Voz jy’s stil

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

Die  warrelwind het stil geraak

maar toe die uur van waarheid

aanbreek het my lied op sirkels

stof gekrap en soos die Recycle Box

se Empty-skuur van die kliek geklink

 

Tot laataand sou ons nog probeer

om deleted files te resurrect maar

nuwe warrelwinde sou ons spore

opsuig in die duister kolk wat sirkels

stof tot plaak vergader en sonder

 

disseldons se sagte val sou ons deur

Windows kyk en helaas besef die

landskap van die pen is soms so

rubberloos van format en delete gespeen

7 antwoorde op Voz jy’s stil

  1. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Selle daar maatjie.

  2. VozSola het gesê op September 1, 2010

    Môre Ouboet…
    Voz dwaal in die vlaktes rond…

  3. louisna het gesê op September 1, 2010

    Lyk soms so. baie van die goed is jare gelede geskryf en word net geplak. Thanks vir die laatnaginloer.

  4. louisna het gesê op September 1, 2010

    Onthou, die kuber het ook vlaktes.

  5. zephur het gesê op September 1, 2010

    Darem is sy hier iewers in die agtergrond…

  6. zephur het gesê op September 1, 2010

    Heerlike Lentedag vir jou OuBoet

  7. louisna het gesê op September 1, 2010

    Selle daar Zeppie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.