Vir MaanKind. Ouboet lê laag, maar hou nie op wonder nie

Julie 27, 2010 in Sonder kategorie

 

Ouboet is tans by ’n paar aandagvergende intriges rakende broodverdien en jongste se beplande universiteitsloopbaan by Stellenbosch betrokke. Dus lê hy laag op die stoep maar werk teen bekwame spoed elders.

 

Oor laasgenoemde moet ek seker vrede maak met die moontlikheid dat jongste dalk binnekort ’n Stormers-ondersteuner gaan wees. Goed, die ABO was seker erger. En after all, my grootste vriend ondersteun die Stormers en ons kom baie goed klaar, selfs al wen die Stormers op Loftus, of al verloor die Bulle op Nuweland. Selfs vriend Kobus asook verskeie ander vriende in die Wes-Kaap se oordeel kan seker ook nie heeltemal in twyfel getrek word nie. Maar of ek ooit die Blou Bul tussen die agterbene gaan skop is in die woorde van oorle oom John Vorster “an alternative too ghastly to contemplate.”

 

After all bly US die beste ingenieursfabriek wat bestaan. Selfs as Tukkie-kloon onder die gul Jakarandas‚ ’n klipgooi van Loftus af, was hierdie realiteit 35 jaar gelede reeds gedokumenteerde geskiedenis. Ek het dus vrede met jongste se keuse gemaak, welwetende dat ek nooit die swaaiende blou sak se kroonjuwele agter ’n blou 4×4 se wiele sal miskyk nie. Elke besluit het sy bagasie, soos ’n skoonma of skramsgeleefde kuisheid. Punt.

 

Maar waaroor wonder jy dan ouboet? My vorige pos oor kort vuilerige grappies is slegs deur een leseres negatief beoordeel en selfs as aggressief beskou. Ou vriende het my egter tegnies uitgenooi om weer die ou ouboet te laat herleef, wat moeilik is aangesien ek poog om ’n paradigmaskuif tot meer konserwatiewe sinlikheid te maak, maar tog metafories opgewasse voel om soos van ouds steeds ’n gekneusde buikwind in technicolour te verf.

 

Wat dink julle? Moet ek poog om wel blaasbeheer op die stoep te probeer waarborg? Moet ek gaande probeer raak oor rolbal of kontreimusiek? Of moet ek tydgenoot MaanKind se briljante opmerking oor briekebloei wat met pomp gepaardgaan probeer dissekteer? With the gift of hindsight is MaanKind se kommentaar oor briekebloei ongetwyfeld die skerpste op die stoep tot op datum.

 

Let wel dat ons (ek en Kleinmond se meisie) mekaar niks skuld nie, welwetende dat ons strewes mekaar drie dekades plus gelede dalk rakelings voor die Magliesberg gemis het. (Ware verhaal). Hy of sy wat memory lane se hek gesluit hou, mis ’n buitengewoon besonder erg lekker reis deur die ongekarteerde landskap van die toekoms.

12 antwoorde op Vir MaanKind. Ouboet lê laag, maar hou nie op wonder nie

  1. Ouboet, my koffie voel koud!
    Hoe weet jy as iemand op Stellenbosch geswot het?
    Hy vertel vir jou.

  2. louisna het gesê op Julie 27, 2010

    Ai, en ons ou Tukkies is tog so nederig.

  3. net nou die annerdag is ek deur ‘n huidige Tukkie student (Besig met MIng elek) ingelig dat my jongste wat by Skelmbos sy kwalifikasie verwerf het, eintlik nie so veel weet nie!
    Is dit nederig?

  4. Patat,
    dis amper soos ‘n rassitiese grap, bang jy trap op iemand se toontjies.

  5. louisna het gesê op Julie 27, 2010

    Nee, seker nie. Al my vriende was nederig.

  6. louisna het gesê op Julie 27, 2010

    Thanks Maankind. Jy bly ‘n bron van inspirasie.

  7. VozSola het gesê op Julie 27, 2010

    ekke sal nou nie weet van univ,rugby of die berg storie nie…ek kom kuier hier vir koffie en metaforiese stoep-polish…want my eie het lankal glans verloor.

  8. Janklaas het gesê op Julie 28, 2010

    Wees net jyself, Ouboet.

  9. louisna het gesê op Julie 28, 2010

    Thanks Jan. Ek maak so.

  10. louisna het gesê op Julie 28, 2010

    Nooit. Jou polish skitter

  11. louisna het gesê op Julie 28, 2010

    Thanks therina. Ek maak so

  12. louisna het gesê op Julie 28, 2010

    Inderdaad is sy baie wys.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.