Konklusie

Oktober 30, 2010 in Sonder kategorie

Ek het meer van emosies geleer uit die Ghaap-debat as uit alle emosie-inskrywings na MaanKind se meesterlike uitdaging.

Dit laat mens dink. Tasbare grootshede deur ‘n man se bril lyk totaal anders as deur die beter geslag se bril.

Het ek iets geleer? Ja, die dag as ek die vrou volledig verstaan, het ek reeds my rentmeesterskap op moeder aarde met minstens ‘n dekade oorskry.

Sal die beter geslag ooit verstaan as mans soms droom hulle leopard crawl deur ‘n mielieland vol tieties?

Kom ons verskuif die debat na die skouspel in Durban. Ten minste weet ons die koppie gaan vir ‘n jaar langs die kus wees.

10 antwoorde op Konklusie

  1. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ek skree ook vandag WP.

  2. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Wat ek like van ons is dat we agree to disagree. Dink net as ons oor alles saamgestem het dan was een van twee great minds oorbodig.

  3. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ons is op dieselfde bladsy en ons kan lekker omblaai.

  4. TS het gesê op Oktober 30, 2010

    Ja soms word die kind met die badwater uitgegooi en daai kinders word groot met persepsies waaraan ander nooit gedink het

  5. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Spot on en dankie vir die kuiertjie.

  6. gardenia het gesê op Oktober 30, 2010

    Jy het miskien nie my versoek by Ghaap raakgesien nie: Ek plak dit dan hier:

    Ek wil graag vir jou, en vir elke man wat hier lees twee dinge vra Ghaap:

    1 Is julle bereid dat julle vrouens lees wat julle hier, en elders geskryf het?
    2 Is julle bereid om ‘n foto van julle vrouens se borste, hulle onderklere of hulle cleavage hier, of op hulle werk se kennisgewingborde geplak word? Met ‘n nota daarby oor borskanker?

    Kan jy, Jan Twak, Ouboet, DSP, en ander mans wat reikhalsend gewag het vir foto’s eerlik hierop antwoord asseblief?

  7. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    My vrou kan dit lees, maar ek sal nooit toelaat dat sy haar borste op die blog ontbloot nie. Sy sal dit ook nooit doen nie. Selfs ‘n toetine besoek aan die gynae is amper te erg.

    Verantwoordelike getroude mans beskou dit as “privaat eiendom” sonder enige toegangsregte.

    Ek het baie begrip vir jou standpunt. Sien die stukkie wanderslust by ons manne as stout ja, maar nie kwaadwillig nie. Ek hoop jy verstaan. Ghaap het onbepland dalk ‘n reeltjie oortree, maar ons moet hom nie kwalik neem nie.

  8. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ek se die koppie wat amper ‘n dekade gelede laas in die Kaap en die span is op topvorm. Ek hoop hulle wen.

  9. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    MaanKind. Ek waardeer jou vriendskap baie en ek het baie respek vir jou. Ek vra onvoorwaardelik en nederig om verskoning as ek enigiets gese het wat jou ontstel het.

    Jy weet tog dat takt nie deurgaans my beste bate is nie. Ons kom uit dieselfde tydvak en dieselfde omgewing. Moet asb nie dat ‘n paar woorde in “ongelid” wat ek hoegenaamd nie sleg bedoel het nie, nou tussen ons kom le nie.

    Sal jy my vergewe as ek opreg erken dat ek die fight verloor het teen my meerdere? Jy sal ook erken dat ek jou betigtigings ter harte geneem het en beduidend my metaforiek nader aan die norms wat ons deel begin trek het.

    Sorry girl. Ek beskou jou as ‘n vriendin van statuur, nie ‘n opponent nie.

    I humbly rest my case in anticipation of your forgiveness.

  10. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Nederige verskoning op die stoep

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.