Huweliksontrouheid in die Victoriaanse tydperk

September 1, 2010 in Sonder kategorie

Rondsaai en derglike pret is geen nuwe verskynsel nie.

 

Groot-oupagrootjie J J (“schoolmeester”) was ‘n mens wat smart en teleurstelling gou kon verwerk.

 

Dit is nie bekend hoe lank of hoe goed hy (toe 61) die 25-jarige weduwee Johanna Smith geken het nie,  maar drie maande en sewentien dae na die afsterwe van sy eerste vrou staan hulle voor die kansel, gereed vir hul produktiewe huwelik wat 5 kinders opgelewer het.

 

Hulle is op 17 Oktober 1881 in Lydenburg getroud en het volgens korrespondensie aan die weesheer ten minste ‘n maand voor dié datum reeds besluit hulle is vir mekaar bedoel.

 

Mens wonder onwillekeurig of daar nie dalk iets, hoe gering ook al, tussen die twee “aan die gang was” terwyl JJ en Stien nog getroud was nie. JJ het besonder goed vir sy jare gelyk én hy was ‘n belese man, albei faktore wat ‘n onkonvensionele teorie in die bevange Victoriaanse tydperk ‘n hupstoot kon gee en ‘n deernisvolle verhaal volgens menslike wil en begeerte kon laat skik.

 

Dit kon dalk die afstand tussen ‘n (jong) ou man en ‘n mooi jong weduwee bereikbaar en meer toeganklik gemaak het. Dalk was Stien siek in haar laaste dae. Mens sal nooit weet nie.

 

Die volgende is inskrywing is in ’n kerkraadsnotule gevind. “Klagt brief tegen de heer D Naudé werd in de vergadering gelezen waarin hy beschuldig werd in gemeenschap geweest te zyn met mevrou Oneel (O’ Neil?), waarna ook een brief aan verg werd ingediend door deze Br en waar in hy belij dat hy zich heeft schuldig gemaakt aan de zonde van overspel en vraag aan verg zyn straf onmiddelyk uit te oevenen.”

 

Ofskoon detail in die notule ontbreek, word afgelei dat die rede vir D Naudé se belydenis nie ‘n eensydige daad was nie, en dat passie eerder as aggressie sy normale pad geloop het. “Op voorstel van Brs G du Preez en S Streicher werd deze Br voor 9 maanden onder senzuur geplaats.

 

Mense was maar ook net mense.

14 antwoorde op Huweliksontrouheid in die Victoriaanse tydperk

  1. “Mense was maar ook net mense.”
    Always has and always will be…
    🙂

  2. louisna het gesê op September 1, 2010

    Ja, dalk het hy. Ek wonder net hoekom 9 maande. Dalk koppel hulle sy oortreding aan die straftydperk.

  3. louisna het gesê op September 1, 2010

    So waar Thomas.

  4. louisna het gesê op September 1, 2010

    Jy’s baie skerp murphy

  5. louisna het gesê op September 1, 2010

    Murphy se antwoord klink heel skaflik.

  6. montess het gesê op September 1, 2010

    Sjoe, mooi storie. Ek weet van `n man in sy veertigs wat klaar met sy liefie (bar lady)skaars negentien jaar oud besig was,terwyl sy vrou die tweede op haar sterf bed met kanker was. Vandag is hulle gelukkig getroud met twee pragtige kinders. “SAY NO MORE”

  7. louisna het gesê op September 1, 2010

    Ghaap, as kenner glo ek jou

  8. louisna het gesê op September 1, 2010

    sjoe, lus moet darem nie die gewete vervang nie. Thanks vir die kuiertjie

  9. louisna het gesê op September 1, 2010

    They’ve been to town…

  10. Baie interessant

  11. Baie interessant

  12. louisna het gesê op September 1, 2010

    Thanks en welkom op die stoep

  13. jannel1 het gesê op September 2, 2010

    Met so ‘n hupse stamboom, moet ‘n man maar versigtig kyk en trap. Gene is ‘n moeilike ding om te oorkom 🙂

  14. louisna het gesê op September 2, 2010

    Waar woorde Jan. Dan het ek nog groot voete ook, wat fyntrap moeilik maak.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.