Jy blaai in die argief vir 2010 Julie.

Somber huweliksmomente. Ouboet toets die randmetafoor; dié keer stylvol in stilte

Julie 22, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet vermoed dat die meeste getroude mans wat die buitengewone voorreg beskore sou wees om tussen ’n snotklap en ’n stilstuipe-aanval te kies, wangdraaiend eersgenoemde opsie sal omhels en die swaaiende gevolg dan ook dienswillig en vreugdevol sal afwag.

 

Ons weet almal dat die heilige instelling van die huwelik nie aldag risikovrye vaarwater is nie, selfs vir kategorie 1-oortredings soos die vergeet van ’n verjaarsdag of die miskyk van ’n nuwe haarstyl. Ons weet almal dat die dag wat jy ophou foute maak, jy die opwaartse leerkurwe in trurat sit.

 

OK ouboet, hou op stotter en gee ons die punchline: Goed, sommige van ons, meestal mans, ken die verwoestende plofkrag van stiltes.

 

Mans wat by SAW & Seuns second beat by ’n ammunusieopslagplek gestoot het, weet hoe stiltes soms kartetse in vreesbevange gedagtes laat ontplof. Selfs ’n kleutermuis wat saggies poep laat jou instinktief daai R1 span.

 

Stilstuipe

 

Stiltes met ontbyt is

plek plek hoorbaar in

bewegings en gebare

 

Middagcalls word stil

begroet met soveel

langer stiltes tussenin

 

Maar teen kooityd raak

dit snerpend stiller en

koudsweet stol in stank

 

Met liggies af word selfs

die reinste lakens suur en

StaySoft word ’n stil bevel

 

Tensy stiltes oor ’n glasie cabernet skuins na sonsak oor jou vaardig raak, vekies ouboet dialoog. Hoe voel die manne, en wat pleit die dames?

 

Soms kry mens skaam oor jou eerste dolosgooipogings

Julie 21, 2010 in Sonder kategorie

 

Ou meesters se kabbelende waterstroompies en maanbepoeierde nagte het seker die meeste van ons se lewenspaaie op ’n vroeëre stadium van mensword gekruis. Ja, kwatryne op servette het het seker daartoe bygedra om permanente selibaatskap af te weer, maar ai tog, sommige vroeë dolosgooie maak mens nogal skaam.

 

Herontmoeting

 

Ons staar na hemelsterre en

die maan staar saam, en as stil

getuie van ons saamwees gooi

sy donker kant ’n skaduwee

oor leë gisters wat verby is

 

Die spel tot nanag was ons tenger

brug tot weer ontmoet en uitreikdrome

droom wat in mekaar gestalte vind

 

Teen eerste oggendlig het wasems

sproei gestol en jou sagte hande het

vir oulaas treursaamtrane afgevee

Outopsie van moedergeskepte tragedies. Tot op datum ouboet se hartseerste pos

Julie 21, 2010 in Sonder kategorie

 ’n Reus onder die skerpste woordvirtuose van die Afrikaanse dramalandskap, die driekwarteeu-gebreidelde grootmeester PG du Plessis, het jare gelede ’n briljante koöperasiestorie geskryf wat die bespottingskrag van die rokspand tog so treffend illustreer.

 

Let wel ouboet het GEEN moeder of sinsoekende enkeling op die blog raakgelees wat hoegenaamd die wrangsuur wande van onderstaande tragiese afgrondresitasie eers rakelings probeer verken het nie.

 

Humor grens soms aan die hartverskeurendste  hartseer. Stoepleseresse gaan dalk ’n traantjie wegpink.  Therina, Sonel Rosie, Voz, Kelly en ander deugsame moeders gaan uit dankbaarheid dalk net in afsondering hartverskeurend die moederkamer van die binnetraan betree. Onthou net, ouboet staan gereed met sy vingerpunt-tot-vingerpunt 2.01m lange uitreikarms om julle in die betraande soeltes van die koel oggedlug te hug.

 

MaanKind, lang omvouarms kon dekades gelede dalk nog in eensaam oomblikke poog om kurwes 360º rakelings te verken, maar nie vandag nie, welwetende dat omvouarms wegklaphande tydens omhelsing tog so knus kon fnuik. Bakhande wat sporadies voltes kon vind, is grou geskiedenis met read only options in braille wat puntig wink in die hard disk van soveel memories, ai tog, so skramsgeleef

 

Kwatryne op servette het sedertdien in strofes gegroei en het vandag ’n somber ondertoon; ’n sad een.

