Die geskiedenis is besaai met vertelbare stories

Augustus 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Stamvader Jacob Naude kom in 1718 in die Kaap aan. Sy storie het my aangegryp.

 

Arme Jacob het seker na sy ma verlang toe hy met ‘n vrou 10 jaar sy senior en wat reeds 8 kinders gehad het, getrou het. Hy was toe 27 en sy 37 jaar oud. Susanna moes ‘n besonderse mens gewees het om die jong man so te betower. Sy sterf 2 jaar later en laat ’n jong wewenaar agter.

 

Eintlik was Jacob reeds van effens gevorderde jare toe hy in die huwelik getree het. Slegs oupa Lewies was ouer toe hy op 29-jarige ouderdom die knoop deurgehaak het. Dit moet egter ook gesê word dat die ruwe Kaap in daardie jare relatief baie min inwoners gehad het, veral vroulike inwoners, en dat die keuse van huweliksmaats baie beperk was.

 

Het Jacob met sy baie stiefkinders ooit weer die voorreg van ‘n vrou in sy arms ervaar, of het hy hom op die opvoeding van sy kinders toegespits? Stomme man, om vir 48 jaar sonder vrou te wees moes seker ‘n geweldige beproewing gewees het. Of was dit?

 

Hierdie man se storie gryp die verbeelding aan.  Hy verlaat sy beoorteland as 22-jarige, hy was slegs 2 jaar getroud, en op 30 maak hy baie kinders groot. Volgens alle aanduidings trou hy nie weer nie. Of hy selibaat gebly het, kon volgens beskikbare bronne ook nie vasgestel word nie.

 

Ek is seker daar moet baie los drade van sy lewe iewers rondlê om ‘n mooi storie oor te skryf

11 antwoorde op Die geskiedenis is besaai met vertelbare stories

  1. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Nee, jy is spot on.

  2. TS het gesê op Augustus 31, 2010

    Het sy hom goe nagelaat? Dalk was hy nie ‘n baie vurige jong man nie? Hy het dalk eerder ‘n ma gesoek… en vroue het nie baie oud geword nie. Het hulle ‘n kind van hulle eie by die 8 gevoeg?

  3. sou nogal graag wou meer weet

  4. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Ek het sy hele geskiedenis gedokumenteer in ‘n hoofstuk, maar ek soek meer oor hom as mens tussen die girls.

  5. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Ek het sy hele geskiedenis gedokumenteer in ‘n hoofstuk, maar ek soek meer oor hom as mens tussen die girls.

  6. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Kammi, ons dink dieselfde. ‘n Man behoort nie alleen te wees as die vetkers doodgeblaas word nie.

  7. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Sy was redelik welaf. Die boedeldokumente lys haar besittings: Silwerare, ‘n plaas en mooi goed.

  8. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Hy het een seun, ook Jacob, by haar gehad, waaruit ons afstam.

  9. Druktyd het gesê op Augustus 31, 2010

    Ditto

  10. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Baie waar. Ek wens ek het Karel Schoeman se insig en woorde gehad.

  11. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Nou maar laat julle ook begin skryf.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.