Ouboet die vredemaker se laataandboodskap

Oktober 29, 2010 in Sonder kategorie

Geagte vriende,

Is daar enige terrein waar mens makliker ‘n drol raaktrap  as in blogland?

 

Ek twyfel.  Vat nou maar vir vriend Ghaap. Hy skryf luisterryk oor die beste argitektoniese skepping van alle tye, die vrouebors, en snotklappe uit sewe windrigtings tref hom genadeloos.

 

OK, hy het ‘n foutjie gemaak en borskankermaand by die debat betrek. Foutjie, maar ouboet die vredemaker vergewe hom.


Toe Jan Nel poog om die saak te beredder, toe daag MaanKind hom uit om sy familiejuweel te blog.

 

Kom ons aanvaar Kammi se treffende boodskap: Kak gebeur. 

 

My laataandboodskap aan al my vriende is dus  kort en kragtig:

 

Sit die fan op low speed, voor ons almal raakgespat word.

25 antwoorde op Ouboet die vredemaker se laataandboodskap

  1. X-Rated het gesê op Oktober 29, 2010

    ons is maar almal net mense en soms doen en sê mens mos maar dinge sonder om te dink!

  2. louisna het gesê op Oktober 29, 2010

    Ek stem. Hoekom moet sommiges dan links en regs snotklappe uitdeel?

  3. Arme Ghaap het sekerlik nie bedoel om te wees wat baie daarin gesien het nie. Hoop daar kan vergewe en vergeet word.

  4. Is hier ‘n fight iewers?
    Ek beter op hoogte kom.

    Elkeen kan sy opinie lig – dis waarvoor daar ‘n “lewer kommentaar” blokkie is. Dis egter nie nodig om ander te laat sleg voel nie of om die skrywer te beledig nie.
    Ek gaan gou kyk waaroor dit gaan.
    Lekker dag, Ouboet

  5. TS het gesê op Oktober 30, 2010

    hehehe… ja dit was voorwaar nie ‘n die intellektuele gesprek nie

  6. Ja P … “kak gebeur”.

  7. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Dan moet hulle dit net saggies doen.

  8. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    en dan spat dit.

  9. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Beslis nie

  10. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ek het ook al baie Gs getrek en ek kan dink hoe voel Ghaap. Arme man.

  11. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Thanks denker. OK, die beter geslag is meer emosioneel en liggeraak as ons.

  12. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ek dink Ghaap het ‘n onbedoelde raw deal gekry.

  13. altyd ,,,

  14. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    en soms so onnodig

  15. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Thanks vir die ondersteuning Makkie.

  16. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Ek dink jy’s bietjie liggeraak. Ghaap het NIKS kwaads bedoel nie, en ja, hy het ‘n oordeelsfoutjie gemaak, soos ons almal soms maak. Julle vrouens sal nooit begryp hoe die bors ‘n man se denke in gedagterigtings kan stuur nie. Kom ons wees vriende sonder vennyn.

  17. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Anha, die laaste ding op aarde wat ek nodig het, is weer ‘n konfrontasie met jou. Sorry as jy my pos steurend vind. Ek voel net Jan is ‘n man van formaat, en die dag met sy welkome terugkeer trek hy onnodig vuur.

    Ek sien uit na ‘n dag wat ons as vriende saam ‘n koppie Earl Grey tee kan geniet en lag oor gister se foutjies.

    Mooi daggie vir jou.

  18. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Please Anha, ek wil nie weer fight nie. Ek ly nou nog aan bomskok oor ons fights. Sorry, ouboet wil net nice wees.

  19. UNPOCO het gesê op Oktober 30, 2010

    More Ouboet, daar is ‘n gesegde wat baie waar is “as jy aan kak vat, dan stink jou hande vir baie lank”.

    Sterkte met die kak!

  20. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Dankie vir die inloer. Ek wou vrede maak en toe trap en in een taai bol.

  21. weereens, goed hanteer

  22. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Dankie Antoinette, maar nou het ek weer ten minste 2 vriendinne wat kwaad is vir my.

  23. moet jou nie daar oor worry nie, vergifnis is die sterkste toets van ware vriendskap

  24. louisna het gesê op Oktober 30, 2010

    Thanks. Ek het gepost op die stoep en nou wag ek in spanning

  25. zephur het gesê op November 2, 2010

    Ek sien nou dat Ghaap se blog weg is…sug

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.