 

Mammie bespot haar kind groot

 

Rokspandvasgekeerde Jannie

soek ’n stem en mammie skree

hom luid toe voor die skares:

Pragtig, welgedaan my Jannie.

D-d-ank-kie m-m-mam-ma stotter

Jannie onder begeleiding voort

Jannie hou kajuitraad en besef

iets rym nie, nie vandag nie;

ook nie hakkelmôres nie want

skugter gisters skif in hartseer

woorde hoop wat kwylend sing

in ylgesaaide aanvangsnote

Mammie, salig onbewus van

genepoel se wrang en wrede lot,

eer haar selfgeskepte loot, streel

haar skeppingskloof, en glo onwrik-

baar vas sy eer die Tien Gebooie

Blurring edges

Julie 20, 2010 in Sonder kategorie

Die ruigtes bolangs skeur gedagtes los

Die maan se wit verdig tot voorjaarwens

 

Kyk, alles is dan so dieselfde

 

Net die vlaktes sonder nuwe uitspruitlote

wat mooiaandspore op papier verdun

 

en knop in keel die sprokie van

die wit peerboomblom vertel

Net vir metafoorliefhebbers 2

Julie 20, 2010 in Sonder kategorie

 

Alle stasies maak voorsiening vir die realiteite van aankomste en vertrekke.

 

Intussen het ouboet wel 2 vriende verloor en tydens die vorige rapportering een bygekry.  Hierdie een het intussen met twee gegroei tot drie. 

 

Baie welkom aan die nuwe stoepsitters.Hou in gedagte dat blaasbeheer nie gewaarborg word nie, maar ai, ons kuier tog so lekker.

 

As stoker tydens sy jeugjare ken ouboet van stasies. Met ’n Tukkie T-shirt op die Pretoria-stasie trek selfs ’n oorgeslaande telg aandag.  Dan volg goedbedoelde kwatryne op servette.

 

Mag julle dag buitengewoon besonder erg lekker wees.

Net vir metafoorliefhebbers

Julie 20, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet het lanklaas ’n resitasie geskryf, lanklaas (indien ooit) blogs gekaap en lanklaas so lus gevoel om die renssuur droesem te stir soos nou.  After all, we pass this world but once. Kammi, Voz & Ekke et al, ek wens vir ’n vlietende oomblik almal het oor julle raakleesvaardighede beskik.

 

Kajuitraad

In die wye wandelgange

van die blog se saamloop

van intriges en gedagtegange

bly die stoep die kruitvat van

emosies wat die senu

van geleefde gisters soms tot

breekpunt span, en wat  tog

soms so helder skik in grepies

menswees en begrip as

ware vriende ouboet hug en

drolle en kartetse ignoreer

Koester dus daai ongeoeste

ondergoedjies as verloopte harte

onder ylgedroomde riem

 

Vir die rekord: Ouboet het sedert beweerde blogkaping een vriend(in) bygekry en 2 verloor. Kan ek met 83 oorgeblewe vriende cope? Of die stoep of die stasie bly julle keuse. Ek is aangeraai om myself te gaan vind. Ek soek nie meer nie, reeds dekades lank. Die volgende trein Maklouvlei to vertrek oor 5 minute. Die stoep bly egter oop, 24/7. Some you win, some you lose. 

Hoekom blog ons?

Julie 19, 2010 in Sonder kategorie

Jammer ek verveel julle dalk met ’n dom vraag met oorbekende antwoorde. Tog wil ek enkele gedagtes in julle midde laat:

 

  • As mens soos Kammi, Voz, en verskeie ander die woord kan gooi en welverdiende erkenning daarvoor kry, maar nooit darvoor soek nie.
  • As mens soos Kobus jare se wysheid met ander kan deel, sonder om enige erkenning te verwag en dit ruim kry maar in jou agterkop weet jy voeg waarde toe
  • As mens soos Sonel en therina vol lewensvreugde is en dit strelend vind om dit met ander te deel
  • As mens soos Neander baie weet, wat die leek nie sommer sy oog op gooi nie, met ons te deel
  • Ghaap, jy weet ek admireer jou blogs, maar dalk moet ek daar rapporteer en nie weer in die spervuur beland nie.
  • As mens soos Anha ‘n mosaïek van menswees eerlik met ander mense deel sonder om feite te verskans agter mooi woorde.

