Jy blaai in die argief vir 2010 Junie.

Lekker naweek. Ouboet stoot beat voor die stoof.

Junie 26, 2010 in Sonder kategorie

Julle moet die naweek geniet.

 

Ouboet is vandag op beat met kosmaak en gaan ‘n lekker beesstertpotjie saamflans. Snaaks my kosloopbaan tot onlangs het hoofsaaklik net uit eet en vliesbraai bestaan.  Toe sien ek Lochner de Kok een aand kosmaak. Daai man ken van kosmaak. Toe besluit ek kosmaak is nie vir sissies en fyn mannetjies nie, en toe waag ek my hand aan potjies. Bliksem, dis lekker.  Die twee moeders was vadersdag gaande oor my skaappotjie

 

Toe begin ek Roer gereeld kyk en toe kry ek tips en verbeter.  Uiteraard volg ek geen resep nie, en gooi in volgens oordeel. Wat is myns insiens een van die grootste oordeelsfoute met vlieisdisse? Te min soetgoed in die gereg. Weet julle hoe lekker is ‘n skaapppotjie met geblikte heel soetvye of appelkooskonfyt? Weet julle hoe lekker maak ‘n beker OBS in die potjie so 10 minute voor jy hom afhaal?

 

Roer se aanbieder is natuurlik myns insiens een van die heel mooiste girls op TV en ook een van die beste aanbieders.  Sy sal ‘n slegte bord kos soos koningskos laat smaak met haar mooi laggie.

Twee vlooie. Sensitief vir die dames

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Twee vlooie van Gauteng loop mekaar in Durban raak.  Hoe het jy hier gekom, vra vlooi 1. Maklik, soek net ‘n mooi lugwaardin, kruip teen haar been op en gaan lê knus in die mik, sê vlooi 2.  

 

Maar hoe gaan jy terug? Soos laaskeer, sê vlooi 2.  Ek gaan soek haar later weer op die lughawe. Vanaand kom ’n ou met ’n groot bike vir haar kuier, en môre vat ek die pad terug op sy snor.

Nog ’n grepie uit die woestyn (UAE)

Junie 25, 2010 in Sonder kategorie

Kom ons kyk gou na die plaaslike talent. Eerste aan die beurt is die enetjie met die ring in die neus.  Sy het ‘n klein, ferm, mooi lyfie.  Captain dink sy is te oulik.  Een aand het ons gaan rolbal speel, en toe wen Captain die prys. Dis ‘n snaakse game ma.  Hulle rol sulke swaar balle met groot gate en kyk hoeveel swaar plastic bottels hulle kan omstamp. Die groot gate laat my dink aan mense met groot neusgate.

 

Toe moes ring-in-die-neus die prys aan Captain oorhandig. Eintlik was altwee so half skaam. (Dink net maar wys niks vir die skare nie.)  Dan is daar Zonk se sekretaresse. Sy is mooi en cute. Dan is daar die Fillestyn.  Sy het sulke kartelrige mooi rooi hare.  As ek haar lyf moet beskryf ma, dan voel dit asof ek oor heilige goed praat.  Vergun my as ek Tewie se onbeskryflike mooi idioom gebruik: “Bliksem my groot vriend, hier het ons nou suiwer talent.”

 

Die een groot brutale teenstrydigheid in die wêreld wat ek nooit sal verstaan nie, is dat dieselfde Groot Gees die groot vlees en ‘n swakkeling soos ek uit dieselfde ribbebeen gemaak het. En die ergste van alles is dat ‘n normale heteroseksuele man soos ek se verkenning tot die oog en tot die allersoetste drome beperk is. Self Siener, wie se belangstelling tot die kaukasiese ras beperk is, erken Fillistyn het groot meriete. Miskien nie so groot soos die meisie in die lift s’n nie, maar met dieselfde lokkende en subtiele skud as sy stap.

Raak konserwatiewe meisies makliker buite-egtelik swanger?

Junie 24, 2010 in Sonder kategorie

 

Verskeie opinies op die blog het my genoop om ook ’n opinie te lug. Hoekom word meisies steeds verkwalik as hulle buite-egtelik swanger raak? Hoekom word hulle strenger beoordeel as die mans wat betrokke is.

 

Dit het my laat wonder. As meisies op ‘n skaal wat wissel tussen konsrwatief-kuis en los van sedes beoordeel moet word, waar sal die meeste betrokkenes op die skaal lê?  Logika sê vir my dat die sogenaamde “los“ meisies gou voorsorg begin tref en al springende vele onbeplande swangerskappe vryspring.

 

Maar die konserwatiewes?

