Die sondes van ons vaders en moeders
Augustus 28, 2010 in Sonder kategorie
Thomas se puik stuk vanoggend het my genoop om ook ’n eiertjie te lê.
Sondes was daar altyd en sondes sal daar altyd wees, van die oerknal tot ad infinitum.
Die Victoriaanse tydperk word voorgehou as die kulminasie van kuisheid. Eina. Selfs haar majesteit het na die dood van Albert blykbaar ’n noue verbintenis met haar ghilli (perdeoppasser) gehad. Of hulle gekiele het is onseker.
Vele “dogters“ het in hierdie kuise tyderk spreekwoordelik op die paal beland. Dan het hulle bloot die laat huwelik as gevolg van die gebeure agter die kraalmuur as ‘n vroeë geboorte probeer reglieg.
Toe ’n niggie in die laat sestigerjare dieselfde oorkom, is sy met die tong gestenig. Hoekom???? Sy het niks erger gedoen as haar oumagrootjie nie.
Gerbrecht
Jou somber beeld
ets pyn af teen die
dowwe kiekiemuur
Jou hande wys die
was en aanhou
was in kouewater
Jou oë is strak, vol goeie
evangelie: genegawes
van jou groot familie
Jou tenger lyf was
eenmaal jonk, so
lees ek in die boek
In die stiltetyd van
majesteit Victoria
lank voor broeikaste
vloei uit Calvinisties
uitgesoekte genepoel
die volle evangelie:
‘n fris knaap knap
‘n halfjaar na
die eg gebore
rosiemetdorings het gesê op Augustus 28, 2010
jou oumagroot gaan jou nog aan die groottoon kom beetkry omdat jy haar so bespreek
TheAfricanNewsferret het gesê op Augustus 28, 2010
En oepsie was die tonge venynig wanneer so bietjie ander mens se kerk “vows” of die waterverfkwassie ook bygekom het. Ook maar goed ek kon nooit ‘n teiken met klip raak gooi nie en het maar oop oor bek gehou.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Ek wag al jare dat sy met my moet kom gesels.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
…nie bang vir spoke of geraamtes in die kas nie.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Die verlede (en hede) is gul met oepsies gesaai.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Nooit! Lyk dit of ek suffer?
loudavisi het gesê op Augustus 28, 2010
Niks onder die son is nuut nie.
rosiemetdorings het gesê op Augustus 28, 2010
ek weet jy sal haar graag wil ontmoet. Maar die feit dat sy nie kom nie, is omdat niks haar dryf nie, sy is tervrede waar sy is.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
….onder die maan ook nie. Thanks. Lou. lekker naweek
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Is jou broer ook so goed soos ek?
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Baie waar, en netnou kom klap sy my oor my stuitigheid
salparadise het gesê op Augustus 28, 2010
Ek is versot op sulke ou foto’s,hierdie laat my terugdink aan n geraamde foto wat in my ouma se huis gehang het van haar ouma en oupa(ek dink).Die foto het ook hulle seun tussen hulle gehad maar sy kop was uitgevee omdat hy n alkolis was,kan jy dit nou oorvertel!
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Elke huis het sy kruis en elke familie sy skandes.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Nou gaan ek rugby kyk en ietsie ligs ingooi vir die spanning. 27 16 in ons guns. Generaal Matfield gaan 100 vier met geen pynvertrekte mondhoeke nie.
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Spot on Ghaap. Wie raak goed sonder oefen? Wie koop ‘n duur kar sonder ‘n test drive?
louisna het gesê op Augustus 28, 2010
Sout van die aarde. My ma sou in die sewentings gese het stout van die aarde. Intussen het sy insig gekry