Iets oor die rugby

Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie

Welgedaan. Oz was briljant, maar hulle  is deur  ‘n veel beter span gewen. Die soplepel gaan nie in SA pryk nie. Arme Deans. Lyk of daai man iets ruik en dit is nie Poison-parfuum nie.

Wie gaan op no 9 uitdraf vir WB 2011? Fourie duP of Hougaard? Ek geniet rugby reeds dekades en lanklaas het ‘n no 9 my meer beindruk as Hougaard.

Generaal Matfield se 100 het skaflik afgeloop. Sy mooi vrou en pragtige dogtertjies komplimenteer sy statuur.

Ek dink Juan Smit is ons ideale WB 2011 kaptein. Wat dink julle? Ofskoon ek en Kammi nie altyd saamstem nie, weet ons gelukkig albei dat daai man  briljant is. Dink net hoe gaan hy Saterdag voor sy tuisskare pesteer?

Arme Habana? Hy het vandag iets in sy hande gehad, en dit was nie tjoklits of ‘n bal nie. Onthou WP. ‘n man is net so goed soos sy prestasie in sy laaste game.

Ek gaan nou ‘n paar bruisdrankies van vanmiddag met ‘n rooiwyntjie veredel en mammie se osstertgereg wat al van vroegoggend af in die slowcooker my maagspiere koggel, karnuffel.

Groete tot more.

12 antwoorde op Iets oor die rugby

  1. pasella het gesê op Augustus 28, 2010

    Net so Ouboet. Ek het so ‘n vuil spesmaas Rallepelle
    gaan die volgende kaptein wees. John Smit behoort met grasie uit te tree.

    Verlos my uit my onkunde, watse menstruasie strepe het die ouens op hul bene?

    Geniet daai edel vog! Ek doen dieselfde!

  2. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    menstruasiestrepe = seker periodewiseling.

    John Smit se toekoms le in die verlede.

    Geniet daai lekker glasie nektar uit die wingerd.

  3. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Lyk of jy baie van die game weet. Well done!

  4. Ek se net cheers op die bokkies.
    Die glasie is halfleeg.

  5. Neander het gesê op Augustus 28, 2010

    Goeie game, met Hougaard vooraan.
    Kaptein? eish ek weetie!

  6. gidivet het gesê op Augustus 28, 2010

    Ag ek is so bly die game het jou hart blygemaak.

  7. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Thanks. Stert was lekker. Nou blog ek weer.

  8. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Kammi, ons dink dieselfde, al verskil ons lojaliteite soms. Wie is beter as Bismark? …en blou VdHeever word totaal en al misgekyk.

    Uli was OK, maar onder ses voet en onder 200 pond sal hy dit moeilik in vandag se game kon maak. Die meeste agterspelers is vandag groter en vinniger. (Komende van ‘n Bul) Sorry ek weet die grootte-argument is belaglik, maar Bismark se size tel.

    Om te dink sommige slotte van ouds was kleiner as vandag se agterspelers.

    O ja, Toks het pragtig gesing

  9. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Thanks gidi. Inderdaad.

  10. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Ten minste verdien Juan sy plek in die span. Wie anders? Matfield dalk?

  11. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Gooi vir Pappa Beer ietsie ligs in. Hy verdien dit.

  12. louisna het gesê op Augustus 28, 2010

    Top daai glasie op. Ek het dit so pas gedoen.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.