 

Ek onthou bepaalde insidente uit my spypingsjare so goed.  Goed opgevoede meisies van die platteland kom grootstad toe. Hulle raak verlief en swanger. En dan word hulle die slaansak van die giftige tonge van die oorgeslaandes. Ai, hoe skreiend onregverdig!

 

Onthou, it takes two to tango, en dit is gewoonlik die jagter wat die dans begin. Julle oorgeslaandes wat in die leunstoel sit en veroordeel, vertroetel vergange dae se misvatte in julle vuil gedagtes.

Nog oor gedigte

Junie 24, 2010 in Sonder kategorie

 

As ek geweet het kommentaar oor gedigte trek so baie uiters sinvolle traffic sou ek lankal meer hieroor geblog het. Seker die heel bekenste gedig in Afrikaans is reeds meer as ’n eeu oud.  Wat vir my vreemd is, is dat myns insiens die heel grootste kenner van die Afrikaans letterkunde van opinie is dat Eugene Marais ander heelwat beter gedigte as Winternag geskryf het.

 

Word die gedig dalk te hoog aangeslaan omdat dit die eerste pragtige gedig in suiwer Afrikaans is? Wat dink julle?

 

Ek dink dit was die eerste werklike “statement” in Afrikaans en seker die gedig wie se plek in Groot Verseblik die heel veiligste is. 

 

 

Winternag

 

O koud is die windjie en skraal.
En blink in die dof-lig en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.

En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van ‘n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink ‘n druppel van dou,
en vinnig verbleik dit
tot ryp in die kou!

Hoekom is die meeste van ons gunsteling gedigte ouer as 50 jaar?

Junie 24, 2010 in Sonder kategorie

 

Dit is verstommend hoevel bloggers gedigte lees en watter diep insig hulle toon.  Hier volg ietsie uit ’n navorsingsprojek deur my seun. Kundiges en gewone poësieliefhebbers is gevra om hulle 10 beste gedigte te kies. Die volgende rangorde is bepaal:

 

Rangorde

Gedig

Digter

1

“Winternag

Eugene Marais

2

“Gebed om die gebeente”

Oom Gert vertel

Wys my die plek

D.J. Opperman

C. Louis Leipoldt

C. Louis Leipoldt

3

Ma

“Sproeireën”’

“Die beiteltjie

“Lied van die kinders

“Die kind

Grense

“Die hond van God

Raka”

Antjie Krog

D.J. Opperman

N.P. van Wyk Louw

Lina Spies

Ingrid Jonker

N.P. van Wyk  Louw

N.P. van Wyk  Louw

N.P. van Wyk  Louw

 

Die digters wie se gedigte die meeste op keuselyste voorkom is soos volg:

 

Rangorde

Digter

1

D.J Opperman

2

N.P van Wyk Louw

3

Eugene Marais

4

C. Louis Leipoldt

*Breyten Breytenbach

*Antjie Krog

5

Totius

Sheila Cussons

Jan F. E. Celliers

6

Ingrid Jonker

*Lina Spies

Uys Krige

C.M. van den Heever

Elizabeth Eybers

Ina Rosseau

 

Van die vyftien digters hierbo genoem, leef slegs die drie wie se name met ’n * gemerk is vandag nog, of te wel 20% van die gunsteling digters. Gee dit ’n verdere aanduiding dat die kundige deelnemers hoofsaaklik van veel ouer gedigte hou? Breyten Breytenbach en Lina Spies word/is vanjaar 70 en Antjie Krog is in haar middel tot laat vyftigs. Is die briljante digters aan die uitsterf, of lees ons bloot te min nuwe verse?

 

Slegs een jong digter, Loftus Marais, in sy middel twintigs, figureer. Is hierdie nie een massiewe geleentheid vir baie meer jong digters om hul talente verder te ontwikkel nie?. ’n Verdere interessante afleiding is dat 5 van die digters, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Sheila Cussons, Antjie Krog en Lina Spies op die een of ander wyse deur Opperman van raad bedien is of opleiding in die digkuns by hom ontvang het.

‘n Briljante tegnies-versorgde gedig

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

 

Dit is bekend dat my kennis van die letterkunde tot Afrikaans 2 beperk is.  Nietemin beskou ek die volgende D.J. Opperman-skepping as een van die heel beste tegnies-versorgde gedigte in Afrikaans:

 

De vroegere boere-paradijs

Is nou een molshoop, groot en grijs

Totius: Trekkersweë

 

Ballade van die grysland

 

I

Uit tonnels van die nag tuur

ek oor rook en mis as ysterspore

my in kringe van die stad instuur.

 

Teen dakke en skoorstene blink

Die son, soos in ‘n leeggeloopte dam

op bottelskerwe en geroeste sink.

 

Eers in slote langs die straat,

met blou koffiekan en pik

het ek verbygangers beny, gehaat.

