Hallo
September 30, 2010 in Sonder kategorie
Hoe gaan dit? Hier gaan dit baldruk. (Ou SANW & seuns idioom)
Groete tot later
Dienswillig die uwe
ouboet
September 30, 2010 in Sonder kategorie
Hoe gaan dit? Hier gaan dit baldruk. (Ou SANW & seuns idioom)
Groete tot later
Dienswillig die uwe
ouboet
September 27, 2010 in Sonder kategorie
Dankie aan almal wat so mooi gereageer het op my vorige pos oor my dilemma met Kleinboet en sy meisie wie se paaie dalk vir ‘n paar jaar tydelik gaan skei.
Miskien is therina se kommentaar die naaste aan dit wat ek graag wou hoor. Afstand vernietig nie noodwendig ‘n verhouding en die uiteindelike bymekaaruitkom en hereniging nie
Ja, ek het ‘n baie spesiale plekkie vir seun se meisie ontwikkel; die meisie wat altyd so opreg vra hoe dit gaan, wat smul aan my skaappotjies en my in die mooiste woorde daarvoor bedank, wat so sprankelend lag; die mooi meisie wat my seun so gelukkig maak; die meisie wat oral respek afdwing.
Na dekades in donker én lig sien ek ‘n troumeisie oor ‘n afstand van ‘n ligjaar raak, en sy staan reeds veels te naby.
In my geestesoog sien ek hulle oor 5 jaar steeds saam. Hulle hug en lag, en dink nostalgies terug aan die rooi lorrie en matriekafskeid 2010.
Ouboet maak speech en dink ewe nostalgies oor die toekoms; en koester die spreekwoordelike asembenemende deug en voorreg van die derde geslag. Bloed is dikker as water is sy laaste woorde voor die skare hul glasies lig.
Thanks therina. Ons deel nie verniet ‘n geboortejaar nie (give & take a few months). Daai jaar toe Bets die troon bestyg het, is great minds gebore. Sorry, ek raak emosioneel.
Die ou Engelse biskop se woorde “Hapiness is no laughing matter” sal ek ook iewers in die heildronk inwerk…. en ek hoop jy is daar om te luister…..
September 27, 2010 in Sonder kategorie
….jou jongste lieflingseun volgende jaar Stellenbosch toe gaan, want hulle is die enigste/beste ingenieursfabriek in die land wat wat sy eerste keuse aanbied…
… en sy skoolliefde gaan Tukkies toe oor soortgelyke redes
…en die spanning oor die “afskeid” loop reeds hoog kort voor die eindeksamen.
Los jy as ouer die situasie uit en verlaat jy jouself op markkragte? Of gryp jy in en raai die kinders aan om tweede keuses te oorweeg?
Is dit regverdig om van ‘n kind te verwag om…………….. ai ek wens ek het geweet.
Is true love in ‘n blomparadys 1500 km van jou meisie af haalbaar? Tukkies het Jakarandabome en Maties het Eikebome, maar abei gooi dieselfde skaduwee.
Vanoggend se vergadering het goed afgeloop. Intussen wag ek die burokrasie se verdere terugvoer met ‘n skerp pen af.
Groete tot later.
September 26, 2010 in Sonder kategorie
Draft zero is so pas klaar na 7 dae van 19 uur per dag se afsloof en koffiedrink voor die rekenaar. Môreoggend om 07:00 word die voorlopige produk aan die burokrate voorgelê.
Of die heuningkwas of die karwats gaan figureer is nog onbekend. In my beroep sit ek egter altyd die volgende inskripsie op bladsy een:
Please be hyperctitical. Remember:
I am therefore completely desencitised to any form of criticism.
Dan gebruik ek ruim die heuningkwas: It is firmly believed that the proceeds this visionary project will leave massive footprints on the uncharted landscape of the future.
