Kan mens met Blackberry blog?

Julie 29, 2010 in Sonder kategorie

Ek sukkel my gat af met die tegnologie. Die blogs wil nie opkom nie. Al wat ek kan lees is die blogs wat gons. Zeppie en ander elektronies-bedeelde siele, kan julle my help asb.

Ek het die GPS al soort van onder die knie, maat Litnet bly problematies. Detail word op die screentjie uitgelaat, en selfs Autopage en Vodacom kon my nie help nie.

Lekker dag.

17 antwoorde op Kan mens met Blackberry blog?

  1. zephur het gesê op Julie 29, 2010

    Probeer Opera as browser op die BB. Hy werk goed maar ‘n mens kan nie inlog om kommentaar te los nie. Kan darem lees.

    Soek Opera for Blackberry in jou browser en laai hom af.

    As ‘n mens direk met Blackberry browser na die blogs gaan wys nie alles nie, en dit wys ook nie blogs wat ge-update is nie

  2. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Thanks Zeppie. Ek gaan probeer.

  3. VozSola het gesê op Julie 29, 2010

    Zepman,
    Opera het mooi gewerk vir blog en comment tot die Blog daai groot move gaan maak het…

  4. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Ai, ek sukkel.

  5. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Beslis nie vir elektroniese leke soos ek nie. Ek is driekeer so oud soos my jongste en ek het nie 1% van sy tegnologiese insig nie.

  6. VozSola het gesê op Julie 29, 2010

    Ouboet, my eerlike PERSOONLIKE opinie—
    BB grein teen my tegnologiese geloof…ek hou maar verby en drink eerder die Berry juice.

  7. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Ongelukkig is dit ‘n era wat my grootliks verbygegaan het.

  8. zeppie se raad is goed ouboet. Mens kan letterdash lees van n gewone selfoon en BB af. maar mens kan nie inlog en komentaar lewer of blog nie. ek het Penny self destyds gevra toe ek begin het hier.

  9. My mense het gedink hulle treat my met ‘n swart bessie. Ek gebruik haar vir bel en SMS en dis dit!!! Nou wil hulle hom terug vat omdat Ma nie tegnologie ten volle benut nie. Willie sukkelie

  10. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Tot sover ek ook nog, maar ek wil hom try met ander applikasies ook.

  11. louisna het gesê op Julie 29, 2010

    Thanks. ek is besig om sy raad te volg.

  12. VozSola het gesê op Julie 29, 2010

    oeeheee, lekker giggel ekke nou…maar selfs die rolstoele is deesdae automatic!

  13. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Yes thanks. Nou kan ek al die goed lees. Mooi dag.

  14. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Thanks. Ek maak so.

  15. louisna het gesê op Julie 30, 2010

    Thanks Zep. Nou werk hy.

  16. zephur het gesê op Augustus 30, 2012

    Gebruik jy nog jou BB en Opera om te lees op die blogs

    Met die nuwe weergawe van Opera kan ek ook nou inlog en comment

  17. louisna het gesê op Augustus 30, 2012

    Nee, ek werk van die notebook af

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.