  sy nalatenskap met woorde uit die hart gesalueer en Ma se versie uit haar dagboekinskrywings oor haar en pa se jong dae aangehaal:


Die liefde

Watter groter vreugde

kan ooit jou hart so roer

‘n Roosknop op jou kussing

Jou beminde

wat so sy groete stuur

 

Ek dank my ma vir baie dinge soos die liefdevolle grootmaak van ‘n orige plotkind, maar veral vir die mooiste woorde in die mooiste taal wat ek aan haar moederskoot geleer het. Op die vooraand van 86 skryf sy nog steeds gedigte:


Aandgloor                                                                           

Is daar ‘n mooier skeiding

mens, waarop jy wag?

 

Sawens op my bed

sien ek bleek die maan

skugter tussen sterre

wentel na die weste

soos die skepping

sy koers bepaal

waar die purper aandgloor

weggesak het vir die dag

Skeiding tussen dag en nag

wat hier ook koers bepaal

 

Is daar in hierdie groot heelal

‘n mooier skeiding, mens,

waarop jy ooit kan wag?

 

26 antwoorde op Paasnaweek 1953 – 28 Desember 2010

  1. Hey, this is peace man. Iemand anders van dieselfde ouderdom het ander dag vir my vertel hy sit in die vertreksaal.

  2. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie

  3. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Op hierdie ouderdom vind vertrekke gereeld plaas.

  4. TS het gesê op Desember 28, 2010

    mmmmmm baie geluk. Hoop jy het so stukkie van Kersvreugde en vrede vir die dag oorgehou

  5. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie Tina. Ouboet waardeer.

  6. Baie geluk met jou verjaardag, Ouboet.

    Wat ‘n pragtige manier om jou eie verjaardag te herdenk, met ‘n huldeblyk aan jou ouers. Dis tog eintlik waar alles begin het, nie waar nie.

    Ek hoop jy het ‘n heerlike dag en ‘n mooi jaar wat voor jou lê. Hou altyd aan met drome droom, as jy dit kan droom, kan jy dit doen ook.

  7. Ek is 10 jaar ouer as Ouboet en sit nog lank nie in die vertreksaal nie. Notte dêm!

  8. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie. Ouboet waardeer.

    Ja, ek verlang na pa Koos vandag. Halfsewe vanoggend bel ma Marie my en tokkel die emosies verder.

    Mooi dag vir jou ook.

  9. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie PJ. Mooi dag vir jou en jou gesin ook.

  10. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Ek ook nie. Ek moet bysê, meisies van 10 jaar my senior lyk nog steeds heel skaflik.

  11. Baie geluk Ouboet!
    In ons familie het ons die spottery dat ek ‘n “giant hotcross bun” is, want die dokters het vir ma en pa vertel hulle sal nooit kan kinders hê nie en toe ma oor Paasnaweek begin naar voel, kry die Paasbolletjies die skuld. Intussen is dit toe al die tyd ekke.

  12. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie vir die wense en mooi stukkie. Het jy dan al verjaar? Indien wel, ook baie geluk. Mooi dag verder.

  13. maar jy is nog nie 86 nie

  14. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Nooit. Hierdie girl (en ek) is nog jonk

  15. katrina het gesê op Desember 28, 2010

    Geluk met jou verjaarsdag – hoop dis ‘n dag vol liefde.

  16. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie Katrina. Sover is dit ja.

  17. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie en mooi dag daar ook.

  18. Natuurlik!

  19. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Thanks Modderkoekie. Julle jong meisies se gelukwensing maak ouboet se dag. Mooi dag vir julle ook.

  20. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Wie kan met ons stry? Nuwe weergawe van slawekoor op die stoep. Later volg myns insiens die beste weergawe. Mooi dag.

  21. Dankie! Ja, ek verjaar 5 Des.
    Ek is die oudste van 3 (nie sleg vir ‘n paartjie wat gedink het hulle sal nooit kinders hê nie). Middel sus verjaar 6 Des en kleinsus verjaar 7 Des. Asof dit nie genoeg is nie verjaar my oom ook 6 Des en Kleinsus se man op 5 Des saam met my.

  22. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Pragtig. Kleinboet (my jongste van 2 seuns) verjaar op 4 Desember.

  23. Dankie, sal gaan loer

  24. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Hoop jy geniet

  25. wesnwew het gesê op Desember 28, 2010

    happy birthday

  26. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie

Los ’n antwoord vir louisna. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.