Terwyl ek die inhoudsopgawe opdateer, raak die volgende stukkie slaai oor my vaardig:
Eendag
Sonder eendags is die lewe leeg
gewag vir net nog ‘n anderdag,
sê ons wat lank reeds weet van kanse
vat en dolos gooi, maar as die son
gesak het snerpend weet daar
is nog groen koring op die land
Groete tot later
September 24, 2010 in Sonder kategorie
Jammer therina ek plak nou eers Kleinboet se foto’s. Dinge wat my onmiddellike aandag geverg het, het so ROF gegaan, ek kon kwalik ‘n uur afknyp om te gaan kyk hoe die lorrie met sy kosbare vrag by die dieretuin se ontaalplek arriveer.
Dit was spectacular. Omdat die paadjie so nou is, het Kleinboet besluit om soos beplan nie die laaste paar tree self te bestuur nie. Die leertjie met rooi rose was ook nie nodig nie, want hy wou sy pragtige meisie van amper ‘n stewige paar maande self uit die enorme lorrie help. Toe gee hy ‘n bos wit rose vir haar.
Dit was reeds donker toe hulle opdaag. Rieks Towing se grootste lorrie het met die soetste klanke van sy dieselenjin wat soos ‘n kat pur, om die laaste draai gekom. Alle ligte van die sleepvoertuig was aan. Kleinboet het buite op die trap gestaan en sy meisie se hand deur die afgedraaide ruit styf vasgehou.
Die skare juig en ouboet kry ‘n knop in sy keel.
The eagle has safely landed en ouboet stap haastig terug kar toe om verder te gaan werk. Mammie bly agter en neem nog foto’s. Ek stap verby die lorrie, bel buurman Louwrens wat by sy tak in die Kaap is, en hy hoor in die agtergrond hoe sy lorrie pur. “Thanks pel, ek skuld jou.”
Die hoof bel my die volgende oggend en sê hoofseun sê speech uit die vuis uit was pragtig en meevoerend. Ouboet kry trane in sy oë. Dank Vader ek het boontoe getrou, anders was Kleinboet dalk net so orgeslaan soos sy pa.
Ja, daar was groot Merc’s en BMWs, selfs ‘n Model T-Ford en ‘n spoggerige driewiel-Harley wat paartjies afgelaai het, maar die rooi lorrie was tops.
Naskrif: Kleinboet moes die dansvloer met die hoofmeisie (sy vorige girl vanaf laerskooldae) open. Hy vra toe raad oor ‘n gepaste song en ouboet stel Don’t for get to remember me van die BG’s voor. Mammie reken toe die song sou sy meisie oor wie hy mal is mateloos ontstel en stel toe Freddy Mercury se We are the champions voor, wat volgens getuies toe foutloos afgeloop het.
Groete tot later.
September 22, 2010 in Sonder kategorie
Hierdie SMS ontvang ek van ‘n skoolvriend.
Vrou gaan vir ‘n fanny tuck . Sy word wakker na die operasie en sien drie ruikers langs haar bed. Sy lees die kaartjies:
1) Dokter skryf: alles het goed verloop en dit lyk mooi
2) Man skryf: ek kan nie wag totdat jy ontslaan word nie
3) Seuntjie in die brandeenheid van die hospitaal skryf: Dankie tannie vir my nuwe ore.
Lekker slaap
September 21, 2010 in Sonder kategorie
Jongste se matriekafskeid is eerskomende Donderdagaand. Die kompetisie om te kyk wie met die “grandste” kar daar gaan aankom, sit seun af. Toe besluit hy om buurman se hulp in te roep. Hy besit die grootste insleeptrok vir swaarvoertuie in die land. Hierdie grootste “meneer” in sy vloot kan glo 200 ton hanteer.
Vanmiddag oefen seun en ‘n instrukteur op ‘n stil pad met die trok, want hoofseun wil die massiewe rooi trok vir die laaste stuk tot by die dieretuin se spoggerige onthaalplek self bestuur. Hy het tot ‘n wit leertjie, wat mammie met rooi rose gaan versier, gereel sodat sy meisie mooi en ongeskonde in en uit die enorme trok kan klim.
Well done seun. In ons tyd was dit anders. Ek het met Pa se ou 1966 Ford Corsair daar aangekom.
