Murasies en spoke

Julie 30, 2010 in Sonder kategorie

Goed, ek copy ’n idee buite konteks. Nietemin.

 

Pa het die storie vertel van die eentonige drup-geluid wat hulle soms in die aand in hul slaapkamer gehoor het. Toe hulle met die kers ondersoek instel, sien hulle helderrooi bloeddruppels wat uit die dak op die vloer val,  sonder dat daar iets was wat gebloei het. Mens kon ook nie mooi sien presies waar die druppels vandaan kom nie. Sodra die druppels een vir een val, verdwyn hulle weer. Niemand kon ooit die raaisel oplos nie.

 

Ek onthou as klein seuntjie dat ons almal maar bang was om op Driehoek te slaap. Donker was daar, snags in die kliphuis,  donkerder as die donkerste donker wat ek ooit in my lewe gesien het. Ek onthou daar was ‘n beeld van ‘n vrou sonder arms in die huis, beslis nie ‘n replika van die bekende Venus-beeld nie, wat baie onheilspellend gelyk het en ons was altyd baie bang vir dié beeld. Die vrou sonder arms het ‘n wrede uitdrukking in haar oë gehad en selfs in die dag so onheilspellend soos ‘n spook of ‘n bo-aardse wese gelyk. Dit was in elk geval maar altyd bedags ook half donker in die huis aangesien die vensters van die ou kliphuis baie klein was.

 

As ek aan Driehoek terugdink dink ek altyd vaagweg aan die beeld van die vrou sonder arms en die gerugte van spoke. Ek onthou ma het een aand met ‘n kers geloop en waarskynlik ‘n weerkaatsing in ‘n ruit of iets dergliks, of dalk ‘n spook gesien en aan vreesaanjaend die gil gegaan. Haar bloedstollende gille bly my tot vandag toe nog helder by. Gelukkig was my blaas op daardie stadium nie vol nie.

 

 

Voor die murasie ‘n murasie was.

 


 



7 antwoorde op Murasies en spoke

  1. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Thanks Sonel. Heerlike naweek vir julle.

  2. As daardie mense vandag net soos hulle op foto is, op straat moet verskyn, sal hulle bejammerenswaardig voorkom.
    Maar hulle is die staal waarmee voortgebou is

  3. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Ja, hulle kom uit ‘n ander era, en is natuurlik bloedfamilie

  4. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Ekself is bangerig vir spoke, my rysigheid ten spyt

  5. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Haai pel, ek wag vir daai erotiese meesterstuk.

  6. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    OK, maar laat die natuur jou aan die natuurkragte dink

  7. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Dit klink scary. Ek soek asb graag jou opinie oor my nuutste pos. Wat dink jy?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.