Uitdaging vir die week

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

Die afgelope week het ‘n paar briekstrepe gelaat.  My uitdaging aan julle vir die week is dus bloot:


Let us try to catch somebody doing something right. 


Onthou Keats se briljante idioom: “A thing of beauty is a joy forever.”


Mag elke dag van julle week met rose besaai wees. 

Mag alle mammogramtoetse negatief wees. 


Mag ons die enkele krom mik miskyk en die stunning beauty van die woud raaksien.


Mag julle elke dag van die week met ‘n lied in die hart wakkerword.


Carpe diem in Kleinboet se idioom:

Grense

 

Grense, o so wyd

met fondamente, o so breed

 

Tussen ons is daar soms geen

kaart, geen afdraaipad of stil oase nie

 

Uit dieptes van die duister landskap en

moeras klim ek stil teen repies reënboog op

 

Die horisonne van verlange en van skoonheid

skik in hierdie stiller uur tot lentebloeisels hoop,

 

maar in die nog stiller laatnaguur van rekenskap

 kruip ou vrese weer en weer in my grou gedagtes op

 

dat duister landskap en moeras, en ontwykend’ goue

ster se wye grense in die stilste oggendstond weer wasig is

 

Maar helaas, carpe diem…carpe diem, jou luide eerste oggendlag laat

grense, stil moeras en duister landskap klokslag skik tot suiwer klatergoud

17 antwoorde op Uitdaging vir die week

  1. pasella het gesê op Oktober 31, 2010

    mag die son jou sagkens bestraal, die reën mildelik op jou lande val, mag opdraandes afdraandes wees, mag…ag demmit, lekker dag en week vir jou ook!

  2. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Baie dankie lewies. Selle daar.

  3. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek hoop jou dag draai mooi uit. Dis so jammer dat ‘n special mens soos jy by sulke goed ingesleep word.

  4. Lekker dag vir jou ook, Ouboet.

  5. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Mag die dice ook reg val daar. Ek sit en werk op ‘n Sondag, maar rus effens op die blog.

  6. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks Lou. Selle daar.

  7. Balans het gesê op Oktober 31, 2010

    Carpe diem.
    Kom ons gryp die goeie – daar is baie!
    Gryp die dag

  8. Nice Ouboet!

  9. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks Maryke. Jy le maar laag deesdae en jy het groot sports gemnis

  10. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Baie waar woorde. Thanks vir die inloer

  11. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks. Selle daar.

  12. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Ek hoop jy’s reg therina. Mens wil net jouself wees en nie heeltyd buk, koes en keer nie. Mooi dag. Seker lekker om weer terug te wees.

  13. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Baie dankie. Ek maak so. Medaljewenner op Afrikaans-Ekspo.

  14. en probeer om ons eie foute nie te herhaal nie 🙂

  15. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks Antoinette. Die fyn stekie in jou vermaning is tog soveel lekkerder as die vele snotklappe wat ek ontvang het. Mooi dag verder. Ek kook kos vandag. Skaapnekpot met rou gemmer en vyekonfyt.

  16. gee, n man wat kan kook is n kosbare juweeltjie! En nee, dit was nie n bedekte stekie na jou kant nie, dit was n vermaning aan myself. ENOY daai pot saam met jou geliefdes

  17. louisna het gesê op Oktober 31, 2010

    Thanks. Ons maak so. Sorry, maar ek is op hierdie stadium nog klapverward.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.