MATRIEKAFSKEID 1971
Die meisies is vanaand aangrypend mooi. Veelkleurige skeppings versier hul bykans volmaakte kurwes en lenige soepel lywe. Vanaand lyk hulle anders, en in die vloeiende werklikheid van wasigheid en lig tas jy half onsamehangend maar sekuur na die buitelyne van ‘n droom; dit is asof jy uit ‘n diep slaap wakker skrik en nie kan glo wat jy om jou sien nie. Het hulle oornag vrou, of jy oornag man geword?
Vir ‘n vlietende oomblik vertroetel jy altwee moontlikhede, maar die patriargale orde wat die afgelope twaalf jaar in jou ingedril is roep jou tot jou sinne. Dis nog vroeg, maar meteens besef jy jy is ‘n ferm tree nader aan die droom van destyds, soos jy hom die eerste keer deur die spieëltjie op jou skoen leer ken het. Hulle ruik soos die mooiste rose en die tentakels van ‘n verruklike aand roep jou oorblywende sintuie tot hoër diens. Skielik besef jy die intense sagtheid aan jou verkennende hand is nie meer die standerd sessie wat jy natgegooi of gekoggel het nie. Hel ouboet, die girls het groot geword. Agttien jaar van jou lewe het skrikwekkend gou verbygegaan.
Matriekafskeid 1971 is hier. Die eksamen lê voor die deur, maar vanaand is jou aand. Vanaand rook jy daai Rhodesia Club sigaar met die plastic nipple voor whoever. Vanaand vat jy ‘n sluk of drie uit daai bottel gedokterde cream soda in die kar se “boot.” Vanaand is die groot aand. Vanaand los jy daai raaisel in die spieël op. Maar diep binne-in jou diepste wese is jy so half verlangend na mense en dinge wat jy nie ken nie.
‘n Taamlike groot hap van iets spesiaals uit jou comfort zone moet jy hier agterlaat. Afskeid was nog nooit so intens en finaal soos vanaand nie.
September 19, 2010 in Sonder kategorie
More is die tyres weer behoorlik op die teer. Intussen leer ek elke dag nuwe goed oor grense wat vervaag en ou mure wat afgebreek word
Breek die hoë mure af
en lê weer lekker knus
lag en speel met
hulle naby ons want
almal is soos van
ouds weer bure
burokrate sien gul gatte op
die wiel wat vinnig draai
Copernicus se wet is
globaal gesproke dus
die dun spil van
die nuwe siel
Ek moes die sad se skyn
in jou vlak oë kon lees
die afdraaipad se kronkels
teen jou bors kon voel
Tog het ek soos ‘n
maagd in wit lakens
geglo
en gehoop die los
skakels haak iewers
aan vastegrond vas
maar toe ek wakkerword was
die sku kontoere van jou lyf
‘n grouswart hersenskim
die dag tentakels in
lig en duisternis
verwring
verdig
verlaas
alleen
en
ek, helaas
skreiend
stoksielalleen
Groete en lekker week.
September 18, 2010 in Sonder kategorie
Ek werk so hard ek het nie tyd om op die stoep te ontspan nie. Toe plak ek maar ‘n ou resitasietjie vir die dames, net om te wys ek dink aan julle.
Alles moet klaar wees
maar as alles volmaak is
wat doen ons dan môre?
Die tong se fyn struktuur
is los vandag
soos wat ons mekaar troos
soos Bontrok
haar kalf moederlik lek
Die skugter hap aan die
malssagtheid van ’n fyn verlede
troos ons in die uur wat kap
Die brose tik van die beitel
is nog te traag vir swaar woorde
Die tong se fyn struktuur
is los vandag
soos wat ons mekaar troos
en boaardse vrede vind
in grou eergisters
se blink oormôres
September 17, 2010 in Sonder kategorie
Ons werk aan 'n projek oor die opvoeding en opleiding van Suid Afrikaners. Dit laat my dink
Today's Inspirational Quote:
"Education is a wonderful thing. If you couldn't sign your
name you'd have to pay cash."
-- Rita Mae Brown
Onlangse kommentare