Goeiemore almal

Desember 27, 2010 in Sonder kategorie

Goeiemore almal. Dis lekker op kantoor want hier is niemand wat pla nie.

Die telefone lui nie.Niemand knor of kerm nie.


Vir die van julle wat my songs gemis het, hier is hulle weer

Nights in white satin

http://www.youtube.com/watch?v=9muzyOd4Lh8

Hey Jude

http://www.youtube.com/watch?v=BD3ovfZXO5Q

I never promised you a rose garden

http://www.youtube.com/watch?v=WO4wcNVbYOQ

Games people play

http://www.youtube.com/watch?v=5znh58WITU8

Indian lake

http://www.youtube.com/watch?v=SJF6xSpDdZs

El condor pasa

http://www.youtube.com/watch?v=pey29CLID3I

Time is tight

http://www.youtube.com/watch?v=dHq4laFwAEM

Galway bay

http://www.youtube.com/watch?v=LkDJp0_oDek

Sylvia’s mother

http://www.youtube.com/watch?v=z4asAOyglCc

Geniet die dag.

Stoepgroete,

ouboet

28 antwoorde op Goeiemore almal

  1. TS het gesê op Desember 27, 2010

    lekker werk

  2. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Thanks Tina. Jy kan seker op die rekenaarskerm sien ek is ook op die stoep.

  3. Nou is dit ‘môre’.

    Ek kan sommer sien hier is ‘n klomp van my gunstelinge, maar nou wil ek net gou eers luister wat sê die prokureur.Ek laai hulle solank.

    Waar werk jy dan dat jy op ‘n dag soos vandag moet werk? Fire jou werkgewer.

  4. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Dan moet ek myself fire, en my kinders kort skoene. Mooi dag

  5. Nights in white satin was een van my favourite songs – dink met nostalgie terug

  6. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Pragtige song, veral as dit (ook in my geval) met memories gepaardgaan.

  7. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Ja, ek kla ook nie. Ons moet maar werk.

  8. Het geluister, nog ‘n playlist gemaak, ek dink net een van die bostaande het nie die playlist gehaal nie.

    Almal is so pragtig, maar vergun my net so hier en daar iets spesiaals oor sekere van die songs.

    Hey Jude – Dit sal seker nog vir baie geslagte, ‘n gunsteling bly.

    El condor pasa – Was nog altyd en sal seker ook vir altyd een van my groot gunstelinge bly.

    Sylvia’s mother – Ook nog altyd vir my mooi gewees, maar toe ek nou so na die band kyk het ek gedink dat ek seker ook maar soos Sylvia se ma sou optree as ek hierdie outjies voor my deur gesien het.

    Galway bay – Alhoewel hierdie ook altyd ‘n gunsteling was, het dit nadat ek self bevoorreg genoeg was om op daardie strand te staan, vir my soveel meer betekenis. Terloops, wat die visuele betref was hierdie video seker een van die aanskoulikstes wat ek ooit van Galway bay gesien het.

    Baie dankie, Ouboet. Nou is my siel heerlik verkwik en het ek baie musiek om na te luister.

    (Moet net asseblief vir niemand sê ek weet dit nie, maar hoe maak ek nou as ek na my playlists wil luister? Kan mens dit copy na jou Windows Media Player, en hoe?)

  9. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Ek was ook daar en die weergawe wat ons daar gekoop het is beter as die een van You Tube bo.

    Lyk my ons stem meer as 80%+ saam oor keuses. Ai hoe pragtig.

    Ek weet ons gaan oor een verskil. Time warp van die Rochy Horror Picture show. OK, ons was jonk. Ek het in die Jeugsentrum gebly. Sy was mooi. Volgende vraag?

  10. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Great ears listen alike. Thanks, ons stem oor meer as 80%+ saam.

    Ai hoe pragig.

    Ons was ook daar en die CD wat ons daar gekoop het se Galway bay is mooier as bg.

    Ons gaan oor een song verskil. Time warp van die Rochy Horror Picture show.

    http://www.youtube.com/watch?v=a_7u3nhANa4

    OK, ek was jonk en het in die Jeugsentrum gebly. Sy was mooi. Volgende vraag?

  11. Ouboet, ek verstaan alles wat jy sê tot waar jy met die sin ‘Ons gaan oor een song verskil’begin

    Vandaar af verstaan ek niks, ek het dan oor geen song van jou verskil nie. Oor jou verblyf in die Jeugsentrum en wie mooi was, is ek helemal dom. Help my bietjie reg, sal jy asseblief.

  12. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Dis net nie eintlik vir my ‘n mooi song nie, maar dit was die mooi meisie se gunsteling en ek wou nie ‘n geleentheid “ruin” nie..

