Wie lees hom/haarself raak?

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

Al van verdedigingsmeganismes gehoor? Indien nie, hou vas! Indien wel, lekker introspeksie.


1)    Die foute in jouself projekteer jy op ander. Byvoorbeeld, die fyn outjie in die kas sien ander fyn mannetjies raak en maak snedige opmerkings oor hulle. Die sielkundiges noem dit projeksie

2)    Jy ken die feite, maar ontken dit. Sluk ‘n halfbottel per dag af, maar ontken dat jy ‘n drankprobleem het.  Die sielkundiges noem dit ontkenning

3)    Jy weier om betrokke te raak, want dit bedreig jou.  Byvoorbeeld, jy stel uit want jy weet jy gaan sukkel. Die sielkundiges noem dit ontkenning.

4)    Jy het ‘n probleem in een terrein, maar probeer presteer in ‘n ander terrein.  Byvoorbeeld, die oujongnooi word ‘n briljante liefdesverhaalskryfster. Of die onderbedeelde mannetjie koop die grootste 4×4.  Die sielkundiges noem dit kompensasie

5)    Jy val terug op ‘n resep wat vroeër gewerk het, maar sy rakleeftyd oorskry het. Byvoorbeeld, jou punte by die skoner geslag veminder en jy dink terug en dagdroom oor die enkele prestasies by Sannie. Die sielkundiges noem dit regressie

6)    Jy ontken jou eie skuld en blameer iets anders as die ware oorsaak van die probleem. Byvoorbeeld die tennisspeler gooi sy rakket stukkend na ‘n nederlaag.. Of die vryersklong ontbreek fermte en blameer die ondermaat kondoom. Die sielkundiges noem dit verplasing

 

Daar is nog ander, maar nou het ek genoeg gif gesaai vir een dag.

 

My potjie prut lekker.

29 antwoorde op Wie lees hom/haarself raak?

  1. Sit en kyk so vir Bonnies terwyl die pot moet prut?
    ek is seker iewers by die “nog ander”
    nou baie persoonlik – Pas jy in iets kleiner as ‘n groot 4×4?

  2. wesnwew het gesê op Oktober 31, 2010

    sou graag wou sê dit gebeur daagliks met my, maar die waarheid is dis meer gereeld as dit… kort kort dan, maar jy het sekerlik ook al in die lewe daai foutjie gemaak of nie???

  3. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Dit maak twee van ons. Dankie vir die kuiertjie

  4. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks therina.

  5. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek is nie deel van die 4×4 brigade nie, maar my kar is om lyflike redes groterig.

  6. 1. Dis hoekom ek my lekker verlusting in vet tannies in silwer bikinis
    2. Ek is glad nie verslaaf aan sigarette, kos en seks ander goed o_O)
    3. Ek gaan soos in glad nie vandag werk aan daar die site wat more moet klaar nie
    4. Het ek nie die mooiste cleavage ooit nie?
    5. Ja, ek onthou daai man van België …
    6. Ek kan nie verstaan dat die netwerk vandag – van alle dae – wat ek so baie werk het, so stadig en amper non existent is nie.

  7. Ou-Top het gesê op Oktober 31, 2010

    Nuwe name vir dinge wat die oumense sommer byname gegee het. Maar alles waar. So is n mens.

    Maar ouboet, hier laer af op jou blog, daai “nou buig ek af en soen ek julle sagte hande”

    Darem nie hulle voete nie, my Vlok.

  8. “…genoeg gif gesaai vir een dag”

    *lmga*

  9. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    So dra ons maar almal ‘n juk Top, maak nie saak wat hulle hom noem nie.

    Inaggenome die diepte van die poefies waarin ek my bevind het, sou ek seker ook hulle voete gesoen het.

    Klappe het darem intussen tot koue skouers “versag.”

  10. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ja, ek is nog diep in die stront lyk dit my.

  11. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks Maryke. Jou insig verdien akkolades. Thanks vir die welkome kuiertjie. Meisies van statuur like my nie meer nie, en al wat ek wou doen is om vriend Ghaap te verdedig.

  12. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Dit maak ons mens.

  13. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Seker ietsie van als. En jy? Sorry ek het nog nie oor die meesterlike rughand geskryf nie.

  14. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Gelukkig is waardigheid darem nog een deel van my make-up waarna ek probeer streef, al kry ek dit nie altyd reg nie. Daarom sal ek nie spesifieke individue, soos jy nou probeer, in ‘n blik probeer druk nie.

  15. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek het beter dinge om te doen as om mense te “tag”

  16. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Jou intensies is so transparent soos ‘n pre-94 broodsakkie.

  17. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    As ek wil fight, soek ek iemand in my league. Totsiens.

  18. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Waar aanhaling. In my pot:

    Skaapnekskywe, lekker dik gesny
    Aartappels
    Wortels
    Tamaties
    Mushrooms
    Gekerfde boontjies
    Wit uiesop
    Speserye soos wat die hand raakvat
    Gemaalde peper (Met die pepper grinder)
    Kerrie (bietjie)
    Maple-stroop
    Gemaalde vars gemmer
    Bietjie old brown
    Vyekonfyt

  19. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek wens jy wil toer, want duidelik het jy nog nie die frase “overstaying your welcome” iewers raakgelees nie. Wees net bly ek trek nie los oor die spore wat jy gelaat het nie.

  20. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Dalk het jy ‘n punt beet. Ek voel tog jou “psigiatriese” kollegas doen goeie werk, want hulle volg grootliks die mediese model.

  21. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Gebore skoorsoekoers het nie vrede in hulself nie, teer op die aalmoese van jammerkryers en hiermee sluit ek die debat af.

  22. jannel1 het gesê op Oktober 31, 2010

    Hey Ouboet ek was so bietjie haastig om jou pos ook te lees, maar weet jy nie van iemand wat ‘n Corsa Lite wil koop nie. Ek soek ietsie kleiners vir die dorp.

    🙂

  23. katrina het gesê op Oktober 31, 2010

    Onthou net dat gif wat gesaai word weer gemaai moet word, Ouboet. Hoop jy’s reg daarvoor 🙂

  24. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Fiat Panda? Daai Italianer het mos die ou gedagvaar toe hy agter in hom vasgery het in ‘n parkeergarage. Hy het beheer verloor en toe raak sy girl op die paal.

  25. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Fitter as ever. Dalk moet ek vir ‘n slag my punt maak.

  26. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Is lekker. Ek werk nie van ‘n resep af nie en gooi in op gevoel. Ek het wel ‘n tip of drie van meester Lochner de Kock op TV ter harte geneem.

  27. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Beste les geleer: Moet nooit dink soetigheid doen afbreuk aan ‘n vleisdis nie. Inteendeel.

  28. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek like eksperimente. Soet eksperimente (in all walks of life)

  29. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Jy sal beter weet. Dis nie my veld nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.