Vergaderings

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Wie hou van vergaderings?  Nie ek en Thomas nie. Vergaderings met burokrate is soveel erger. Vanoggend toe ek tydens ’n vergadering via die Blackberry blog, toe gee MaanKind my ’n oorveeg.

 

Vergaderings laat my dink aan ‘n opmerking van tuiningenieur Wilson so ’n tydje gelede.  Ons was weg vir die naweek. Toe ons terugkeer lig Wilson ons breedvoerig in oor alles wat itydens ons afwesighed gebeur het, onder andere dat vriend Rassie daar was.  Ek vra hom toe wat het Rassie gesê.  “Hauk, baas Rassie hy’t baie gepraat. Hy’t fokol gesê en weer gery.

 

Sommige vergaderings is soos sepies. Jy kan lank wegbly, of indut, en niks mis nie.  Hoekom ry ons steeds kilometers deur verkeer vergaderings toe? Telekonferensies en Skype wat tot ’n halfuur beperk is, is tog meer effektief en lonend, maar gaan vertel dit vir ‘n burokraat wat tjeks teken.

 

 

Lekker dag verder.

9 antwoorde op Vergaderings

  1. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Hallo Ekke. Mooi dag verder

  2. Ha,ha ja ek is saam met jou en Thomas op hierdie een!

  3. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Pragtig. Ek s so bly julle stem saam.

  4. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Thanks Kelly. More het ek weer een. Kry my jammer asb.

    Hoeveel dae nou al? Seker 12+

  5. zephur het gesê op Augustus 31, 2010

    Ek haat vergaderings…vir my is dit ‘n mors van tyd…veral as daar 3 ure lank vergader word om iets te sê wat 10 minute kon neem…

  6. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Spot on. Ek is ‘n swak luisteraar, veral as praters nie die etiket van tyd ken nie.

  7. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Baie nare ding. Ek hou ook mense dop en luister net sporadie waar dit saakmaak.

  8. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Pragtig. Baie sterkte. Tel nou dosyne, dan maande, maar jy sal voor dit ophou tel

  9. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Jy dien in waardetoevoegende vergaderings. Well done. Ons slurp burokrate wat tjeks tenken se verbale oratorie en stront op.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.