 

Tog mag daar by sekere lede bymotiewe wees, soos om:

 

  • Te poog om soveel moontlik erkenning te kry sonder om erkenning te gee. Hoe groter die verskil tussen ontvang en uitdeel is, hoe lekkerder lek Bontrok haar kalf.
  • Te stir en onnodige moeilikheid te veroorsaak
  • Mense te kwes oor dinge wat hulle gekwes het

 

Die ou spreekwoord “Try to catch somebody doing something right“ val hard op die oor van die oorgeslaandes. Gelukkig pas 90%+ van my vriende hierdie stukkie lewenswysheid daagliks toe. As mens die enkele krom mik raaksien, mis jy dalk net die stunning beauty van die woud.

 

 

Lekker dag.

Ouboet die kaper

Julie 19, 2010 in Sonder kategorie

 

Ek kry vanoggend die volgende boodskap:


Ouboet, hier is vir jou ‘n stukkie goeie raad, hoe meer jy gatkruip en hoe langer jy met jou antwoorde ander ouens se blogs kaap hoe meer vriende gaan jy verloor, gaan soek jouself en dan wees jy net dit, en dis met opregte bedoelings wat ek dit sê


Baie dankie aan die dame wat dit vir my gestuur het. Ek toon gegrip vir alles, maar hoe ek ander ouens se blog kaap is vir my Grieks.  Het ek oornag deugde bygekry waarvan ek nie bewus was nie?

 

In elk geval, ’n heerlike dag vir julle almal.  

Therina, may many shades of grace embrace your heart today

Julie 18, 2010 in Sonder kategorie

 

Happy birthday our darling

…….and many many more

 

We salute you here amid the

distance on the map that keeps

us far away from meet and hug

Though, team spirit here in cyberspace

extends beyond the meadow yields

of many fading yesteryears, as

respect and accolades of friends

well earned in posts that floweth

from your sharpest noble pen propel

you right into our touching hearts

A virtual family that cares bestows

upon you here some heartfelt words,

flowing from our hearts and soles that

escape the boundaries of faceless

cyberspace and touch the precious you

right here as softly as a groom in love

 

Happy birthday our darling

…….and many more

………………………………

happy birthday dear friend

 

Veels geluk therina. Jy’s magic.

Julie 17, 2010 in Sonder kategorie

As selfaangestelde sameroeper van die feeskomitee met ’n sielvolle missie, wens ouboet jou namens al die waardige inwoners van Bloggersrand van harte geluk met die herdenking van jou geboortedag môre. Jy en Madiba het iets in gemeen. Julle is albei magic. Mag jou dag in bloeisels bot met kleure wat jy dalk skrams vermoed het, maar nog nooit gesien het nie.

 

Ek bring hierdie die ode reeds vandag aan jou omdat ek bang is iemand spring my voor. Jy is vir ons almal ‘n baie spesiale stylvolle vriendin met soveel kleurryke kraakvars sparks wat soms te min uit jou pen.vloei.  Dus vloei uit my pen ‘n fontein van vreugde vir jou vol, wat gelukwensgroete namens al jou maatjies wat verlang, sag en ruimskoots teen die wande soen.

 

Ons vertrou dat baardman, wat duidelik ver onder sy jare getrou het, jou met ‘n koppie koffie en ’n moerse geskenk in die bed gaan omhels en jou heeldag op die hande gaan dra. As hy nie romanties genoeg is nie, gee hom ’n tip:

 

Onderhawige bloeisel is op die knieë aan mammie opgedra met haar halfeeuviering:

 

Vyftig

 

Die mosaïek van saamwees

simfonie ‘n bruidskleed

net vir jou

Die stories op my hande

stol in vyftig soene:

een vir elk van jou seisoene

Memory lane

se hek het wit omboorsels,

veel witter as die peerboomblom

Die wysies van ons jeug

is Vlaamse kant

Hul repies skik en

jaag nog vyftig soene

voor die one-way skemer

oor ons vaardig raak