 

Toe het ons tot ‘n staaldriehoek

die leë olievate opgestapel –

bye aan ‘n nat bruin heuningkoek.

 

En haar hande, soos oor ‘n klavier,

gryp en vou en gryp en vou

stukke sjokola in blinkpapier.

 

Draaisae gil en in my ore

klink die geklets van beitels,

die geneul van swart motore.

 

Uiteindelik valse syfers neergekrap,

kon ek uit vet van viskafees

na ‘n paradys ontsnap.

 

II

Na tuine  van die nag, waar neonligte blom,

het ek met haar gevlug; maar by my was

die vrees – die rekenmeester kom.

 

Bo na sterre, soos die grootwiel,

van sterre na die aarde,

duisel elke vrou my siel.

 

Bioskoop en dans, draak en die fisant

dra ons op die mallemeul

nagliks na ‘n Feëland.

 

‘n Pennieslotmasjien se kake

spoeg ‘n kaartjie na my uit:

“Wees veral versigtig met geldsake.”

 

O die vrees! as die rekenmeester kom

hoe sal ek kan verantwoord

en verslag gee van sy eiendom?

 

Die dag breek grou: ‘op tafelblad’

links in my smalle kamer

‘staan leë bottels in hul nat’.

 

O week na week gebonde

‘n haas aan die ovale kring

en agter my ses honde.

III

 

Die hospitaal is wit- gevlak en koel

as die glaspypie water uit my tap…

tot ek die vrees weer voel.

 

Smiddags groei ‘n oog uit elke kwas

en in die nanag gryp ‘n vlermuis

my dae soos ‘n tros lukwarte vas.

 

‘n Knop het in my keel gekom

die oggend toe die peerboom

in die steenkoolerf wit blom

 

O as die rekenmeester kom!

wat sal ek van sy wêreld

nog kan wys aan hom?

 

Deur tralies wat die tuin omsluit

kyk ek en my verwarde broers

verlangend na die stad nog uit:

 

hoe deur die reën en laaste lig,

krukkig soos nat voëls

loop elke jas met sy gesig.

 

Blinkpapier, mallemeul en wiel,

’n laphaas en ses honde

óm en óm … die dun spil van die siel.

 

Absolute briljante tegniese meesterskap

Die mooiste liefdesgedig in Afrikaans

Junie 23, 2010 in Sonder kategorie

Wat is vir jou die mooiste liefdesgedig in Afrikaans? Myne is Breyten se:

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif

 

Allerliefste, ek stuur vir jou ‘n rooiborsduif
want niemand sal ‘n boodskap wat rooi is skiet nie.
Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.
Kyk, my duif kom op en my duif gaan onder
en waar hy vlieg daar skitter oseane
en bome word groen
en hy kleur my boodskap so bruin op jou vel

Want my liefde reis met jou mee,
my liefde moet soos ‘n engel by jou bly,
soos vlerke, wit soos ‘n engel.
Jy moet van my liefde bly weet
soos van die vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie

Perfectionism. Gift or curse 2

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

This is an expansion of an earlier contribution

 

Perfectionism has brought us another and closely associated syndrome; the 1200 dpi mentality. If a photo is printed on an A5 sheet, 1200 dots per square inch reflect more than sufficient detail to see reality as it was at the time the photo was taken. If the photo is enlarged to serve as advertisement for people to see from one kilometre away, one dot per square metre on a poster the size of rugby field may be sufficient, yet perfectionists insist on the costly and time consuming 1200 dpi version. One of the key principles in the new world, called the JED principle, or just enough detail. A little over 2 decades ago when I submitted a proposal for a thesis about the 10th time, the promoter was at last satisfied: “Fantastic. I like this one. I think it is now vague enough.” Detail has its place in the strive to unleash the powers of the new world, but the quest for detail should be reassessed and confined to the applications where they make sense and add value.

 

When I asked my children they liked most during our recent visit to Disneyworld, my 11 year old son replied: “Everything was just cool. Hell Dad, the whole place talked to me!” Detail doesn’t matter; it is the entire feel or experience that counts.  Sell the total idea, and not individual features. Even the gadget freaks like turnkey solutions.  Imaging a person retarded by the 1200 dpi mentality wants to explore the international and web-driven market. By the time the detail occurs to him, the competitor has filled the small gaps left by perfect reasoning.  Inclusion of detail should always be tested against the following criteria:

 

