Meisies, luister na julle songs asb

Desember 26, 2010 in Sonder kategorie

Songs vir die meisies. Ouboet spesialiseer in matchmaking tussen blogpersoonlikhede en songs. (Vervolg)

Julle het seker te lekker gekrismis om na julle songs te luister. Slegs ‘n paar van julle  het gereageer.

Therina, hier is joune:

Cry to me

http://www.youtube.com/watch?v=HmaFDd18p2w

OK, wat is ouboet se song?  Dis nie song nie maar eerder ‘n briljante stukkie musiek , hier uitgevoer deur Arthur Rubenstein wat die hele klassieke repertoire uit sy kop geken toe hy reeds in sy negentigs was.

Ouboet se “song”

http://www.youtube.com/watch?v=KdnETWq7rcY

Kleinboet soek ‘n tydjie gelede ‘n nuwe rekenaar. Toe sê ouboet dit is OK, maar speel eers die eerste 3 blansye van die pragtige musiek foutloos. Oor 3 weke kry hy toe sy nuwe rekenaar.

Moeder voel “papperig” en besluit om nie die familiemakietie by te woon nie.

Toe vat ouboet maar vir haar 2 bosse blomme


Mooi dag vir julle almal

14 antwoorde op Meisies, luister na julle songs asb

  1. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Jy is ‘n diep mens en ek dink ‘n diep song pas by jou.

  2. Ek hou baie van Therina se song, ouboet.

  3. Izakdv het gesê op Desember 26, 2010

    Rubenstein rocks!

  4. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Snaaks, ek sien hy word gereken as die 4de beste pianis van alle tye met Rachmaninoff bo hom en Liszt heel bo. Ek sou hom eerste plaas.

  5. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Ja, daai song het geskiedenis, ook vanuit my grootwordperspektief

  6. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Mooi so. Hy dateer seker uit ‘n tydperk voor jou geboorte, maar ek assosieer daai pragtige song met jou.

  7. Jy is ‘n goeie seun vir jou moeder.

    Jou musieke op die laaste klompie posse van jou is beautiful. Ek gaan mettertyd alles speel en vir my die mooiste (dis omtrent almal) aflaai.

    Miskien kan ek dan later – na vele dae, kommentaar lewer.

  8. Ek is net so mal daaroor. Ook van jare gelede se perspektief – tot steeds.

  9. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Ja, moeder like blomme en skryf op amper 86 nog gedigte.

  10. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Daai song was reeds ‘n treffer in ons jongdae

  11. Skerp verstand! Dit hou mens jonk.

  12. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    Sy onthou nog geboortedatums, troudatums en alle ander geskiedenis van die uitgebreide fmilie uit haar kop, sonder om in die boekie te gaan kyk. Shame, sy bly saam met skoonma in dieselfde aftereeoord, en skoonma se verstand het haar verlaat.

    Ek plak later vir jou nog songs.

  13. louisna het gesê op Desember 26, 2010

    My ma het my opgevoed en my die mooiste taal geleer. Hoe durf ek haar smaak geringskat?

    Dankie vir die kuiertjie.

  14. Laat my dink aan my eie ma wat tot net voor haar dood (op 87) nog self haar tjekboekstaat gebalanseer het. Al het sy nie meer self die tjeks uitgeskryf nie, moes Kleinsus ‘n verduideliking vir elke tjek gehad het. En behoede die bank as daar iets op die staat was, wat sy nie gedink het daar moes wees nie.

    Dankie vir die nog-beloofde musiek. Dit stap aan einde v.d maand toe en ek het nog taamlik gigs oor. Dan kan ek mos lekker aflaai.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.