  13. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Ek wou nou vir jou ietsie plak oor “O” maar toe werk dit nie. Sal later weer probeer

  14. O, ek wag.

  15. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Terug by Loftus
    Louise was ook daar, alleen soos ek. Sy is nog net so lank en slank soos destyds. Ek het nou nog ‘n passie vir lang girls, maar somehow skiet my gawes tekort vir hulle. Een aand, lank gelede op ‘n bokjol vang my oog ‘n besondere lang girl. Sy is werklik uitsonderlik mooi, met die allermooiste rooi hare en ‘n winkende noupassende geborduurde bostuk wat watte, lugblase, cross your heart-tegnologie en derglike ydelhede ferm uitdefinieer.

  16. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Hier kom hy, in paaiemente. Lees eers die boonste stuk, dan ondertoe.

  17. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Eureka! Nee, wag eers, en ek kry my idiome agtermekaar. Vanaand ruk ek haar van haar voete af met die soetste beeldspraak uit die mond van ‘n maplotter. Sien met my looks en rough edges moet mens ander tegnieke probeer, soos ‘n eenoogversie op ‘n servet, ‘n Skakespeare quote, die vakuum wat ‘n goedbedoelde kompliment skep of iets dergliks. Ek vertroetel elke denkbare stukkie uit my memoirs van die groot meesters. Ek dink selfs aan ‘n alibi, in geval van ‘n onverwagte snotklap.

  18. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Shakespeare se “The quality of mercy is not strained. It droppeth as a gentle rain from heaven” sal die ding doen. Ter inleiding maak ek tydens ons eerste dans ‘n opmerking oor haar pragtige hare, die eksotiese sjampoe wat sy gebruik, en versterk dus op ‘n pragmatiese manier daai essensiële vars-uit-die-bad gevoel. “Skep ‘n voëlvriendelike omgewing” het BCom vanslewe altyd gesê, maar vanaand is ek ernstig. Vanaand raak hierdie trougirl verlief op die primêre deugde van my tong, en ‘n woordvlotte selfvoldaanheid raak vaardig oor my. Sy smile net knusserig oor die “jeugdige varsheid van haar hare wat mens noop om skilderagtige landskappe te skilder”, en dans verruklik verder. Min girls het die regsom two-step onder die knie, maar sy doen dit meesterlik.

  19. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    “Time is tight”, die beste “close”-danssong van alle tye, speel verruklik deur die hi fi se enorme speakers in Nicholhuis se eet/danssaal met sy wiegende plankvloer. Met die voetwerk in volmaakte harmonie kan jy beter op die voor-die-handliggende konsentreer, en ek sê julle sy is lank. Die tyd is reg, en ek trek los met die mooiste kompliment wat ek enige meisie nog ooit gegee het. Ek verweef rooi, skoonheid, grasieuse lengte, vleeslike sagtheid en die hemelse sinergie van haar sjampoe en parfuum in ‘n tappeserie van die soetste woorde. “O”, reageer sy terloops, en dans verder asof ek iets oor die weer gesê het. “O”, niks meer nie. Die mosaïek van vroegaandmoontlikhede vervlak tot ‘n suur trek op my strak gesig en die gentle rain from heaven p.. my vuur onseremonieël dood. Tot vandag toe bly lang girls buite my bereik.

  20. Ek neem aan daai lang girl het toe nie mevrou Ouboet geword nie. Bespeur ek steeds ‘n tikkie droefheid daaroor. Of is dit maar net die gekneusde ego wat maak dat jy steeds onthou?

    My man, in die ou taal 5’6″, was tog ook altyd so versout op lang girls en hulle moes verkieslik nie bril dra nie. Die eerste aand wat hy my uitneem, weet hy te vertelle dat hy nie van girls wat bril dra, hou nie. Ek was nie verleë nie en het ‘n veer gevoel. Hy kry toe vir my, ook net 5’2″ lank.

    So, moet mans ook maar hulle drome hê!

  21. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Korrek. Die droefheid is seker maar egoverwant ja.

    Snaaks ek het ‘n paar keer gekuier by mev ouboet se woonstelmaat in Erika, maar haar eers ontmoet toe ons altwee klaar geswot het.

  22. Geen oue van dae (soos ek) sal ooit jou gekneusde ego leed aandoen nie. Ons het dit immers almal.

    Dis mos wanneer ek sê in my hart bly ek vir ewig 17.

  23. louisna het gesê op Desember 27, 2010

    Moreoggend sal jy weet hoe oud ek is, en ek voel ook nog 17.

  24. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Thanks. Ek sal so maak, sommer vandag nog op my geboortedag.

  25. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Thanks Ekke. Ons maak so.

  26. louisna het gesê op Desember 28, 2010

    Baie dankie. Ouboet waardeer.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.