Teenpole van die lewe

Augustus 30, 2010 in Sonder kategorie

 

’n Ou vriendin kom gisteraand kuier en vaar uit oor vandag se jeug, verwysende na haar eie spruit se grepe op die lewe: “Vandag se kinders wil net suip en spyker. In ons tyd was dit so anders……   Die debat word filosofies en betree die ontstuimige vaarwaters van die lewe en sy skreiende kontradiksies.

 

Die eie ek-sindroom vervaag soos wat konsensus plek plek plek oor ons vaardig raak. Die gesprek raak guitig toe ouboet meld dat ’n enorme penis op die plaveisel in Pompeii die rigting na die huis van plesier aandui. Milleniums voor die geboorte van Christus was daar al sedebewakers én pretsoekers.

 

Toe filosofeer ons diep. In ‘n deurmekaar wêreld wat toenemend deur versoening tot orde geroep word, is daar ook ongekende vrese en vyandskap, haat en versplintering. 

 

Te midde van ‘n groeiende besef van geestelike en godsdienstige verdieping vind ons ook groter afvalligheid. ’n Groter besef van die waarde van moraliteit en behoudende lewenswaardes word deur losbandigheid bedreig. Dreigende resessies en ekonomiese voorspoed bly onafwendbare teenpole. Mense maak oorlog en bepleit terselfdertyd vrede. Die mens is voortdurend uitgelewer aan skreiende teenpole van die naakte werklikheid van die lewe. Op die keper beskou, is hierdie teenstrydighede die verhoog en décor vir die ontplooiing van lewenspel. Teenstrydighede maak die lewe veel meer interessant, én lekker.

 

Die agitators loop voor en word gevolg deur die bemiddelaars, die aggressiewes soek skoor en die terapeute lei koud. Amper soos op die blog.Homeostase en ekwillibrium sal bly skommel, net die markkragte sal voortdurend verander.

 

Die toekoms is inderdaad nie meer wat dit eens was nie, en nader aan die lyf, tog so dieselfde..

 

13 antwoorde op Teenpole van die lewe

  1. Stem so saam met daardie laaste sin van jou

  2. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Ja dis baie waar. Ofskoon die sedebewakers bly preek, hou hulle nooit op droom nie

  3. stem saam met jou komentaar moet net nooit ophou droom nie

  4. … praat jy …

  5. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Praat en droom..

  6. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Tog so waar

  7. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Vat vyf op die vaste ses..

  8. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    ek het ‘n briekstreep bitumen vir jou gelaat.

  9. Spyker op die kop.

  10. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    ….en hart onder die riem. Thomas, jy’s skerp.

  11. Lyflike plesier is totaal en al vir die self, selfsugtig.
    Die kinders kan nie besef dat die aarde se as nie om hulle draai nie.
    Tsk….

  12. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    So waar Lou.

  13. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Thanks Kelly

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.