Laaste koor van die dag, veral vir die jong meisies oor vyftig
Desember 28, 2010 in Sonder kategorie
Die slawekoor uit Nabuccu van Verdi bly ‘n persoonlike gunsteling.
Ek het vandag reeds na alle weergawes op You tube geluister.
Hierdie een is die laaste koor van die dag.
Ek dink hierdie weergawe stap met die louere weg.
Kyk net daai pragtige gesiggies en haasbekkies.
Nog iets: Ek en droogskoonmaak deel iets besonders volgens die pos
wat ek vanoggend gekry het.
Hi Louis,
Did you know…
… that today is the birthday of Dry Cleaning? A Frenchman,
Jolly Belin, accidentally spilled some kerosene on a stained
garment and discovered that the kerosene removed the stain.
This led to a series of experiments to refine the process.
Today’s Inspirational Quote:
“If you see someone without a smile, give ’em yours!”
— Dolly Parton
Aan die beswaardes, hier is my glimlag soos veredel in kindergesiggies wat sing…..
Mooi dag verder.
Stoepgroete,
ouboet
loudavisi het gesê op Desember 28, 2010
Veels geluk, liewe ouboet.
Hoop jou dag bly net so rustig op die stoep met al die lieflike musiek heel dag lank.
louisna het gesê op Desember 28, 2010
Dankie Lou. Jong meisies soos jy maak ouboet se dag.
jr_hewing het gesê op Desember 28, 2010
verjaar jy?
aardsmoeder het gesê op Desember 28, 2010
Mag almal jou op die hande dra en jou voete soen! Baie geluk!!!
louisna het gesê op Desember 28, 2010
Baie dankie. Ek waardeer dit.
louisna het gesê op Desember 28, 2010
Yip.
Koeitjie het gesê op Desember 28, 2010
Ai, dis so mooi ek tjank sommer van pure lekkerkry!
Ek is mal oor opera chorusses en veral Verdi se operas.
Een van my ander gunsteling chorusses is die Humming Chorus uit The Pearl Fishers.
louisna het gesê op Desember 28, 2010
Baie dankie. Ek is bly ons stem grootliks dan ook oor musiek saam.
louisna het gesê op Desember 29, 2010
Dankie denker. Ouboet waardeer.
Moeder Raaf het gesê op Desember 29, 2010
Baie, baie mooi. Ek wil net daai kinnertjies opvreet. Is hulle nie net té dierbaar wanneer hulle so met erns sing, nie?
louisna het gesê op Desember 29, 2010
ek dink ook hulle is pragtig.