Ietsie vir die manne
Desember 31, 2010 in Sonder kategorie
As julle gebruik, doen dit lig en geniet die aand
Desember 31, 2010 in Sonder kategorie
As julle gebruik, doen dit lig en geniet die aand
Desember 31, 2010 in Sonder kategorie
Vir die met peace of mind. Hier is julle song:
Vir die beswaardes. Hier is julle song (sorry hy het nie ‘n prentjie nie)
http://www.we7.com/#/song/Die-Grafsteensangers/Die-Trein-Na-Pretoria
Desember 31, 2010 in Sonder kategorie
Die lewe is een groot reis. Op hierdie reis ontmoet mens vriende soos julle; vriende wat die reis die moeite werd maak.
Baie dankie vir julle glimlagte, vriendskap en ander skakerings van menswees.
Ek dra Kleinboet se versie aan julle op. Mag julle reis in 2011 buitengewoon, besonder erg lekker wees.
Stoepgroete,
ouboet
Grense
Grense, o so wyd
met fondamente, o so breed
Tussen ons is daar soms geen
kaart, geen afdraaipad of stil oase nie
Uit dieptes van die duister landskap en
moeras klim ek stil teen repies reënboog op
Die horisonne van verlange en van skoonheid
skik in hierdie stiller uur tot lentebloeisels hoop,
maar in die nog stiller laatnaguur van rekenskap
kruip ou vrese weer en weer in my grou gedagtes op
dat duister landskap en moeras, en ontwykend’ goue
ster se wye grense in die stilste oggendstond weer wasig is
Maar helaas, carpe diem…carpe diem, jou luide eerste oggendlag laat
grense, stil moeras en duister landskap klokslag skik tot suiwer klatergoud
Desember 30, 2010 in Sonder kategorie
Dankie vir julle mooi kommentaar op die vorige song.
Hier is ook een wat trane trek.
OK, die man het dalk nie ‘n gesig wat almal sal laat poog
om hul skoentjies onder sy kooi in te skop nie, maar sy
woorde laat mens soms naarstigtelik gryp
na die bobbejaanspanner om memory lane
se geroeste hek oop te maak.
Wenk vir vryersklonge. As julle ‘n meisie se hart wil sagmaak,
gee vir haar ‘n CD (in ons tyd ‘n tape) vol liefdessongs.
Dit werk. Een van my pogings dekades gelede het hierdie song opgehad.
Dit werk.
Nog ‘n wenk: Sit ‘n kwatryn op die voorkant, iets soos:
Meisie in blou
ek like jou
Van die lang ou
wat van versies hou
Dit werk. Jammer die ploterfenis slaan deur.
Desember 30, 2010 in Sonder kategorie
Wie van julle onthou hierdie song?
Geniet
Naskrif: Soms is verlange nie in die openbare belang nie
Desember 29, 2010 in Sonder kategorie
Ek hou van blogvriende wat waarde toevoeg, soos byvoorbeeld:
Aan diegene wat hulself nie min of meer in bostaande raaklees nie, geniet die song en kry vrede.
Desember 29, 2010 in Sonder kategorie
OK, ek weet dis nie almal se gunsteling nie.
MAAR selfs mediocre songs maak memory lane se
geroeste hek soms wawyd oop. Nie dat hierdie song
hoegenaamd mediocre is nie. Inteendeel.
Desember 29, 2010 in Sonder kategorie
Ouboet en ‘n vriend besluit 36 jaar gelede ons gaan by die see vakansie hou.
Ons het altwee Vollas gehad. Syne was beige en myne pers.
Ons ching chong chai om te besluit met wie se kar se kar ons gaan ry.
Ouboet verloor en die pers Volla kry koers suid van Durban se kant toe.
Vriend was hoog op in musiektegnologie van die tyd en ons laai sy hi fi
met twee groot speakers wat deur ‘n lorrybattery aangedryf word in die Volla.
As wetsgehoorsame burgers hou ons by die destydse
spoedbeperking van 80 km per uur.
Ons besluit ons wil talent gaan verken en ons hoop die mooi meisies
op die strand sien die twee boerklonge, wat in ‘n ruim tweemantent gaan
kampeer, raak.
Musiek besluit ons sou die toenaderingsproses fasiliteer
Sondagoggend 29 Desember 1974 toe ons wakkerword,
merk vriend op: Bliksem ouboet, thanks, daai songkeuse van jou het gewerk.
Ek dink sy like my
Desember 28, 2010 in Sonder kategorie
Die slawekoor uit Nabuccu van Verdi bly ‘n persoonlike gunsteling.
Ek het vandag reeds na alle weergawes op You tube geluister.
Hierdie een is die laaste koor van die dag.
Ek dink hierdie weergawe stap met die louere weg.
Kyk net daai pragtige gesiggies en haasbekkies.
Nog iets: Ek en droogskoonmaak deel iets besonders volgens die pos
wat ek vanoggend gekry het.
Hi Louis,
Did you know…
… that today is the birthday of Dry Cleaning? A Frenchman,
Jolly Belin, accidentally spilled some kerosene on a stained
garment and discovered that the kerosene removed the stain.
This led to a series of experiments to refine the process.
Today’s Inspirational Quote:
“If you see someone without a smile, give ’em yours!”
— Dolly Parton
Aan die beswaardes, hier is my glimlag soos veredel in kindergesiggies wat sing…..
Mooi dag verder.
Stoepgroete,
ouboet
Onlangse kommentare