Vir Kobus wat oor sy voorsate skryf. Drie geskenke

September 6, 2010 in Sonder kategorie

 

My navorsing oor die Naudé-familie het vir ten minste drie verrassings gesorg wat ek as kosbare geskenke beskou:

 


 

1) Philipp Naudé, die vader van die stamvader, was ‘n Professor in Wiskunde in Duitsland. Normaalweg begin genealogiese navorsing by die stamvader. As gevolg van sy kleurryke profiel het die Naudé-verhaal bykans 200 jaar voor die koms van die stamvader na Suid-Afrika behoue gebly. Philipp was ‘n veelsydige en unieke karakter wat besonderse statuur aan die verhaal gee.

 


Briewe tussen hierdie uitsonderlike karakter en die befaamde wiskudige Leibnitz het behoue gebly wat vertaal is en buitengewone kleur aan die kroniek gegee het.

 

2) Ek vermoed oupagrootjie JP Naudé en Olive Schreiner se paaie het dalk iewers gekruis. Die ooreenkomste is dalk net té toevallig. Die merkwaardige ooreenkomste tussen haar en oupagrootjie JP se verblyfplekke in die Oos-Kaap gedurende min of meer dieselfde tydperk, verdien spesiale vermelding. Skrywer Karel Schoeman se Boek Olive Schreiner. ’n Lewe in Suid-Afrika het ‘n besonderse bydrae tot hierdie kroniek gelewer.

 

 

3) Die dorp Bethal is deur Petrus Johannes Naudé, my groot-oupagrootjie se jonger broer, gestig. Hierdie geskiedenis is ook volledig gedokumenteer wat die navorsing baie vergemaklik het.

 


Lekker aand.

6 antwoorde op Vir Kobus wat oor sy voorsate skryf. Drie geskenke

  1. My voorsaat het as arbeider saam met sy heer na Suid-Afrika gekom. En ek moet nog altyd arbeidsaam wees!

  2. louisna het gesê op September 6, 2010

    Vors dit na en skryf daaroor. Ek het ook arbeiders in my voorgeslagte gehad. Die heel eerste Naude was ‘n muurbouer in Metz in Frankryk.

  3. louisna het gesê op September 6, 2010

    Dit was ‘n kerskaartjie wat deur die patriarg uitgestuur is.

  4. louisna het gesê op September 6, 2010

    Pragtig MaanKind. Dis so lekker om die familie se spore na te vors, en nalatenskappe te vind. Is suster jou junior? Gee haar jou gedokumenteerde verhaaltjies om tussenin te vleg. Julle kan ‘nmooi span vorm. Sy skets die geraamte en jy sit die vleis by.

  5. louisna het gesê op September 6, 2010

    Bewys hulle verkeerd. Genealogie is nie NET geslagsregisters nie. Dit is dood. Help ousus met die stories en roer die jam tussenin.

  6. It has fully emerged to crown Singapore’s southern shores and undoubtedly placed her on the global map of residential landmarks. I still scored the more points than I ever have in a season for GS. I think you would be hard pressed to find somebody with the same consistency I have had over the years so I am happy with that. 메이저토토사이트
    xgrf

Los ’n antwoord vir rosiemetdorings. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.