  • Is it required? Nice to haves don’t form part of new generation reasoning.
  • Does it add value? Non-value adding activities do not form part of new business thinking.  “Does it directly contribute to the bottom line?” is increasingly asked by CEO’s and FD’s, for the right reasons. Lavishness often found in large bureaucracies is increasingly challenged by market forces. Large scale privatisation throughout the world resulted in efficiencies never thought of before.
  • Does it distract value? Sometimes the time lapse the goes hand-in-hand with the perfecting process actually distracts value; value lost through production losses in the wider sense of the word
  • Can we afford it? Project budgets of late are often based on smaller profit margins to gain competitive edge. Some tenderers accept a break-even position during a fixed tender person and capitalises on gains in selling-off assets at the end of the period.
  • Does it complement the total offering? Just enough detail to compliment the total offering is a challenge in itself, but characteristic of the modern business trend.
  • Can the lack of detail trigger a major unforeseen event

 

When detail is absolutely necessary? Some of the worse catastrophes in the world happened as the result of oversight of detail. Apollo 16 exploded due to faulty exhaust blocks, an oversight of detail that caused the death of 6 people and the loss of a spaceship worth billions. But JF Kennedy’s vision 25 years earlier to land a man on the moon and to safely return to earth was an idea and a concept that worked, without worries about exhaust blocks at the time. Somewhere lower down the line the detail should be sorted out. Yes, detail is critically important, but don’t ruin a lofty idea with too much detail too soon. You don’t have to be a perfectionist to enjoy a smooth Cabernet from a stylish and perfect Venetian glass.

 

The project to link England and France with underground railway tunnels is one of the finest examples of detailed and essential project planning, yet a few surprises awaited the multi-professional teams. Unforeseen events resulted in an overspending of close to 100%. Detail is not ruled out, but not all major breakthroughs have a 7-year time horison and a £9 billion credit facility. Perfectionists should not all in all be abandoned from creating big pictures. The best collaborative approach is to mix extreme left and right brain thinkers with people who are so called whole brain thinkers. During the conceptualisation phase, a balanced mixture of talents can be very creative. 

 

Keep the perfectionists where they can add value and detail when required. Working with objects is a worthy field of application. The mentioned examples illustrate the critical importance of detail relevant to objects.  Working at the mechanical level requires lots of perfectionism. Participation with others on task teams can add value in creating larger wholes of value. They also thrive in analysing problem areas within a faulty system. But a perfectionist in charge of the creative advertising team? Maybe in the next round.

 

Working with people is a given in almost any field of endeavour. Even Howard Hughes, who sealed himself off from the outside world in later life, could not escape the reality of people in his small world. In his loneliness he still thought of people. They still captured his mind. If a matriculant declares his or her interest to work with people, the poor fellow has hardly eliminated any meaningful alternatives in the large and growing universe of possible jobs. During constant interaction with people in jobs such as training officers, PRO’s, business executives, etc perfectionism in its purest form will be of little help. People are the probably the less perfect creations in the universe. Working in the business environment as a terminally ill perfectionist must be close to hell on earth.

 

A few eminent people have changed the course of history. The rest follow and try to make sense of the world as it unfolds. Looking at an imperfect world through your perfect spectacles and governed by your tag as perfectionist may result is a less perfect landscape. Monet’s beautiful landscapes will transform into the depressive scribblings of a frustrated business executive in his overfull diary. The mere undertone of perfectionism curtails speed. If you’re in a hurry, you can’t do everything perfect. Perfectionism as a state of mind bluntly ignores the Pareto principle. Why? Simply because most perfectionists hold up the entire process; they are generally slow workers; they are mostly unhappy people; their intentions and outputs are miles apart; they are effective in small areas, but vaporises in the thin air of the larger picture and they don’t realise their mental handicap. The big boss that underlines the few irrelevant typing errors in a creative business proposal with his thick red pen may miss the entire big picture and while the report is being revised, the lean and hungry competitor secures the deal. Just remember that detail is not ruled out, but when detail deliberately restrains the unfolding of larger wholes, the situation should be reassessed.

 

The insane perfect question needs an insane perfect answer. If all the rough edges are completely rounded off today, what will we be doing tomorrow?

Slim kinders

Junie 21, 2010 in Sonder kategorie

The other day the 12 year-old (now 18) shared with us a glimpse of his understanding of the unfolding landscape. He recorded offending burps and farts on his cell phone, converted them into ringing tones in ascending sequence & rhythm and carefully transferred his new discovery to his mother’s phone. He called her while having coffee with a few high class girls of her age in an upmarket coffee shop. Needless to say the volume of the new device was set at full blast. Mommy was not amused but her classy friends opposed the bumpy tide.

 

At the brink of his first cycle of the learning curve a young and socially skilled nerd illustrated a few forces that shape the future: sheer and unlimited imagination, a feel for technology, the significance of wholes & holes and timing; hitting at the most opportune time. He added a touch of conventional wisdom: the significance of laughter in the sombre moments when the going gets tough. A winner in the make has left another footprint on the uncharted landscape of his future.