Al 31 jaar van genade….. Lekker dag vir julle ook

Augustus 29, 2010 in Sonder kategorie

Ouboet het in die week die mylpaal van 31 jaar binne die selibaat-na-buitentoe-staat op die smalweg van die heilige instelling genaamd die huwelik bereik. Ons gaan dit vanmiddag  vier in ‘n Portugese restaurant wat 1kg steaks (my gunsteling) en sushi (mammie se gunsteling) bedien.

Een-en-dertig jaar is drie jaar meer as vierkeer die seven year itch. Sjoe! Maar mammie is ‘n manjifieke vrou en rolmodel as moeder. Sy is spreekwoordelik my beter helfte in alle opsigte van die wandelpad.

Sy het gisteraand meer as ‘n uur met ouboet jnr oor die waters gepraat en hom sinvolle raad oor die mooi Vlaamse pop gegee.  Hy is mateloos beindruk met die feit dat sy hom in sy moedertaal verstaan. Soort van, die res kommunikeer hy in Engels, of nie verbaal.

Kleinboet leer vir die rekordeksamen, maar hy sal ‘n uur of meer afknyp om ons te vergesel. 

Vlaamse pop laat my aan Vlaamse kant dink, en die resitasietjie wat ek tydens haar halfeeuwisseling aan haar opgedra het laat my besef dat ek  ver bokant my vermoëns getrou het:

Vyftig

Die mosaïek van saamwees

simfonie ‘n bruidskleed

net vir jou

Die stories op my hande

stol in vyftig soene:

een vir elk van jou seisoene

Memory lane

se hek het wit omboorsels,

veel witter as die peerboomblom

Die wysies van ons jeug

is Vlaamse kant

Hul repies skik en

jaag nog vyftig soene

voor die one-way skemer

oor ons vaardig raak

27 antwoorde op Al 31 jaar van genade….. Lekker dag vir julle ook

  1. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks Modderkoekie. Ja dis ‘n lang tyd saam.

  2. Baie geluk en mag daar nog vele wees.

  3. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks latino. Ek waardeer.

  4. borrels het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie geluk Ouboet, geniet die ete.

  5. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks borrels. Ons maak so.

  6. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie dankie Kelly.

  7. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks Annemari.

  8. Sê vir haar baie geluk dat sy so lank met jou kon uithou! :¬}

  9. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks Rosie. Ek moet erken sy verdien ‘n akkolade.

  10. vir jou pvt boodskap ook gestuur

  11. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks. Ek het so pas daarop gereageer.

  12. Akkolade. Baie soos sjokolade, net jy word nie vet daarvan nie.

  13. Geluk Julle! Gaan julle dan ook iewers vanmiddag maak soos wat Roosdoring onlangs beskryf het. Dit is hoeka Sondag!

  14. Baie Geluk! Dis glorious.

    (En dankie, vir die woorde daar by my)

  15. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Ek sal gaan soek en try thanks

  16. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks en groot plesier

  17. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie dankie. Ek hoop ook so.

  18. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie dankie Kokomo.

  19. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie dankie Eaven.

  20. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks. Met my familie se sterftegeskiedenis gaan ek dit dalk nie maak nie, maar baie dankie.

  21. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Thanks. Dis dis nou reeds aand, maar wie weet?

  22. Ons is 35 jr getroud, so ek kan saampraat.
    Geluk met uithou en bekhou en maak werk.
    Nou kan ons relax en mekaar se gewoontes aanvaar en let it be…dis so maklik (nou)

  23. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Ja Lou. Ek en jy kan saampraat. Drie dekades plus saam wil gedoen wees, ai en doen is so lekker.As ek ‘n som gaan maak wil ek dit gladnie anders he nie.

  24. louisna het gesê op Augustus 29, 2010

    Baie waar. Thanks

  25. louisna het gesê op Augustus 30, 2010

    Baie dankie. Ons waardeer.

  26. Baie geluk Ouboet – klink ‘n glasie op nog vele meer.

  27. louisna het gesê op Augustus 31, 2010

    Baie dankie Charms.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.