Beminde in stort

Oktober 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Tieneroë tuur deur riffelglas en stoom

en volg die kurwes van die vlees

So staar ek na jou my lam

 

sien ek jou soos gister toe ons

liefde verbode was

die begeerte warm

vlees op vlees was

die eerste drif hom in ‘n stil uur uitgewoed het

 

die jare van eensaamheid aangebreek het

elk, afgesny van mekaar, hul 

in die donkerte van afsondering

van drif en pyn verlos het

 

In hierdie eerste repies lig van

die nuwe begin staar ek na jou

my lam, word die wasigheid

van gister weer helder lig

 

Soos tieneroë deur riffelglas

na die spatsels van ‘n droom bly staar,

tussen stoom na die kurwes

van die vlees bly soek

 

So staar ek na jou

my lam

3 antwoorde op Beminde in stort

  1. louisna het gesê op Oktober 28, 2010

    Nooit. Ek het nog nooit iemand afgeloer nie.

  2. louisna het gesê op Oktober 28, 2010

    Thanks. Hulle se sensualiteit dring selfs deur die wasige bril van Alzheimers.

  3. louisna het gesê op Oktober 28, 2010

    Grootshede KAN nie onder die mat ingevee word nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.