Vir Kobus en Flenters. Vriende, moenie blogvriendskappe onderskat nie

Julie 31, 2010 in Sonder kategorie

 

Toe ek gister Flenters se puik stuk oor ’n ontmoeting tussen twee spesiale blogvriende lees, was ek moerig vir die staatsburokrasie omdat ek nie ‘n vergadering met hulle kon skuif nie. Toe loop ek  ’n geleentheid om saam met hom en vriend Kobus te kuier mis.

 

Flenters is reg. Daar is soms silwer randjies om saai kantoordae, en ons moenie die silwer skakerings op die blog onderskat nie. Veral die gesoute garde lees mekaar sonder vennyn raak en ek glo persoonlike ontmoetings kan verdere waarde toevoeg.  Selfs sout wat plek plek laf geword het (in ouboet se geval) sal nie afbreuk doen aan die kwaliteit van kuier nie. As daai ongesoute renskol die neusvleuls irriteer, dan ruik ons hom af.

 

My kontak met hierdie twee immergroen woordskeppers en manne van statuur was tot dusver tegnies tot skryf en lees beperk. Intussen het ek en Kobus darem tweekeer Blackberry tot Blackberry-kontak gehad. Ek kon toe ’n stem en geleefde werklikhede van dekades se wysheidvind by mekaar uitbring.

 

Vriend Kobus, jy is die blog se vaskopstut sonder mededingers. Flenters as nommer 10 het jou metaforiese spelskep nie gelyke nie. Ouboet spring op no 5 en klap die swaaiende hande weg

 

Bloggers wat gereeld in die kuber kuier en mekaar later persoonlik ontmoet, sal kuier asof hulle reeds jarelange huisvriende is. Ons durf nie die waarde van blogvriendskappe onderskat nie.

 

Om hierdie waarheid te illustreer deel ek ’n baie hartseer ware verhaaltjie met julle in my volgende pos.

 

19 antwoorde op Vir Kobus en Flenters. Vriende, moenie blogvriendskappe onderskat nie

  1. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Thanks Sonel. Selle daar.

  2. Wolletjies het gesê op Julie 31, 2010

    More Ouboet – lanklaas bietjie hier op die stoep kom kuier – sien alles is nog punt in die wind op die stoepie – lekker naweek 🙂

  3. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Thanks.Jy moet meer kom kuier. Lekker naweek daar ook.

  4. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Ek moet inhaal. Nog net met Kobus telefonies kontak gehad. Lekker naweek.

  5. kerneelsie het gesê op Julie 31, 2010

    Gister het ek weer deur my sellefoontjie se kontakte gewerk. 90% van die kontakte is blog mense!

  6. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Dit wys jou Neels. Ons is ‘n stem. Saam is ons ‘n span. Thanks vir die inloer en lekker naweek.

  7. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Alles deel van die spel. Lekker naweek, en watch die pos wat na die een gaan volg. Hy ruk nogal diep.

  8. loudavisi het gesê op Julie 31, 2010

    Laat my nou dink. Ek het al sowat 18 bloggers ontmoet en was nooit terleurgesteld nie.

  9. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Mooi. Dit is nou ook my pad vorentoe.

  10. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Sorry ek moes die nuus breek, maar Flenters het ‘n puik effek geskep met sy stilswye

  11. Sjoe, dit klink lekker. Sal graag my medebloggers wil ontmoet.

  12. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Mooi. Tomma is seker ook op jou lys

  13. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Ons moet dit doen

  14. louisna het gesê op Julie 31, 2010

    Pragtig. Seker Gidi? Ek en daai man lees mekaar ook lekker raak.

  15. As my planne regloop, gaan 2011 my kuierjaar wees. Wees gewaarsku 😉

  16. Buiten vir die een persoon wat my van blog vertel het, ken ek niemand van aangesig tot aangesig, maar hoop dit gaan verander

  17. louisna het gesê op Augustus 1, 2010

    Pragtig. As ek weer in die Kaap is, gaan eet ons (Ek, jy, Kobus, MaanKind en andere) ontbyt iewers.

  18. louisna het gesê op Augustus 1, 2010

    Dit gaan verander.

  19. louisna het gesê op Augustus 1, 2010

    Waarskuwing ter harte geneem

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.