Pitkossies

Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie

 

Tydens genealogiese navorsing kom mens soms op juweeltjies af wat jy boekstaaf om die saai geslagsregisters op te helder:

 

Oom Jannie onthou dat ouma op ‘n keer baie siek was en dat sy deur ‘n sekere Dr Albertyn behandel is. Dr Albertyn het ouma op die plaas besoek en as deel van sy ondersoek het hy gevra of ouma al ‘n wind gelaat het sedert sy siek geword het. Toe sy bevestigend antwoord, het hy gesê hy kom agter dat die “kwaad besig is om uit te werk” en dat haar toestand reeds “gedraai” het. Hy het gesê ouma sou gou weer gesond wees, en sy was.

 

Tannie Bes skets ’n waarheid: Die tydperk tussen geslagsrypheid en die voltrekking van die huwelik was in daardie dae dus baie korter as vandag. Die tyd vir foute was dus minder, en tog het glipsies hier en daar soos ‘n dief in nag die ingesluip om die heersende orde en waardes van die volk te versteur. Die oorgeslaandes van die lewe het die nuus van die oortreding soos ‘n veldbrand deur die kontrei versprei. Praat sag maar slaan hard is die onderliggende strategie, selfs vandag nog. Normale mense wat voortydig met die verstommende krag van die vlees kennis maak het min begrip vir hierdie  gedrag, wat deurspek is met intense afsku én groot onderliggende verlange.

 

Ouboet skryf: ‘n Insident tussen my en pa wat ek tot my sterfdag sal onthou was die keer toe ek vir ‘n mediese ondersoek moes gaan voor my militêre diens. Die ou voor my het dit nie gemaak nie vanweë verskeie ongesteldhede. Die beampte het ‘n uitvoerige relaas gegee oor hoekom hy nie geskik is vir militêre opleiding nie. Toe hy die ou uiteindelik oortuig, het hy ‘n treffende slotopmerking gemaak: “Jou p.. ( die bekende drieletter woord vir urine) is al genoeg rede om jou uit die Army te hou.”

 

Toe ek pa die aand oor die insident inlig,  het hy gelag soos ek hom in my lewe nie hoor lag het nie. Hy het maande daarna nog oor die insident gelag. Hy wat kan lag het vrede, en dit is soos ek my pa onthou: ‘n vredemaker.

10 antwoorde op Pitkossies

  1. Verbasend dat die armie tog destyds mense kon afkeur – ek onthou die armie as kanonvoer soekers.

  2. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Hallo pel. Bokke gaan wen. Lekker naweek.

  3. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Afgekeur ja. Hulle was die G5′ genoem. Properly opgevoeter.

  4. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Tyd dat jy bykom. Daai storie van jou oor eerste skooldag en baie ander MOET in ‘n familiekroniek verewig word. Los iets vir die nageslagte.

  5. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Ek glo daai wind het die soel oggendlug aromaties gevul.

  6. So, daai ou sou die verf van die weermag karre kon afpiepie met sy piepie.

  7. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Soort van. Ek vermoed hy het sif onder lede gehad. Bokke gaan wen.

  8. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Gelukkig was die baard eenmalig met die uitgee van die boek. Ek wou lyk soos my voorgeslagte.

  9. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Hallo Makkie. Welkom op die stoep, soos altyd

  10. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    My pa was my held. Thanks.

    Sterte met die ondersoek. Dalk ‘n surprise?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.